10 So David would not remove the ark of Jehovah unto him into the city of David; but David carried it aside into the house of Obed-edom the Gittite. 11 And the ark of Jehovah remained in the house of Obed-edom the Gittite three months: and Jehovah blessed Obed-edom, and all his house.

12 And it was told king David, saying, Jehovah hath blessed the house of Obed-edom, and all that pertaineth unto him, because of the ark of God. And David went and brought up the ark of God from the house of Obed-edom into the city of David with joy.

10 Daarom wou Dawid nie die ark van die HERE by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai.

11 En die ark van die HERE het drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en die HERE het Obed-Edom en sy hele huis geseën.

12 En toe aan koning Dawid meegedeel is: Die HERE het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseënter wille van die ark van God, het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.