Publicidade

Agradecimento a Deus

Por Bíblia Online –

Agradecer a Deus é louvor, adoração e reconhecimento da sua soberania. Dai graças ao Senhor porque Ele é bom — a sua misericórdia dura para sempre!

2 Laat ons sy aangesig tegemoetgaan met lof, met lofsange Hom toejuig!

4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.

1 Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

28 U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.

7 Sing 'n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;

30 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!

7 Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.

6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.

17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

2 Ons dank God altyd oor julle almal as ons aan julle dink in ons gebede3 en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,

4 Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,

57 Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

14 Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei.

10 En mag Hy wat saad verskaf aan die saaier, ook brood verskaf om te eet en julle saad vermeerder en die vrug van julle geregtigheid laat toeneem,11 sodat julle in alles ryk kan word tot alle milddadigheid, wat danksegging aan God deur ons bewerk.

19 Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,20 terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,21 en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.

41 Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.42 En almal het geëet en versadig geword;43 en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.

Publicidade