Agradecimento pela família
Agradecer pela família é reconhecer a bênção mais preciosa que Deus nos concede. Os filhos são herança do Senhor — cada membro da família é presente divino a ser celebrado.
3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
1 'n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!
4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
27 Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.
3 Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink --
9 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,
17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
16 En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade.
14 Toe sê die vroue vir Naomi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!15 Hy sal vir jou een wees wat jou siel verkwik en jou grysheid versorg; want jou skoondogter wat jou liefhet, het hom gebaar, sy wat vir jou meer werd is as sewe seuns.
19 Die lewende, die lewende, die sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.