Amigo
O amigo verdadeiro é dádiva rara de Deus. Ele ama em todo tempo, fala a verdade em amor, aconselha com sabedoria e permanece fiel nas adversidades da vida.
Amizade verdadeira
Há amigo mais chegado que um irmão. Em todo tempo ama o amigo. O perfume e o incenso alegram o coração — assim o conselho doce do amigo.
24 'n Man met baie vriende word geru‹neer, maar daar is 'n vriend wat sterker aanhang as 'n broer.
17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.
9 Olie en reukwerk verbly die hart, net so die aangenaamheid van 'n vriend vanweë welgemeende raad.
17 Yster slyp yster, so slyp die een mens die persoon van die ander.
5 Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.6 Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene deur 'n vyand is oorvloedig.
10 Moenie jou vriend en die vriend van jou vader verlaat nie, en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou teëspoed nie. 'n Buurman wat naby is, is beter as 'n broer wat ver is.
20 Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
24 Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie,25 sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie.
6 Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man?
4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.
Jesus, o amigo
Já não vos chamo servos, mas amigos. O maior amor é dar a vida pelo amigo. Jesus é o amigo que nunca falha.
13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.14 Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.15 Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê.12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
16 Hieraan het ons die liefde leer ken, dat Hy sy lewe vir ons afgelê het; en ons behoort ons lewe vir die broeders af te lê.17 Maar wie die goed van die wêreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem.
10 wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;
Companheiros de fé
Dois são melhores do que um. Os companheiros de fé se fortalecem mutuamente e caminham juntos com o Senhor.
9 Twee is beter as een, want hulle het 'n goeie beloning vir hulle moeitevolle arbeid.10 Want as hulle val, kan die een sy maat optel, maar wee die een wat val sonder dat daar 'n tweede is om hom op te tel.
1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!2 Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van A„ron, wat afloop op die soom van sy klere.3 Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!
63 Ek is 'n metgesel van almal wat U vrees, en van die wat u bevele onderhou.
3 Toe sluit Jonatan met Dawid 'n verbond, omdat hy hom liefgehad het soos sy eie siel.
33 Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes.