Publicidade

Compreensão

Por Bíblia Online –

A verdadeira compreensão vem de Deus. Os caminhos do Senhor são mais altos que os nossos. Mas Ele nos convida a buscar entendimento — e promete iluminar quem o busca de coração.

A sabedoria de Deus

Os meus pensamentos não são os vossos pensamentos. A incompreensibilidade de Deus nos leva à humildade e adoração.

9 Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.

9 Wee hom wat met sy Formeerder twis -- 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

3 Gimel. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.

33 o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!

Buscar entendimento

Clama a mim e responder-te-ei. A sabedoria é a coisa principal — busque o entendimento com todo o coração.

3 Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.

7 Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit.

29 Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.

21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.

2 Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

17 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,

18 Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.

Iluminação divina

A entrada da tua Palavra dá luz e entendimento. Deus revela verdades ocultas e transforma nossa visão da realidade.

130 Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig.

8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.

5 Soos jy nie weet wat die weg van die wind is, of hoe die gebeente in die skoot van 'n swangere is nie, net so weet jy nie die werk van God wat alles doen nie.

3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie.

26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.

35 En toe Hy gaan sit het, roep Hy die twaalf en sê vir hulle: As iemand die eerste wil wees, moet hy die laaste van almal en almal se dienaar wees.

28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus.29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;

18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

13 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.

Publicidade