Publicidade

Criação

Por Bíblia Online –

A criação revela a glória de Deus. Céus, terra, mares e tudo o que existe testemunham o poder criador. No princípio Deus criou — e tudo era muito bom.

No princípio

No princípio criou Deus os céus e a terra. O Espírito de Deus pairava sobre as águas. E Deus disse: haja luz.

1 In die begin het God die hemel en die aarde geskape.2 En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

3 En God het die sewende dag geseënen dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

18 Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.

O poder criador

Pela palavra do Senhor foram feitos os céus. Tudo foi criado por Ele e para Ele — o visível e o invisível.

6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

6 Kom, laat ons aanbid en neerbuk; laat ons kniel voor die HERE wat ons gemaak het.

1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.

24 Dit is die dag wat die HERE gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees.

13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

Criador e Sustentador

O Deus eterno não se cansa nem se fatiga. Dele, por Ele e para Ele são todas as coisas — a Ele seja a glória.

28 Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.

9 Wee hom wat met sy Formeerder twis -- 'n potskerf by erdepotskerwe! Sal dan die klei sê aan die wat dit vorm: Wat maak jy? Of jou werk sê: Hy het geen hande nie!

17 Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.

6 Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam!

36 Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie;

19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Nova criação

Se alguém está em Cristo, nova criatura é. O Criador faz novas todas as coisas — na natureza e na redenção.

17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

18 Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.

4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.

28 want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag.

13 En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!

Publicidade