O Deus do impossível
Deus é o Deus do impossível. Para Ele não há nada difícil demais. O que parece impossível aos olhos humanos é perfeitamente possível para o Criador do universo.
Nada é impossível
Para Deus nada é impossível. Ele faz infinitamente mais do que podemos pedir ou imaginar — esse é o nosso Deus.
26 Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesê: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik.
27 Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik.
27 Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik.
34 Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie?35 En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.36 En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook 'n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is.37 Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.38 En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
13 Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?14 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.
2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
17 Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
Fé no impossível
Se tiverdes fé como um grão de mostarda... Os impossíveis de Deus são convites ao exercício da fé audaciosa.
20 En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos 'n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.
23 En Jesus sê vir hom: Wat dit betref -- as jy kan glo, alle dinge is moontlik vir die een wat glo.
24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.
6 So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in die dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare.
5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.
23 Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring;24 Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.