Dificuldades
As dificuldades são parte da vida, mas Deus é refúgio certo em todo tempo de angústia. A Bíblia promete que nenhuma adversidade pode separar os filhos de Deus do seu amor.
Deus é refúgio
Deus é nosso refúgio e fortaleza, socorro bem presente nas angústias. Nada poderá nos separar do amor de Cristo.
1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.2 God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.3 Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.
8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God.
9 En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.10 So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.
9 o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!
4 Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!
29 Hy het die storm 'n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword.
35 Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Provisão nas dificuldades
O Senhor provê mesmo nos tempos mais difíceis. Ele sustentou Elias, protegeu Israel e cuida dos seus com fidelidade eterna.
16 die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van El¡a gespreek het.
39 Hy het 'n wolk uitgebrei as bedekking en vuur om die nag te verlig.40 Hulle het gebid: toe laat Hy kwartels kom; en Hy het hulle versadig met hemelbrood.41 Hy het 'n rots oopgemaak, en waters het gevloei; dit het geloop deur die dor plekke -- 'n rivier!
25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.
18 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.
3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.
4 Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte -- want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.
6 En daar sal 'n afdak wees vir 'n skaduwee bedags teen die hitte en vir 'n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën.
2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere -- hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.
Força nas provas
Em tudo somos atribulados, mas não esmagados. O Senhor é bom e é fortaleza no dia da angústia — Ele conhce os seus.
8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is verleë, maar nie radeloos nie;9 vervolg, maar nie verlate nie; neergewerp, maar nie vernietig nie.
7 Die HERE is goed, 'n toevlug in die dag van benoudheid, en Hy ken die wat by Hom skuil.
8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.10 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
21 As die tong g,sel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom.27 En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?
30 As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre in 'n oond gegooi word, so beklee, hoeveel te meer vir julle, kleingelowiges?31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie?
6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.
19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.