Filhos
Os filhos são herança do Senhor — bênção e responsabilidade sagrada. A Bíblia orienta sobre a criação dos filhos com amor, disciplina e instrução nos caminhos de Deus.
Herança do Senhor
Os filhos são herança do Senhor e o fruto do ventre é seu galardão. Bem-aventurado o homem que enche deles a sua aljava.
3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
1 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!3 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.4 Kyk, so sal sekerlik geseënword die man wat die HERE vrees.
1 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed!3 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel.
12 sodat ons seuns soos plante mag wees wat opgekweek is in hulle jeug, ons dogters soos hoekpilare wat uitgebeitel is na die boustyl van 'n paleis;
2 Gimel. Sy nageslag sal geweldig wees op die aarde; Dalet. die geslag van die opregtes sal geseënword.
28 En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
4 Geseënd sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land en die vrug van jou vee, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee.
14 Geseënd sal jy wees bo al die volke; daar sal by jou geen man of vrou onvrugbaar wees nie, ook nie onder jou vee nie.
Instruir e disciplinar
Instrui a criança no caminho em que deve andar, e quando envelhecer não se desviará dele. Disciplina é amor em ação.
6 Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.
15 As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder.
24 Wie sy roede terughou, haat sy seun; maar hy wat hom liefhet, besoek hom met tugtiging.
15 Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
13 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.
1 Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken;
1 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.
O amor de Deus por crianças
Deixai vir a mim as crianças. Jesus acolheu, abençoou e honrou as crianças como modelo de fé e humildade.
14 Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God.
11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mense.
13 Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
1 Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
Bênção e promessa
O Senhor te abençoe e te guarde. Os filhos dos justos serão abençoados e suas gerações caminharão na retidão.
24 Die HERE sal jou seën en jou behoed;25 die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;26 die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
28 En mag God jou gee van die dou van die hemel en van die vet grond van die aarde en oorvloed van koring en mos.29 Volke sal jou dien, en nasies voor jou neerbuig. Wees 'n heerser oor jou broers, en die seuns van jou moeder moet hulle voor jou neerbuig. Vervloek is hulle wat jou vloek, en geseënd hulle wat jou seën.
3 Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou kroos giet en my seën op jou nakomelinge.4 En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
13 En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees.
5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies gemaak.
38 En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.39 En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders n hulle.
13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.
10 Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is 'n seën.
4 sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
7 Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige -- gelukkig is sy kinders n hom.
Criação e obediência
Pais, criai vossos filhos na disciplina e instrução do Senhor. Filhos, obedecei a vossos pais — isto é justo e agradável a Deus.
1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.2 Eer jou vader en jou moeder -- dit is die eerste gebod met 'n belofte --3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
20 Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
21 Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.
4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.
21 'n Vrou het droefheid wanneer sy baar, omdat haar uur gekom het; maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan haar benoudheid nie, om die blydskap dat 'n mens in die wêreld gebore is.
39 En julle kindertjies van wie julle gesê het: Hulle sal 'n buit word! en julle kinders wat vandag van geen goed of kwaad weet nie -- hulle sal daar inkom en aan hulle sal Ek dit gee, en hulle sal dit in besit neem.