A mulher virtuosa
A mulher virtuosa de Provérbios 31 é um retrato de excelência. Seu valor excede o de rubis — ela é sábia, trabalhadora, generosa e teme ao Senhor acima de tudo.
Uma joia rara
Mulher virtuosa, quem a achará? Seu valor excede o de rubis. Ela é o coração da família e a força do lar.
10 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.
10 Alef. Wie sal 'n deugsame vrou vind? want haar waarde is ver bo korale.11 Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.12 Gimel. Sy doen aan hom goed, en nie kwaad nie, al die dae van haar lewe.13 Dalet. Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.14 He. Sy is soos die skepe van 'n handelaar -- van ver af bring sy haar brood in.15 Wau. En sy staan op as dit nog nag is en gee voedsel aan haar huisgesin en die bestemde deel aan haar diensmeisies.16 Sajin. Sy dink na oor 'n stuk grond en koop dit, van die vrug van haar hande plant sy 'n wingerd.17 Get. Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.18 Tet. Sy voel dat haar wins goed is, in die nag gaan haar lamp nie dood nie.19 Jod. Sy steek haar hande uit na die spinstok, en haar handpalms hou die spoel vas.20 Kaf. Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.
4 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.
11 Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is.
Caráter acima da aparência
Enganosa é a graça e vã é a formosura, mas a mulher que teme ao Senhor será louvada. A verdadeira beleza é interior.
30 Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
1 Die wysheid van die vroue bou die huis, maar die sotheid breek dit met eie hande af.
14 Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE.
3 Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,4 sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,5 ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.