Orgulho
O orgulho é um dos pecados mais condenados na Bíblia. Deus resiste aos soberbos, mas dá graça aos humildes. A humildade é o caminho da honra verdadeira.
Deus resiste ao soberbo
A soberba precede a ruína e o orgulho antecede a queda. Deus abomina o coração altivo e promete humilhar quem se exalta.
18 Trotsheid kom voor die verbreking, en hoogmoed kom voor die val.
5 Elke hoogmoedige van hart is vir die HERE 'n gruwel; sekerlik, hy sal nie ongestraf bly nie.
25 Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.
13 Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.
2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.
2 Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid.
23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
23 Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige van gees sal eer verkry.
12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
12 Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf.
25 Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas.
Humildade como caminho
Humilhai-vos diante do Senhor e Ele vos exaltará. A grandeza no Reino vem pelo serviço humilde, não pela autopromoção.
6 Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.
10 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.
9 Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,10 en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.
5 Net so moet julle, jongeres, aan die oueres onderdanig wees; en wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.6 Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.
11 Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.
3 Moenie iets doen uit selfsug of uit ydele eer nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.4 Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.5 Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was.
Os perigos do orgulho
O orgulho cega, gera contendas e afasta de Deus. A Escritura adverte contra a soberba da vida e a vã glória mundana.
16 Want alles wat in die wêreld is -- die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe -- is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
3 En al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het nie die liefde nie, dan sou dit my niks baat nie.
28 en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,29 sodat geen vlees voor Hom sou roem nie.
17 Maar wie roem, moet in die Here roem.18 Want nie hy wat homself aanbeveel, die is beproef nie, maar hy wat deur die Here aanbeveel word.
20 En Hy sê: Wat uit die mens uitgaan, dit maak die mens onrein.21 Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord,22 diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid.23 Al hierdie booshede kom van binne uit en maak die mens onrein.
10 Vermetelheid gee net getwis af; maar by die wat hulle laat raai, is wysheid.
4 Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe.
17 Beveel die rykes in die teenwoordige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie en ook nie hulle hoop te stel op die onsekerheid van die rykdom nie, maar op die lewende God wat ons alles ryklik verleen om te geniet;
O olhar de Deus
O Senhor não olha como o homem. Ele vê o coração e se agrada dos quebrantados de espírito e dos que tremem diante da sua Palavra.
7 Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die m,ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
3 Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
37 Nou prys ek, Nebukadn,sar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.
11 Maar die koning van Israel het dit geantwoord: Sê vir hom: Die een wat hom vasgord, moet hom nie beroem soos die een wat hom losgord nie.
16 wees eensgesind onder mekaar; moenie na hoë dinge streef nie, maar voeg julle by die nederige; moenie eiewys wees nie;
22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.23 Teen sulke dinge is die wet nie.