Pais
Deus é nosso Pai celestial — amoroso, provedor, disciplinador e fiel. As Escrituras também honram os pais terrenos e os chamam a criar os filhos na instrução do Senhor.
O Pai celestial
Deus é Pai de misericórdias. Ele nos adotou como filhos, nos ama incondicionalmente e cuida de cada detalhe da nossa vida.
1 Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
1 Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie.
15 Want julle het nie ontvang 'n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;
12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,
13 Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.
13 Soos 'n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.
5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
8 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
16 Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.
6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
6 tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
O cuidado paterno de Deus
O Pai celestial sabe do que precisamos antes de pedirmos. Ele dá boas dádivas aos filhos que pedem e cuida até dos passarinhos.
26 Kyk na die voëls van die hemel; hulle saai nie en hulle maai nie en hulle bring nie bymekaar in skure nie, en tog voed julle hemelse Vader hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?
29 Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie.30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.31 Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.
6 Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
17 Maar jy, as jy vas, salf jou hoof en was jou gesig,18 sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.
11 En vir watter vader onder julle sal sy seun brood vra, en hy sal hom 'n klip gee; of ook 'n vis, en hy sal hom in plaas van 'n vis 'n slang gee;12 of ook as hy 'n eier vra, hom 'n skerpioen gee?13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?
32 Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.
17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
32 Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
Conhecer o Pai
Jesus é o caminho para o Pai. Ninguém conhece o Pai senão o Filho e aquele a quem o Filho quiser revelar.
6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
2 In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
13 En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.
21 Wie my gebooie het en die bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
23 Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.
18 Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, die het Hom verklaar.
28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.30 Ek en die Vader is een.
24 Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld.
27 Alles is aan My oorgegee deur my Vader, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.
48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.
8 Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.9 En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.
53 Of dink jy dat Ek nie nou my Vader kan bid en Hy vir My meer as twaalf legioene van engele beskikbaar sal stel nie?
36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.
20 Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
Disciplina e amor paterno
O Pai disciplina os filhos que ama. A correção divina produz fruto de justiça e paz para aqueles que foram exercitados por ela.
7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?8 Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie.9 Verder, ons het ons vaders na die vlees as kastyders gehad, en ons het vir hulle ontsag gehad; moet ons nie veel meer aan die Vader van die geeste onderworpe wees en lewe nie?10 Want hulle het ons wel 'n kort tydjie na hulle beste wete getugtig; maar Hy tot ons beswil, sodat ons sy heiligheid kan deelagtig word.
11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
11 My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie,12 want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het.
Pais terrenos
A Bíblia honra os pais que criam os filhos nos caminhos de Deus. Honrar pai e mãe é mandamento com promessa de vida longa.
1 Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.2 Eer jou vader en jou moeder -- dit is die eerste gebod met 'n belofte --3 sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
8 My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie;9 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals.
24 Die vader van 'n regverdige juig baie; en as iemand 'n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.
5 Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys.
6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
20 Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.
20 Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.21 Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.
3 Kyk, seuns is 'n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is 'n beloning.4 Soos pyle in die hand van 'n held, so is die seuns van die jeug.5 Gelukkig is die man wat sy pylkoker daarmee gevul het! Hulle sal nie beskaamd staan as hulle met die vyande in die poort spreek nie.
19 Die lewende, die lewende, die sal U loof, soos ek vandag; die vader maak aan die kinders u trou bekend.
16 Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.
19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
13 Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
14 Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.
15 Moenie die wêreld liefhê of die dinge wat in die wêreld is nie. As iemand die wêreld liefhet, dan is die liefde van die Vader nie in hom nie.