Publicidade

Poder de decisão

Por Bíblia Online –

Deus nos deu o poder de escolher. A Bíblia mostra que nossas decisões têm consequências eternas e nos chama a escolher sabiamente — a vida, a fé e o caminho de Deus.

A responsabilidade de escolher

Escolhei hoje a quem servireis. Cada decisão molda nosso destino, e Deus nos convida a escolher o caminho da vida e da obediência.

15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: •f die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, •f die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

22 Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.

30 Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle 'n nuwe hart en 'n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.

15 Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!16 Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Decisões e consequências

Deus retribuirá a cada um segundo as suas obras. As Escrituras nos alertam que a mornidão espiritual e a resistência ao Espírito têm consequências sérias.

6 wat elkeen sal vergeld na sy werke:7 aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe;8 maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn;

51 Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle.

35 Werp dan julle vrymoedigheid, wat 'n groot beloning het, nie weg nie.36 Want julle het lydsaamheid nodig, om, nadat julle die wil van God gedoen het, die belofte te verkry.37 Want nog 'n klein tydjie, en Hy wat kom, sal kom en nie versuim nie.38 Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie.39 Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.

Decisão e fé

Decida com fé, entregue seus planos ao Senhor e aja com determinação. Deus guia os passos de quem se achega a Ele de coração.

33 In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE.

21 Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan.

3 Laat jou werke aan die HERE oor, dan sal jou planne uitgevoer word.

7 Maar die Here HERE help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.

17 As iemand gewillig is om sy wil te doen, sal hy aangaande die leer weet of dit uit God is, en of Ek uit Myself spreek.

38 En hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees.39 En Ek sal hulle een hart en een weg gee om My altyd te vrees, hulle ten goede en hulle kinders n hulle.

38 En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang.

7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

Publicidade