Resistir
Resistir ao diabo e às forças do mal é um imperativo bíblico. Deus nos deu autoridade, armas espirituais e poder para enfrentar e vencer toda investida do inimigo.
Autoridade em Cristo
Jesus deu aos seus discípulos autoridade sobre todo o poder do inimigo. Em seu nome, temos domínio sobre as trevas.
19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.
17 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te genees.
1 En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
19 En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
A armadura de Deus
Somos chamados a revestir a armadura completa de Deus para resistir às ciladas do diabo e permanecer firmes na batalha espiritual.
10 Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte.11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
27 en gee aan die duiwel geen plek nie.
4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,
Firmes na resistência
Resistir ao diabo é um ato de fé ativa. A Bíblia nos garante que quando resistimos, ele foge, e que maior é o que está em nós do que o que está no mundo.
8 Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.9 Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.
4 Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek.
33 Maar Hy het Hom omgedraai, en terwyl Hy sy dissipels aankyk, het Hy Petrus bestraf en gesê: Gaan weg agter My, Satan! Want jy bedink nie die dinge van God nie, maar die van die mense.
19 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.