Publicidade

Lamentações 1

AFR53
A destruição de Jerusalém

1 Como está sentada solitária

aquela cidade, antes tão populosa!

Tornou-se como viúva,

a que era grande entre as nações!

A que era princesa entre as províncias,

tornou-se tributária!

2 Chora amargamente

de noite,

e as suas lágrimas lhe correm

pelas faces;

não tem quem a console

entre todos os seus amantes;

todos os seus amigos se houveram

aleivosamente com ela,

tornaram-se seus inimigos.

3 Judá passou em cativeiro

por causa da aflição,

e por causa da grande servidão;

ela habita entre os gentios,

não acha descanso;

todos os seus perseguidores

a alcançam entre as suas dificuldades.

4 Os caminhos de Sião

pranteiam,

porque não quem venha

à festa solene;

todas as suas portas

estão desoladas;

os seus sacerdotes

suspiram;

as suas virgens estão tristes,

e ela mesma tem amargura.

5 Os seus adversários

têm sido feitos chefes,

os seus inimigos prosperam;

porque o Senhor a afligiu,

por causa da multidão

das suas transgressões;

os seus filhinhos foram

para o cativeiro

na frente do adversário.

6 E da filha de Sião se foi

toda a sua formosura;

os seus príncipes ficaram sendo

como corços que não acham pasto

e caminham sem força

adiante do perseguidor.

7 Lembra-se Jerusalém,

nos dias da sua aflição

e dos seus exílios,

de todas as suas mais queridas coisas,

que tivera desde os tempos antigos;

quando caía o seu povo

na mão do adversário,

e não havia quem

a socorresse;

os adversários a viram,

e fizeram escárnio da sua ruína.

8 Jerusalém gravemente pecou,

por isso se fez errante;

todos os que a honravam,

a desprezaram,

porque viram a sua nudez;

ela também suspira

e volta para trás.

9 A sua imundícia está

nas suas saias;

nunca se lembrou do seu fim;

por isso foi pasmosamente abatida,

não tem consolador;

, Senhor, a minha aflição,

porque o inimigo se tem engrandecido.

10 Estendeu o adversário a sua mão

a todas as coisas mais preciosas dela;

pois ela viu entrar

no seu santuário os gentios,

acerca dos quais mandaste

que não entrassem

na tua congregação.

11 Todo o seu povo

anda suspirando,

buscando o pão;

deram as suas coisas mais preciosas

a troco de mantimento,

para restaurarem a alma;

, Senhor, e contempla,

que sou desprezível.

12 Não vos comove isto

a todos vós que passais pelo caminho?

Atendei, e vede,

se dor como a minha dor,

que veio sobre mim,

com que o Senhor me afligiu

no dia do furor da sua ira.

13 Desde o alto enviou fogo

a meus ossos,

o qual se assenhoreou deles;

estendeu uma rede aos meus pés,

fez-me voltar para trás;

fez-me assolada

e enferma todo o dia.

14 O jugo das minhas transgressões

está atado pela sua mão;

elas estão entretecidas,

subiram sobre o meu pescoço;

e ele abateu a minha força;

entregou-me o Senhor

nas mãos daqueles

a quem não posso resistir.

15 O Senhor atropelou

todos os meus poderosos

no meio de mim;

convocou contra mim uma assembleia,

para esmagar os meus jovens;

o Senhor pisou como num lagar

a virgem filha de Judá.

16 Por estas coisas eu ando chorando;

os meus olhos, os meus olhos

se desfazem em águas;

porque se afastou de mim

o consolador que devia

restaurar a minha alma;

os meus filhos estão assolados,

porque prevaleceu o inimigo.

17 Estende Sião as suas mãos,

não quem a console;

mandou o Senhor

acerca de Jacó

que lhe fossem inimigos

os que estão em redor dele;

Jerusalém é entre eles

como uma mulher imunda.

18 Justo é o Senhor,

pois me rebelei

contra o seu mandamento;

ouvi, pois, todos os povos,

e vede a minha dor;

as minhas virgens e os meus jovens

foram levados para o cativeiro.

19 Chamei os meus amantes,

mas eles me enganaram;

os meus sacerdotes

e os meus anciãos

expiraram na cidade,

enquanto buscavam para si

mantimento,

para restaurarem a sua alma.

20 Olha, Senhor,

porque estou angustiada;

turbadas estão as minhas entranhas,

o meu coração está transtornado

dentro de mim,

porque gravemente

me rebelei;

fora me desfilhou a espada,

em casa está a morte.

21 Ouviram que eu suspiro,

mas não tenho quem me console;

todos os meus inimigos

que souberam do meu mal

folgam, porque tu o fizeste;

mas, em trazendo tu o dia

que apregoaste,

serão como eu.

22 Venha toda a sua maldade

diante de ti,

e faze-lhes como me fizeste a mim

por causa de todas

as minhas transgressões;

porque os meus suspiros

são muitos,

e o meu coração está desfalecido.

Almeida Corrigida Fiel | acf ©️ 1994, 1995, 2007, 2011 Sociedade Bíblica Trinitariana do Brasil (SBTB). Todos os direitos reservados. Texto bíblico utilizado com autorização. Saiba mais sobre a SBTB. A Missão da SBTB é: Uma cópia da Bíblia Fiel ®️ para cada pessoa. Ajude-nos a cumprir nossa Missão!

Treurige toestand van Jerusalem.

1 Alef. AG, hoe verlate sit die stad wat vol mense was! Sy het soos 'n weduwee geword, sy wat magtig was onder die nasies; die vorstin onder die provinsies het dienspligtig geword.

2 Bet. Bitterlik ween sy snags haar trane oor haar wange! Sy het geen trooster onder al haar liefhebbers nie; al haar vriende het troueloos teen haar gehandel, haar vyande geword.

3 Gimel. Juda is ontvolk deur ellende en deur sware diensbaarheid; hy sit onder die nasies, sonder om 'n rusplek te vind; al sy vervolgers het hom ingehaal tussen die engtes in.

4 Dalet. Die weë na Sion treur, omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter.

5 He. Haar teëstanders het die oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want die Here het haar droefheid aangedoen vanweë die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.

6 Wau. En van die dogter van Sion het gewyk al haar heerlikheid; haar vorste het geword soos takbokke wat geen weiveld vind nie en kragteloos heengegaan het voor die vervolger uit.

7 Sajin. Jerusalem dink, in die dae van haar ellende en haar omswerwinge, aan al haar kosbaarhede wat gewees het van die dae van die voortyd af. Toe haar volk deur die hand van die teëstander geval het en daar vir haar geen helper was nie, het die teëstanders haar aanskou, hulle het gelag oor haar ongelukkige uiteinde.

8 Get. Jerusalem het swaar gesondig, daarom het sy 'n voorwerp van afsku geword; almal wat haar geëer het, verag haar, omdat hulle haar naaktheid gesien het; sy self sug en het haar weggedraai.

9 Tet. Haar onreinheid kleef aan haar some, sy het aan haar einde nie gedink nie, en sy het wonderbaarlik gesink, sonder dat sy 'n trooster het. Sien my ellende aan, Here, want die vyand hou hom groot.

10 Jod. Die teëstander het sy hand uitgesteek na al haar kosbaarhede; ja, sy het gesien hoedat heidene in haar heiligdom kom, van wie U bevel gegee het dat hulle in u vergadering nie mag kom nie.

11 Kaf. Haar hele bevolking sug, hulle soek brood, hulle het hul kosbaarhede vir voedsel gegee, om hulleself te verkwik. Aanskou, Here, en merk op dat ek 'n veragte geword het.

12 Lamed. Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die Here my bedroef het op die dag van sy toorngloed.

13 Mem. Uit die hoogte het Hy vuur gestuur in my gebeente en dit oorweldig, Hy het 'n net voor my voet uitgesprei, Hy het my agteruit laat wyk, Hy het my woes gemaak, die hele dag ellendig.

14 Noen. Die juk van my oortredinge is vasgebind deur sy hand, hulle is saamgevleg, hulle het op my nek gekom, dit het my krag laat struikel. Die Here het my oorgegee in die hande van een teen wie ek geen teëstand kon bied nie.

15 Samek. Die Here het al my magtiges binne-in my verwerp, Hy het teen my 'n feestyd uitgeroep om my jongmanne te verbreek; die Here het die parskuip getrap vir die jonkvrou, die dogter van Juda.

16 Ajin. Daarom ween ek, my oog, my oog loop af in water, want ver van my is die trooster wat my verkwik; my kinders is verbyster, omdat die vyand die oorhand het.

17 Pe. Sion brei haar hande uit, sy het geen trooster nie; die Here het die wat rondom hom was, teen Jakob ontbied as sy teëstanders; Jerusalem het in hul midde 'n voorwerp van afsku geword.

18 Sade. Regverdig is Hy, die Here, want ek was teen sy mond wederstrewig. Hoor tog, alle volke, en aanskou my smart; my jonkvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.

19 Kof. Ek het geroep na my liefhebbers hulle het my in die steek gelaat; my priesters en my oudstes het in die stad beswyk toe hulle voedsel vir hulle gesoek het om hulleself te verkwik.

20 Resj. Aanskou, Here, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.

21 Sjin. Hulle hoor dat ek sug, ek het geen trooster nie; al my vyande hoor van my onheil, hulle is bly dat U dit gedoen het. U laat die dag kom wat U uitgeroep het, dat hulle kan wees soos ek,

22 Tau. dat al hulle boosheid voor u aangesig kom; en doen aan hulle soos U aan my gedoen het vanweë al my oortredinge, want my versugtinge is baie, en my hart is krank.

Veja também

Lamentações
Ver todos os capítulos de Lamentações
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-07-05_19-25-13-