1 Ek is 'n narsing van Saron, 'n lelie van die dale.

2 Soos 'n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.

3 Soos 'n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.

4 Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.

5 Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde.

6 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

7 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.

8 Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.

9 My beminde lyk soos 'n gemsbok of soos 'n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen.

10 My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

11 Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.

12 Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.

13 Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

14 My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.

15 Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

16 My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.

17 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding.

1 א אני חבצלת השרון שושנת העמקים

2 ב כשושנה בין החוחים כן רעיתי בין הבנות

3 ג כתפוח בעצי היער כן דודי בין הבנים בצלו חמדתי וישבתי ופריו מתוק לחכי

4 ד הביאני אל בית היין ודגלו עלי אהבה

5 ה סמכוני באשישות--רפדוני בתפוחים  כי חולת אהבה אני

6 ו שמאלו תחת לראשי וימינו תחבקני

7 ז השבעתי אתכם בנות ירושלם בצבאות או באילות השדה  אם תעירו ואם תעוררו את האהבה עד שתחפץ  {ס}

8 ח קול דודי הנה זה בא מדלג על ההרים--מקפץ על הגבעות

9 ט דומה דודי לצבי או לעפר האילים הנה זה עומד אחר כתלנו--משגיח מן החלנות מציץ מן החרכים

10 י ענה דודי ואמר לי  קומי לך רעיתי יפתי ולכי לך

11 יא כי הנה הסתו עבר הגשם חלף הלך לו

12 יב הנצנים נראו בארץ עת הזמיר הגיע וקול התור נשמע בארצנו

13 יג התאנה חנטה פגיה והגפנים סמדר נתנו ריח קומי לכי (לך) רעיתי יפתי ולכי לך  {ס}

14 יד יונתי בחגוי הסלע בסתר המדרגה הראיני את מראיך השמיעני את קולך  כי קולך ערב ומראיך נאוה  {ס}

15 טו אחזו לנו שעלים--שעלים קטנים מחבלים כרמים וכרמינו סמדר

16 טז דודי לי ואני לו הרעה בשושנים

17 יז עד שיפוח היום ונסו הצללים  סב דמה לך דודי לצבי או לעפר האילים--על הרי בתר  {ס}