1 Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê:2 Heerskappy en verskrikking is by Hom wat vrede maak in sy hoogtes.3 Is daar 'n getal vir sy leërskare? En oor wie rys sy lig nie op nie?4 Hoe sou dan 'n mens regverdig wees by God? En hoe sou hy rein wees wat uit 'n vrou gebore is?5 Kyk, selfs die maan -- hy skyn nie helder nie; en die sterre is nie rein in sy oë nie.6 Hoeveel minder die mens, 'n maaier; en die mensekind, 'n wurm.
1 א ויען בלדד השחי ויאמר br 2 ב המשל ופחד עמו עשה שלום במרומיו br 3 ג היש מספר לגדודיו ועל-מי לא-יקום אורהו br 4 ד ומה-יצדק אנוש עם-אל ומה-יזכה ילוד אשה br 5 ה הן עד-ירח ולא יאהיל וכוכבים לא-זכו בעיניו br 6 ו אף כי-אנוש רמה ובן-אדם תולעה