1 En ek het weer my oë opgeslaan en gekyk -- daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper.

2 Voor die eerste wa was bruin perde, en voor die tweede wa swart perde,

3 en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont perde, sterkes.

4 Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer?

5 En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.

6 Di, met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide.

7 En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trek om die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis.

8 Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde.

9 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:

10 Neem aan van die ballinge, uit die hand van Heldai, Tob¡a en Jed ja -- kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Jos¡a, die seun van Sef nja, waar hulle uit Babel aangekom het --

11 neem dan aan silwer en goud, en maak 'n kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van Josadak, die hoëpriester,

12 en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou.

13 Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.

14 En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tob¡a en Jed ja, en aan die vriendelikheid van die seun van Sef nja in die tempel van die HERE.

15 En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God.

1 א ואשב ואשא עיני ואראה והנה ארבע מרכבות יצאות מבין שני ההרים וההרים הרי נחשת

2 ב במרכבה הראשנה סוסים אדמים ובמרכבה השנית סוסים שחרים

3 ג ובמרכבה השלשית סוסים לבנים ובמרכבה הרבעית סוסים ברדים אמצים

4 ד ואען ואמר אל המלאך הדבר בי  מה אלה אדני

5 ה ויען המלאך ויאמר אלי  אלה ארבע רוחות השמים יוצאות מהתיצב על אדון כל הארץ

6 ו אשר בה הסוסים השחרים יצאים אל ארץ צפון והלבנים יצאו אל אחריהם והברדים--יצאו אל ארץ התימן

7 ז והאמצים יצאו ויבקשו ללכת להתהלך בארץ ויאמר לכו התהלכו בארץ ותתהלכנה בארץ

8 ח ויזעק אתי וידבר אלי לאמר  ראה היוצאים אל ארץ צפון--הניחו את רוחי בארץ צפון  {ס}

9 ט ויהי דבר יהוה אלי לאמר

10 י לקוח מאת הגולה מחלדי ומאת טוביה ומאת ידעיה ובאת אתה ביום ההוא ובאת בית יאשיה בן צפניה אשר באו מבבל

11 יא ולקחת כסף וזהב ועשית עטרות ושמת בראש יהושע בן יהוצדק--הכהן הגדול

12 יב ואמרת אליו לאמר כה אמר יהוה צבאות לאמר  הנה איש צמח שמו ומתחתיו יצמח ובנה את היכל יהוה

13 יג והוא יבנה את היכל יהוה והוא ישא הוד וישב ומשל על כסאו והיה כהן על כסאו ועצת שלום תהיה בין שניהם

14 יד והעטרת תהיה לחלם ולטוביה ולידעיה ולחן בן צפניה--לזכרון בהיכל יהוה

15 טו ורחוקים יבאו ובנו בהיכל יהוה וידעתם כי יהוה צבאות שלחני אליכם והיה אם שמוע תשמעון בקול יהוה אלהיכם  {ס}