1 In die sewende jaar van Jehu het Joas koning geword, en hy het veertig jaar geregeer in Jerusalem; en die naam van sy moeder was S¡bja, van Bers,ba.

2 En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die priester Jojada hom onderrig het.

3 Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog geoffer en op die hoogtes rook laat opgaan.

4 En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die HERE gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring,

5 mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en hulle moet die bouvallige plekke van die huis herstel waar 'n bouvallige plek ook al gevind word.

6 Maar toe in die drie en twintigste jaar van koning Joas die priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,

7 het koning Joas Jojada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.

8 En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie.

9 Toe neem die priester Jojada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die huis van die HERE inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is, daarin gegooi.

10 En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van die HERE gevind is.

11 En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die HERE aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het,

12 en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die HERE te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.

13 Ewenwel is daar in die huis van die HERE geen silwerskottels, messe, komme, trompette -- enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die HERE gebring is nie.

14 Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die HERE te herstel.

15 En hulle het nie met die manne afgereken in wie se hand die geld toevertrou was om dit aan die uitvoerders van die werk te gee nie, want hulle het met getrouheid gehandel.

16 Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die HERE gebring nie; dit was vir die priesters.

17 Destyds het H sael, die koning van Aram, opgetrek en teen Gat geveg en dit ingeneem; daarna het H sael sy aangesig gerig om teen Jerusalem op te trek.

18 Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Josafat en Joram en Ah sia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan H sael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.

19 En die verdere geskiedenis van Joas en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

20 En sy dienaars het opgestaan en 'n sameswering gesmee en Joas gedood in die huis Millo wat aflê na Silla toe --

21 Josabad, die seun van S¡meat, en Josabad, die seun van Somer, sy dienaars, het hom doodgeslaan; en hy is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid, en sy seun Am sia het in sy plek koning geword.

1 La septième année de Jéhu, Joas devint roi, et il régna quarante ans à Jérusalem. Sa mère s'appelait Tsibia, et elle était de Béer-Shéba.

2 Joas fit ce qui est droit aux yeux de l'Éternel, tout le temps que Jéhojada, le sacrificateur, l'instruisit.

3 Toutefois, les hauts lieux ne furent point ôtés; le peuple sacrifiait encore et faisait des encensements dans les hauts lieux.

4 Or Joas dit aux sacrificateurs: Tout l'argent consacré qu'on apporte dans la maison de l'Éternel, soit l'argent de tout homme qui passe par le dénombrement, soit l'argent des personnes, selon l'estimation qu'en fait le sacrificateur, soit tout l'argent que chacun apporte volontairement dans la maison de l'Éternel,

5 Que les sacrificateurs le prennent par-devers eux, chacun de ceux qu'il connaît, et qu'ils en réparent les dégradations du temple, partout où l'on trouvera quelque chose à réparer.

6 Mais il arriva, la vingt-troisième année du roi Joas, que les sacrificateurs n'avaient point encore réparé les dégradations du temple.

7 Alors le roi Joas appela le sacrificateur Jéhojada et les sacrificateurs, et leur dit: Pourquoi ne réparez-vous pas les dégradations du temple? Maintenant donc, ne prenez plus d'argent de ceux que vous connaissez; mais laissez-le pour les réparations du temple.

8 Les sacrificateurs consentirent à ne plus recevoir l'argent du peuple, et à ne pas être chargés de réparer les dégradations du temple.

9 Mais le sacrificateur Jéhojada prit un coffre, fit un trou au couvercle, et le mit auprès de l'autel, à main droite quand on entre dans la maison de l'Éternel. Et les sacrificateurs, gardiens du seuil, mettaient là tout l'argent qu'on apportait à la maison de l'Éternel.

10 Et, dès qu'ils voyaient qu'il y avait beaucoup d'argent dans le coffre, le secrétaire du roi montait avec le grand sacrificateur; et ils serraient et comptaient l'argent qui se trouvait dans la maison de l'Éternel.

11 Et ils remettaient cet argent bien compté entre les mains de ceux qui faisaient l'ouvrage, dont ils avaient la surveillance dans la maison de l'Éternel, lesquels payaient les charpentiers et les architectes qui travaillaient à la maison de l'Éternel,

12 Les maçons et les tailleurs de pierres, les achats de bois et de pierres de taille pour réparer les dégradations de la maison de l'Éternel, ainsi que tout ce qui se dépensait pour la réparation du temple.

13 Et de cet argent qu'on apportait dans la maison de l'Éternel, on ne faisait plus de coupes d'argent pour la maison de l'Éternel, ni de serpes, ni de bassins, ni de trompettes, ni aucun autre ustensile d'or ou d'argent;

14 Mais on le donnait à ceux qui faisaient l'ouvrage, et qui en réparaient la maison de l'Éternel.

15 Et on ne faisait pas rendre compte à ceux entre les mains de qui on délivrait cet argent pour le distribuer aux travailleurs; car ils agissaient avec fidélité.

16 L'argent des sacrifices pour le délit, ainsi que l'argent des sacrifices pour les péchés, n'était point apporté dans la maison de l'Éternel. Il était aux sacrificateurs.

17 Alors Hazaël, roi de Syrie, monta et fit la guerre contre Gath et la prit. Puis Hazaël se retourna pour monter contre Jérusalem.

18 Et Joas, roi de Juda, prit tout ce qui était consacré, ce que Josaphat, Joram et Achazia, ses pères, rois de Juda, avaient consacré, et tout ce que lui-même avait consacré, et tout l'or qui se trouva dans les trésors de la maison de l'Éternel et de la maison du roi, et il l'envoya à Hazaël, roi de Syrie, qui se retira de Jérusalem.

19 Le reste des actions de Joas, tout ce qu'il fit, n'est-il pas écrit au livre des Chroniques des rois de Juda?

20 Or ses serviteurs se soulevèrent et, ayant fait une conspiration, ils frappèrent Joas dans la maison de Millo, à la descente de Silla.

21 Jozakar, fils de Shimeath, et Jozabad, fils de Shomer, ses serviteurs, le frappèrent, et il mourut; et on l'ensevelit avec ses pères, dans la cité de David; et Amatsia, son fils, régna à sa place.