1 En daar was in die plaaslike gemeente in Antioch¡ë sekere profete en leraars, naamlik B rnabas en S¡meon wat Niger genoem word, en Lucius, die Ciren,ër, en Man en, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus.
2 En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou B rnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
3 En toe hulle gevas en gebid het en hulle die hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
4 So het hulle dan, deur die Heilige Gees uitgestuur, afgegaan na Seleucië en daarvandaan weggevaar na Ciprus.
5 En toe hulle in S lamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as helper gehad.
6 En hulle het die eiland deurgegaan tot by Pafos en 'n towenaar gevind, 'n valse profeet, 'n Jood met die naam van Bar-Jesus.
7 Hy was by die goewerneur S,rgius Paulus, 'n verstandige man. Di, het B rnabas en Saulus laat roep en het versoek om die woord van God te hoor.
8 Maar Âlimas die towenaar -- want so word sy naam vertaal -- het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof.
9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê:
10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
11 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
12 Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.
13 En Paulus en sy metgeselle het afgevaar van Pafos en by Perge in Pamf¡lië gekom. En Johannes het hulle verlaat en na Jerusalem teruggekeer.
14 Maar hulle het van Perge af verder gegaan en in Antioch¡ë in Pis¡dië aangekom, en hulle het op die sabbatdag in die sinagoge gegaan en gaan sit.
15 En n die lesing van die wet en die profete het die hoofde van die sinagoge na hulle gestuur en gesê: Broeders, as julle 'n woord van opwekking vir die volk het, spreek dan!
16 Toe staan Paulus op, wink met die hand en sê: Israeliete en julle wat God vrees, luister!
17 Die God van hierdie volk Israel het ons vaders uitverkies en die volk verhoog toe hulle bywoners in Egipteland was, en met 'n hoë arm hulle daaruit gelei.
18 En omtrent veertig jaar lank het Hy hulle in die woestyn verdra.
19 En sewe nasies het Hy in die land Kana„n uitgeroei en hulle land deur die lot aan hulle uitgedeel.
20 En daarna omtrent vier honderd en vyftig jaar lank het Hy rigters gegee tot op Samuel, die profeet.
21 En van toe af het hulle 'n koning begeer, en God het aan hulle gegee Saul, die seun van Kis, 'n man uit die stam van Benjamin, veertig jaar lank.
22 En nadat Hy hom afgesit het, het Hy Dawid vir hulle verhef as koning, van wie Hy ook gesê en getuig het: Ek het Dawid, die seun van Isai, gevind, 'n man na my hart, wat al my welbehae sal doen.
23 Uit die nageslag van hierdie man het God vir Israel, volgens die belofte, Jesus as Verlosser verwek,
24 nadat Johannes voor sy koms eers die doop van bekering aan die hele volk van Israel verkondig het.
25 En toe Johannes aan die einde van sy loopbaan gekom het, het hy gesê: Wie dink julle is ek? Ek is dit nie; maar kyk, Hy kom n my, wie se skoen ek nie waardig is om van sy voete los te maak nie.
26 Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.
27 Want die inwoners van Jerusalem en hulle owerstes het Hom nie geken nie, en deur Hom te veroordeel, het hulle die woorde van die profete vervul wat elke sabbat gelees word.
28 En al het hulle niks gevind wat die dood verdien nie, tog het hulle van Pilatus gevra dat Hy omgebring moes word.
29 En toe hulle alles volbring het wat oor Hom geskrywe is, het hulle Hom van die kruishout afgehaal en in 'n graf neergelê.
30 Maar God het Hom uit die dode opgewek.
31 En gedurende baie dae het Hy verskyn aan die wat saam met Hom opgegaan het van Galil,a na Jerusalem, en hulle is sy getuies by die volk.
32 En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek,
33 soos daar ook in die tweede psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
34 En dat Hy Hom opgewek het uit die dode, sodat Hy nie meer tot verderwing sou terugkeer nie, het Hy so gespreek: Ek sal aan julle gee die heilige weldade van Dawid wat betroubaar is.
35 Daarom sê Hy ook op 'n ander plek: U sal u Heilige nie oorgee om verderwing te sien nie.
36 Want Dawid het ontslaap, nadat hy sy eie geslag volgens die raad van God gedien het, en is by sy vaders weggelê en het verderwing gesien,
37 maar Hy wat deur God opgewek is, het geen verderwing gesien nie.
38 Laat dit dan aan julle bekend wees, broeders, dat deur Hom vergifnis van sondes aan julle verkondig word,
39 en dat elkeen wat glo, deur Hom geregverdig word van alles waarvan julle deur die wet van Moses nie geregverdig kon word nie.
40 Pas dan op dat daar nie oor julle kom wat deur die profete gesê is nie:
41 Kyk dan, julle veragters, en wees verwonderd en verdwyn! Want Ek gaan iets in julle dae doen, iets wat julle sekerlik nie sal glo as iemand julle dit vertel nie.
42 En toe die Jode uit die sinagoge gaan, het die heidene versoek dat daardie woorde op die volgende sabbat tot hulle gespreek sou word.
43 En toe die sinagoge uit was, het baie van die Jode en die godsdienstige Jodegenote Paulus en B rnabas gevolg. Di, het hulle toegespreek en hulle probeer beweeg om in die genade van God te bly.
44 En op die volgende sabbat het byna die hele stad saamgekom om die woord van God te hoor.
45 Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.
46 Maar Paulus en B rnabas het vry-uit gespreek en gesê: Dit was noodsaaklik dat die woord van God aan julle eers verkondig moes word. Aangesien julle dit egter verwerp en julleself die ewige lewe nie waardig ag nie -- kyk, ons wend ons tot die heidene.
47 Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
48 En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.
49 En die woord van die Here is deur die hele land verbrei.
50 Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en B rnabas 'n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.
51 Toe het hulle die stof van hul voete teen hulle afgeskud en na Ikonium gegaan.
52 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees.
1 Il y avait dans l'Église d'Antioche quelques prophètes et docteurs, Barnabas, Siméon appelé Niger, Lucius le Cyrénéen, Manahem, élevé avec Hérode le tétrarque, et Saul.
2 Pendant qu'ils étaient au service du Seigneur, et qu'ils jeûnaient, le Saint-Esprit leur dit: Mettez à part pour moi Barnabas et Saul, en vue de l'oeuvre à laquelle je les ai appelés.
3 Alors ayant jeûné et prié, ils leur imposèrent les mains, et les firent partir.
4 Eux donc, envoyés par le Saint-Esprit, descendirent à Séleucie, et de là s'embarquèrent pour Cypre.
5 Et étant arrivés à Salamine, ils annoncèrent la Parole de Dieu dans les synagogues des Juifs, et ils avaient aussi Jean pour les aider.
6 Ayant ensuite traversé l'île jusqu'à Paphos, ils trouvèrent un certain Juif, magicien et faux prophète, nommé Barjésus,
7 Qui était avec le proconsul Sergius Paulus, homme intelligent. Celui-ci, ayant fait appeler Barnabas et Saul, désira entendre la Parole de Dieu.
8 Mais Élymas, le magicien, car c'est ainsi que se traduit son nom, leur résistait, tâchant de détourner le proconsul de la foi.
9 Mais Saul, qui est aussi appelé Paul, rempli du Saint-Esprit, et ayant les yeux fixés sur lui, dit:
10 O toi, qui es plein de toute fraude et de toute méchanceté, fils du diable, ennemi de toute justice, ne cesseras-tu point de pervertir les voies droites du Seigneur?
11 Et voici, dès maintenant la main du Seigneur est sur toi, et tu seras aveugle, et tu ne verras point le soleil, pour un temps. Et à l'instant, l'obscurité et les ténèbres tombèrent sur lui; et tournant çà et là, il cherchait un guide.
12 Alors le proconsul, voyant ce qui était arrivé, crut, étant rempli d'admiration pour la doctrine du Seigneur.
13 Et Paul et ceux qui étaient avec lui, s'étant embarqués à Paphos, vinrent à Perge en Pamphylie. Mais Jean, s'étant séparé d'eux, revint à Jérusalem.
14 Pour eux, étant partis de Perge, ils vinrent à Antioche de Pisidie; et étant entrés dans la synagogue, le jour du sabbat, ils s'assirent.
15 Et après la lecture de la loi et des prophètes, les principaux de la synagogue leur envoyèrent dire: Hommes frères, si vous avez quelque exhortation à faire au peuple, faites-la.
16 Alors Paul s'étant levé, et ayant fait signe de la main, dit: Hommes Israélites, et vous qui craignez Dieu, écoutez.
17 Le Dieu de ce peuple d'Israël choisit nos pères, et releva ce peuple, pendant son séjour dans le pays d'Égypte, et les en fit sortir à bras élevé.
18 Et il les supporta et les nourrit dans le désert, l'espace d'environ quarante ans.
19 Et ayant détruit sept nations au pays de Canaan, il leur distribua leur pays par le sort.
20 Et après cela, durant quatre cent cinquante ans environ, il leur donna des juges, jusqu'au prophète Samuel.
21 Ensuite ils demandèrent un roi, et Dieu leur donna Saül, fils de Kis, de la tribu de Benjamin, pendant quarante ans.
22 Et Dieu l'ayant rejeté, leur suscita David pour roi, auquel il rendit ce témoignage, en disant: J'ai trouvé David, fils de Jessé, homme selon mon cœur, qui accomplira toutes mes volontés.
23 C'est de sa postérité que Dieu, selon sa promesse, a suscité Jésus, le Sauveur d'Israël.
24 Avant qu'il parût, Jean avait prêché le baptême de la repentance à tout le peuple d'Israël.
25 Et lorsque Jean achevait sa course, il disait: Qui pensez-vous que je sois? Je ne suis pas le Christ; mais après moi, vient celui des pieds duquel je ne suis pas digne de délier les sandales.
26 C'est à vous, hommes frères, enfants de la race d'Abraham, et à vous qui craignez Dieu, que cette Parole de salut est adressée.
27 Car les habitants de Jérusalem et leurs magistrats, l'ayant méconnu, ont accompli, en le condamnant, les paroles des prophètes, qui se lisent chaque jour de sabbat.
28 Et sans avoir aucun motif de le mettre à mort, ils demandèrent à Pilate de le faire mourir.
29 Puis quand ils eurent accompli tout ce qui a été écrit de lui, on l'ôta du bois, et on le mit dans un sépulcre.
30 Mais Dieu l'a ressuscité des morts;
31 Et il a été vu, pendant plusieurs jours, de ceux qui étaient montés avec lui de Galilée à Jérusalem, lesquels sont ses témoins devant le peuple.
32 Et nous aussi, nous vous annonçons la bonne nouvelle que la promesse qui avait été faite à nos pères,
33 Dieu l'a accomplie pour nous leurs enfants, lorsqu'il a suscité Jésus; comme il est écrit dans le psaume second: Tu es mon fils, je t'ai engendré aujourd'hui.
34 Mais qu'il l'ait ressuscité des morts, de telle sorte qu'il ne retourne plus à la corruption, il en a parlé ainsi: Je vous donnerai l'assurance des grâces faites à David.
35 C'est pourquoi il dit aussi dans un autre psaume: Tu ne permettras point que ton Saint voie la corruption.
36 Or David, après avoir servi en son temps au dessein de Dieu, est mort, et a été mis avec ses pères, et a vu la corruption;
37 Mais celui que Dieu a ressuscité, n'a point vu la corruption.
38 Sachez donc, hommes frères, que c'est par lui que la rémission des péchés vous est annoncée;
39 Et que c'est par lui que tous ceux qui croient sont justifiés de toutes les choses dont vous n'avez pu être justifiés par la loi de Moïse.
40 Prenez donc garde qu'il ne vous arrive ce qui a été dit dans les prophètes:
41 Voyez, vous qui me méprisez, et soyez étonnés vous qui périssez; car je vais faire une oeuvre en vos jours, une oeuvre que vous ne croiriez point, si on vous la racontait.
42 Comme ils sortaient de la synagogue des Juifs, les Gentils les supplièrent de leur annoncer les mêmes choses le sabbat suivant.
43 Et quand l'assemblée se fut dispersée, plusieurs Juifs et prosélytes pieux suivirent Paul et Barnabas, qui, s'entretenant avec eux, les exhortèrent à persévérer dans la grâce de Dieu.
44 Le sabbat suivant, presque toute la ville s'assembla pour entendre la Parole de Dieu.
45 Mais les Juifs, voyant la foule, furent remplis d'envie, et s'opposaient aux paroles de Paul, le contredisant et l'injuriant.
46 Alors Paul et Barnabas leur dirent hardiment: C'était à vous d'abord qu'il fallait annoncer la Parole de Dieu; mais puisque vous la rejetez, et que vous vous jugez vous-mêmes indignes de la vie éternelle, voici, nous nous tournons vers les Gentils.
47 Car le Seigneur nous a ainsi commandé: Je t'ai établi comme la lumière des Gentils, pour être leur salut jusqu'aux extrémités de la terre.
48 Les Gentils, entendant cela, se réjouissaient, et donnaient gloire à la Parole du Seigneur, et tous ceux qui étaient destinés à la vie éternelle, crurent.
49 Et la Parole du Seigneur se répandait dans tout le pays.
50 Mais les Juifs animèrent quelques femmes nobles et dévouées, et les principaux de la ville, et ils excitèrent une persécution contre Paul et Barnabas, et les chassèrent de leur pays.
51 Mais Paul et Barnabas, ayant secoué la poussière de leurs pieds contre eux, allèrent à Iconium.
52 Et les disciples étaient remplis de joie et du Saint-Esprit.