1 En dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die nog lewende oudstes van die ballinge en na die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadn,sar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe --
2 n die uittog van die koning Jegonja en die gebiedster en die hofdienaars, die vorste van Juda en Jerusalem, en die smede en die slotmakers, uit Jerusalem --
3 deur bemiddeling van Ele sa, die seun van Safan, en Gem rja, die seun van Hilk¡a, wat Sedek¡a, die koning van Juda, na Nebukadn,sar, die koning van Babel, na Babel gestuur het, naamlik:
4 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:
5 Bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan;
6 neem vroue en verwek seuns en dogters, en neem vroue vir julle seuns en gee julle dogters aan mans, dat hulle seuns en dogters baar; en vermenigvuldig daar, en moenie verminder nie;
7 en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die HERE; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.
8 Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.
9 Want hulle profeteer vir julle vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE.
10 Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.
11 Want Âk weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
12 Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister.
13 En julle sal My soek en vind as julle na My vra met julle hele hart.
14 En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
15 As julle sê: Die HERE het vir ons profete verwek in Babel --
16 nee, so sê die HERE aangaande die koning wat op die troon van Dawid sit, en aangaande die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap uitgetrek het nie,
17 so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soos bedorwe vye wat te sleg is om te eet.
18 En Ek sal hulle agtervolg met die swaard, die hongersnood en die pes; en Ek sal hulle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde: 'n voorwerp van vervloeking, van verbasing, van bespotting en van smaad onder al die volke waarheen Ek hulle verdryf het;
19 omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die HERE, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die HERE.
20 Luister dan na die woord van die HERE, al julle ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel weggestuur het!
21 So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kol ja, en aangaande Sedek¡a, die seun van Maäs,ja, wat vir julle in my Naam leuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadr,sar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle oë verslaan.
22 En aan hulle sal 'n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag die HERE jou maak soos Sedek¡a en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het! --
23 omdat hulle 'n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en 'n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die HERE.
24 En aan Sem ja, die Nehelamiet, moet jy d¡t sê:
25 So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat jy 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sef nja, die seun van Ma„s,ja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:
26 Die HERE het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jojada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die HERE oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit --
27 waarom het jy dan nou Jeremia, die Anatotiet, nie gekeer nie, wat by julle as 'n profeet optree;
28 aangesien hy ons in Babel laat weet het: Dit sal lank duur; bou huise en woon, en plant tuine aan en eet die vrugte daarvan?
29 En Sef nja, die priester, het hierdie brief voor die ore van die profeet Jeremia gelees.
30 Toe het die woord van die HERE tot Jeremia gekom en gesê:
31 Laat al die ballinge weet: So sê die HERE aangaande Sem ja, die Nehelamiet: Omdat Sem ja vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,
32 daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek doen besoeking oor Sem ja, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die HERE; want hy het teen die HERE afval verkondig.
1 Voici les paroles de la lettre que Jérémie, le prophète, envoya de Jérusalem au reste des anciens en captivité, aux sacrificateurs, aux prophètes et à tout le peuple, que Nébucadnetsar avait transportés de Jérusalem à Babylone,
2 Après que le roi Jéchonias, avec la reine, les eunuques, les chefs de Juda et de Jérusalem, les charpentiers et les serruriers, furent sortis de Jérusalem.
3 Elle fut portée par Éleasa, fils de Shaphan, et Guémaria, fils de Hilkija, que Sédécias, roi de Juda, envoyait à Babylone, vers Nébucadnetsar, roi de Babylone, et était ainsi conçue:
4 Ainsi a dit l'Éternel des armées, le Dieu d'Israël, à tous les captifs que j'ai transportés de Jérusalem à Babylone:
5 Bâtissez des maisons, et les habitez; plantez des jardins, et mangez-en les fruits;
6 Prenez des femmes, et ayez des fils et des filles; prenez des femmes pour vos fils et donnez des maris à vos filles, afin qu'elles enfantent des fils et des filles; multipliez-vous là, et ne diminuez point.
7 Cherchez la paix de la ville où je vous ai transportés, et priez l'Éternel pour elle; car dans sa paix vous aurez la paix.
8 Car ainsi a dit l'Éternel des armées, le Dieu d'Israël: Que vos prophètes qui sont parmi vous et vos devins ne vous séduisent point, et ne croyez pas aux songes que vous songez.
9 Car ils vous prophétisent faussement en mon nom. Je ne les ai point envoyés, dit l'Éternel.
10 Car ainsi a dit l'Éternel: Dès que soixante et dix ans seront accomplis pour Babylone, je vous visiterai, et j'accomplirai ma bonne Parole à votre égard, pour vous faire retourner en ce lieu.
11 Car je sais les pensées que je forme pour vous, dit l'Éternel, pensées de paix et non d'adversité, pour vous donner un avenir et une espérance.
12 Alors vous m'invoquerez, et vous partirez; vous me prierez, et je vous exaucerai.
13 Vous me chercherez, et vous me trouverez; car vous m'aurez recherché de tout votre coeur.
14 Je me ferai trouver de vous, dit l'Éternel, et je ramènerai vos captifs, et je vous rassemblerai de toutes les nations et de tous les lieux où je vous ai chassés, dit l'Éternel, et je vous ferai revenir au lieu d'où je vous ai transportés.
16 A cause de cela, l'Éternel a dit ainsi touchant le roi qui est assis sur le trône de David, et touchant tout le peuple qui habite en cette ville, et touchant vos frères qui ne sont point allés avec vous en captivité,
17 L'Éternel des armées a dit ainsi: Voici, j'envoie contre eux l'épée, la famine et la peste, et je les ferai devenir comme ces figues horribles, qu'on ne peut manger tant elles sont mauvaises.
18 Et je les poursuivrai par l'épée, la famine et la peste; et je les livrerai pour être agités par tous les royaumes de la terre, et pour être en malédiction, en étonnement, en moquerie et en opprobre, à toutes les nations où je les aurai chassés;
19 Parce qu'ils n'ont pas écouté mes paroles, dit l'Éternel, lorsque je leur ai envoyé mes serviteurs, les prophètes, que j'ai envoyés dès le matin; mais vous n'écoutiez pas, dit l'Éternel.
20 Mais écoutez la Parole de l’Éternel, vous, tous les captifs, que j'ai envoyés de Jérusalem à Babylone.
21 Ainsi a dit l'Éternel des armées, le Dieu d'Israël, sur Achab, fils de Kolaja, et sur Sédécias, fils de Maaséja, qui vous prophétisent faussement en mon nom: Voici, je les livre aux mains de Nébucadnetsar, roi de Babylone, et il les fera mourir sous vos yeux.
23 Parce qu'ils ont fait des infamies en Israël, et qu'ils ont commis adultère avec les femmes de leur prochain, et qu'ils ont dit en mon nom des paroles fausses que je ne leur avais point commandées; c'est moi-même qui le sais, et j'en suis le témoin, dit l'Éternel.
24 Parle aussi à Shémaja, Néchélamite, et dis-lui:
25 Ainsi a dit l'Éternel des armées, le Dieu d'Israël: Parce que tu as envoyé en ton nom des lettres à tout le peuple qui est à Jérusalem, à Sophonie, fils de Maaséja, le sacrificateur, et à tous les sacrificateurs, leur disant:
26 L'Éternel t'a établi sacrificateur à la place de Jéhojada, le sacrificateur, afin qu'il y ait, dans la maison de l'Éternel, des inspecteurs pour surveiller tout homme qui fait l'inspiré et le prophète, et pour le mettre en prison et dans les fers.
27 Et maintenant, pourquoi n'as-tu pas réprimé Jérémie d'Anathoth, qui vous prophétise?
28 Car c'est pour cela qu'il a envoyé vers nous, à Babylone, pour nous dire: Ce sera long; bâtissez des maisons, et habitez-les; plantez des jardins, et mangez-en les fruits.
29 Or Sophonie, le sacrificateur, avait lu cette lettre en présence de Jérémie, le prophète.
30 Et la Parole de l’Éternel fut adressée à Jérémie, en ces mots:
31 Mande ceci à tous ceux qui ont été transportés: Ainsi a dit l'Éternel sur Shémaja de Néchélam: Parce que Shémaja vous a prophétisé, quoique je ne l'aie point envoyé, et qu'il vous a fait mettre votre confiance dans le mensonge;
32 A cause de cela, ainsi a dit l'Éternel: Voici, je vais punir Shémaja, Néchélamite, et sa postérité; il n'y aura personne de sa race qui habite parmi ce peuple; et il ne verra pas le bien que je vais faire à mon peuple, dit l'Éternel, parce qu'il a prêché la révolte contre l'Éternel.