1 En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.
2 Dit is die land wat oorgebly het: Al die landstreke van die Filistyne en al die Gesuriete,
3 van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kana„nities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: die van Gasa en die van Asdod, die van Askelon, die van Gat en die van Ekron, en die Awiete
4 in die suide; die hele land van die Kana„niete en M,ara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;
5 en die land van die Gibliete en die hele L¡banon aan die oostekant, van Ba„l-Gad af, onderaan die berg Hermon, tot by die ingang na Hamat.
6 Al die bewoners van die gebergte, van die L¡banon af tot by M¡srefot-Maim, al die Sidoniërs -- Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe; laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het.
7 Verdeel dan nou hierdie land as erfdeel onder die nege stamme en die halwe stam van Manasse.
8 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het:
9 van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld van M,deba af tot by Dibon;
10 en al die stede van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, tot by die grens van die kinders van Ammon;
11 en G¡lead en die grondgebied van die Gesuriete en Ma„gatiete en die hele berg Hermon en die hele Basan tot by Salka;
12 die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Astarot en in Edr,‹hy het oorgebly uit die laastes van die Refa‹ete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe.
13 Maar die kinders van Israel het die Gesuriete en Ma„gatiete nie verdrywe nie, sodat Gesur en Maägat onder Israel gewoon het tot vandag toe.
14 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.
15 En Moses het aan die stam van die kinders van Ruben gegee volgens hulle geslagte;
16 sodat hulle die grondgebied ontvang het: van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, die stad in die middel van die dal, en die hele gelykveld tot by M,deba;
17 Hesbon en al sy stede wat in die gelykveld lê, Dibon en Bamot-Ba„l en Bet-Ba„l-Meon
18 en Jahas en Ked,mot en Mef ät;
19 en Kirjat im en Sibma en Seret-Hass har, op die gebergte van die dal,
20 en Bet-Peor en die hange van die Pisga en Bet-Haj,simot;
21 en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van M¡dian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land.
22 By hulle dooies het die kinders van Israel ook B¡leam, die seun van Beor, die waarsêer, met die swaard gedood.
23 So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
24 En Moses het aan die stam van Gad, die kinders van Gad, gegee volgens hulle geslagte;
25 sodat hulle die grondgebied ontvang het van Ja,ser en al die stede van G¡lead en die helfte van die land van die kinders van Ammon, tot by Aroër wat teenoor Rabba lê,
26 van Hesbon af tot by Ramat-Mispe en B,tonim; en van Mahan im af tot by die grens van L¡dbir;
27 en in die dal: Bet-- Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinn,retsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe.
28 Dit is die erfdeel van die kinders van Gad volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
29 Verder het Moses aan die halwe stam van Manasse gegee; sodat die halwe stam van die kinders van Manasse ontvang het volgens hulle geslagte --
30 hulle grondgebied was: van Mahan im af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Ja‹rsdorpe in Basan, sestig stede;
31 en die halwe G¡lead en Astarot en Edr,‹, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse -- aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
32 Dit is wat Moses as erfenis uitgedeel het in die vlaktes van Moab, oos van die Jordaan van J,rigo teen die ooste;
33 maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die HERE, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het.
1 Or, Josué était vieux et avancé en âge; et l'Éternel lui dit: Tu es devenu vieux, tu es avancé en âge, et il reste beaucoup de pays à soumettre.
2 Voici le pays qui reste: Tous les districts des Philistins, et tout le territoire des Gueshuriens,
3 Depuis le Shichor, qui coule en face de l'Égypte, jusqu'à la frontière d'Ékron, vers le nord; contrée réputée cananéenne, appartenant aux cinq gouverneurs des Philistins, celui de Gaza, celui d'Asdod, celui d'Askélon, celui de Gath, celui d'Ékron, et les Avviens;
4 Du côté du midi, tout le pays des Cananéens, et Meara, qui est aux Sidoniens, jusqu'à Aphek, jusqu'à la frontière des Amoréens;
5 Le pays des Guibliens, et tout le Liban, vers le soleil levant, depuis Baal-Gad, sous la montagne d'Hermon, jusqu'à l'entrée de Hamath;
6 Tous les habitants de la montagne, depuis le Liban jusqu'à Misrephoth-Maïm, tous les Sidoniens. C'est moi qui les chasserai devant les enfants d'Israël; partage seulement ce pays par le sort en héritage à Israël, comme je te l'ai commandé.
7 Maintenant donc partage ce pays en héritage aux neuf tribus et à la demi-tribu de Manassé.
8 Les Rubénites et les Gadites ont reçu, avec l'autre moitié de la tribu de Manassé, leur héritage, que Moïse leur a donné au delà du Jourdain, à l'orient, comme Moïse, serviteur de l'Éternel, le leur a donné;
9 Depuis Aroër, qui est sur le bord du torrent de l'Arnon, et la ville qui est au milieu du torrent, et tout le plat pays de Médeba jusqu'à Dibon;
10 Et toutes les villes de Sihon, roi des Amoréens, qui régnait à Hesbon, jusqu'à la frontière des enfants d'Ammon;
11 Et Galaad, et le territoire des Gueshuriens et des Maacathiens, toute la montagne d'Hermon, et tout Bassan, jusqu'à Salca;
12 Tout le royaume d'Og, en Bassan, qui régnait à Ashtaroth et à Édréï; il était demeuré de reste des Rephaïm. Moïse les défit, et les déposséda.
13 Mais les enfants d'Israël ne dépossédèrent point les Gueshuriens ni les Maacathiens; et les Gueshuriens et les Maacathiens ont habité au milieu d'Israël jusqu'à ce jour.
14 Seulement Moïse ne donna point d'héritage à la tribu de Lévi; les sacrifices faits par le feu à l'Éternel, Dieu d'Israël, voilà son héritage, comme il le lui avait dit.
15 Moïse donna donc une part à la tribu des enfants de Ruben, selon leurs familles;
16 Et leur territoire fut depuis Aroër, qui est sur le bord du torrent de l'Arnon, et la ville qui est au milieu du torrent, et tout le plat pays près de Médeba,
17 Hesbon et toutes ses villes, qui sont dans le plat pays, Dibon, et Bamoth-Baal, et Beth-Baal-Meon,
18 Et Jahats, et Kedémoth, et Méphaath,
19 Et Kirjathaïm, et Sibma, et Tséreth-Hashachar, sur la montagne de la vallée,
20 Et Beth-Peor, les pentes du Pisga, et Beth-Jeshimoth,
21 Et toutes les villes du plat pays, et tout le royaume de Sihon, roi des Amoréens, qui régnait à Hesbon, que Moïse défit, avec les princes de Madian, Évi, Rékem, Tsur, Hur, et Réba, princes qui relevaient de Sihon et qui habitaient le pays.
22 Parmi ceux qui furent tués les enfants d'Israël firent aussi périr par l'épée Balaam, fils de Béor, le devin.
23 Et la frontière des enfants de Ruben fut le Jourdain et son territoire. Tel fut l'héritage des enfants de Ruben, selon leurs familles: les villes et leurs villages.
24 Moïse donna aussi une part à la tribu de Gad, aux enfants de Gad, selon leurs familles.
25 Et leur territoire fut Jaezer, toutes les villes de Galaad, et la moitié du pays des enfants d'Ammon, jusqu'à Aroër, qui est en face de Rabba,
26 Et depuis Hesbon jusqu'à Ramath-Mitspé et Betonim, et depuis Mahanaïm jusqu'à la frontière de Débir;
27 Et, dans la vallée, Beth-Haram, Beth-Nimra, et Succoth et Tsaphon, reste du royaume de Sihon, roi de Hesbon, le Jourdain et son territoire, jusqu'au bout de la mer de Kinnéreth, au delà du Jourdain, vers l'orient.
28 Tel fut l'héritage des enfants de Gad, selon leurs familles: les villes et leurs villages.
29 Moïse donna aussi à la demi-tribu de Manassé une part, qui est demeurée à la demi-tribu des enfants de Manassé, selon leurs familles.
30 Leur territoire fut depuis Mahanaïm, tout Bassan, tout le royaume d'Og, roi de Bassan, et tous les bourgs de Jaïr en Bassan, soixante villes;
31 Et la moitié de Galaad, Ashtaroth et Édréï, villes du royaume d'Og en Bassan, furent aux enfants de Makir, fils de Manassé, à la moitié des enfants de Makir, selon leurs familles.
32 Voilà ce que Moïse, dans les plaines de Moab, avait donné en héritage, au delà du Jourdain de Jérico, vers l'orient.
33 Mais Moïse ne donna point d'héritage à la tribu de Lévi; c'est l'Éternel, le Dieu d'Israël, qui est leur héritage, comme il le leur avait dit.