1 En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom;

2 en Hy het sy mond geopen en hulle geleer en gesê:

3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

4 Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word.

5 Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe.

6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.

7 Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

8 Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

9 Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

10 Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

11 Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.

12 Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het.

13 Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie.

14 Julle is die lig van die wêreld. 'n Stad wat bo-op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie;

15 en 'n mens steek ook nie 'n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is.

16 Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul.

18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie.

19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense so leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.

20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as die van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.

22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet verantwoording doen in die helse vuur.

23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

25 Wees gou goedgesind teenoor jou teëparty so lank as jy nog saam met hom op die pad is, sodat die teëparty jou nie miskien oorgee aan die regter en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en jy in die gevangenis gewerp word nie.

26 Voorwaar Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy die laaste oortjie betaal het nie.

27 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie.

28 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na 'n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.

29 As jou regteroog jou dan laat struikel, ruk dit uit en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

30 En as jou regterhand jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; want dit is vir jou beter dat een van jou lede vergaan en nie jou hele liggaam in die hel gewerp word nie.

31 Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee.

32 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.

33 Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.

34 Maar Ek sê vir julle: Sweer hoegenaamd nie -- nie by die hemel nie, omdat dit die troon van God is;

35 ook nie by die aarde nie, omdat dit die voetbank van sy voete is; ook nie by Jerusalem nie, omdat dit die stad is van die groot Koning;

36 ook by jou hoof mag jy nie sweer nie, omdat jy nie een haar wit of swart kan maak nie.

37 Maar laat julle woord wees: Ja ja, nee nee. Wat meer as dit is, is uit die Bose.

38 Julle het gehoor dat daar gesê is: Oog vir oog en tand vir tand.

39 Maar Ek sê vir julle dat julle 'n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.

40 En hy wat met jou na die gereg wil gaan en jou onderkleed wil neem, laat hom ook die bo-kleed kry.

41 En elkeen wat van jou een myl afdwing, loop met hom twee myl saam.

42 Gee aan hom wat jou iets vra, en wys hom nie af wat van jou wil leen nie.

43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.

44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?

47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?

48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

1 Or Jésus, voyant la multitude, monta sur une montagne; et lorsqu'il fut assis, ses disciples s'approchèrent de lui.

2 Et ouvrant sa bouche, il les enseignait, en disant:

3 Heureux les pauvres en esprit; car le royaume des cieux est à eux.

4 Heureux ceux qui sont dans l'affliction; car ils seront consolés.

5 Heureux les bienfaisants; car ils hériteront de la terre.

6 Heureux ceux qui ont faim et soif de la justice; car ils seront rassasiés.

7 Heureux les miséricordieux; car ils obtiendront miséricorde.

8 Heureux ceux qui ont le cœur pur; car ils verront Dieu.

9 Heureux les pacifiques; car ils seront appelés enfants de Dieu.

10 Heureux ceux qui sont persécutés pour la justice; car le royaume des cieux est à eux.

11 Vous serez heureux lorsqu'à cause de moi on vous dira des injures, qu'on vous persécutera, et qu'on dira faussement contre vous toute sorte de mal.

12 Réjouissez-vous et tressaillez de joie, parce que votre récompense sera grande dans les cieux; car on a ainsi persécuté les prophètes qui ont été avant vous.

13 Vous êtes le sel de la terre; mais si le sel perd sa saveur, avec quoi sera-t-elle salée? Car il n'a plus sa force, et doit être jeté dehors et piétiné par les hommes.

14 Vous êtes la lumière du monde: une ville située sur une montagne ne peut être cachée;

15 Et on n'allume point une lampe pour la mettre sous un récipient, mais sur un lampadaire; et elle éclaire tous ceux qui sont dans la maison.

16 Que votre lumière luise ainsi devant les hommes, afin qu'ils voient vos bonnes oeuvres, et qu'ils glorifient votre Père qui est dans les cieux.

17 Ne pensez pas que je sois venu abolir la loi ou les prophètes; je ne suis pas venu abolir, mais accomplir.

18 Car je vous le dis en vérité, jusqu'à ce que le ciel et la terre aient passé, il ne passera pas de la loi un seul iota ou un seul trait de lettre que tout ne soit accompli.

19 Celui donc qui aura violé l'un de ces plus petits commandements, et qui aura ainsi enseigné les hommes, sera moins estimé dans le royaume des cieux; mais celui qui les aura observés et enseignés, celui-là sera grandement estimé dans le royaume des cieux.

20 Car je vous dis que si votre justice ne surpasse celle des scribes et des pharisiens, vous n'entrerez point dans le royaume des cieux.

21 Vous avez entendu qu'il a été dit aux anciens: Tu ne tueras point; et celui qui tuera sera punissable par les juges.

22 Mais moi je vous dis que chacun qui se met en colère contre son frère sans cause, sera punissable par le tribunal; et celui qui dira à son frère: Raca (Vaurien), sera punissable par le conseil; et celui qui lui dira: Insensé, sera punissable par l’angoisse du feu méprisant.

23 Si donc tu apportes ton offrande à l'autel, et que là tu te souviennes que ton frère a quelque chose contre toi,

24 Laisse là ton offrande devant l'autel, et va-t'en premièrement te réconcilier avec ton frère; et après cela viens, et présente ton offrande.

25 Accorde-toi au plus tôt avec ta partie adverse, pendant que tu es en chemin avec elle, de peur que ta partie adverse ne te livre au juge, et que le juge ne te livre au bourreau, et que tu ne sois mis en prison.

26 Je te le dis en vérité, tu ne sortiras pas de là, que tu n'aies payé le dernier quadrin.

27 Vous avez entendu qu'il a été dit aux anciens: Tu ne commettras point d'adultère.

28 Mais moi je vous dis que chacun qui regarde une femme pour la convoiter, a déjà commis un adultère avec elle dans son coeur.

29 Et si ton oeil droit te fait tomber dans le péché, arrache-le, et jette-le loin de toi; car il vaut mieux pour toi qu'un de tes membres périsse, que si tout ton corps était jeté dans l’angoisse du mépris.

30 Et si ta main droite te fait tomber dans le péché, coupe-la, et jette-la loin de toi; car il vaut mieux pour toi qu'un de tes membres périsse, que si tout ton corps était jeté dans l’angoisse du mépris.

31 Il a été dit aussi: Si quelqu'un répudie sa femme, qu'il lui donne une lettre de divorce.

32 Mais moi je vous dis que quiconque répudiera sa femme, si ce n'est pour cause de perversion, la fait devenir adultère; et que quiconque se mariera à la femme répudiée, commettra un adultère.

33 Vous avez encore entendu qu'il a été dit aux anciens: Tu ne te parjureras point, mais tu garderas tes serments envers le Seigneur.

34 Mais moi je vous dis: Ne jurez point du tout, ni par le ciel, car c'est le trône de Dieu;

35 Ni par la terre, car c'est le support de ses pieds; ni par Jérusalem, car c'est la ville du grand Roi.

36 Ne jure pas non plus par ta tête; car tu ne peux faire devenir un seul cheveu blanc ou noir.

37 Mais que votre parole soit: Oui, oui, Non, non; ce qu'on dit de plus, vient de la malice.

38 Vous avez entendu qu'il a été dit: Oeil pour oeil, et dent pour dent.

39 Mais moi je vous dis de ne pas résister au méchant; mais si quelqu'un te frappe à la joue droite, présente-lui aussi l'autre.

40 Et si quelqu'un veut plaider contre toi, et t'ôter ta robe, laisse-lui encore le manteau.

41 Et si quelqu'un te contraint d'aller un mille avec lui, vas-en deux.

42 Donne à celui qui te demande, et ne te détourne point de celui qui veut emprunter de toi.

43 Vous avez entendu qu'il a été dit: Tu aimeras ton prochain, et tu haïras ton ennemi.

44 Mais moi je vous dis: Aimez vos ennemis, bénissez ceux qui vous maudissent; faites du bien à ceux qui vous haïssent, et priez pour ceux qui vous outragent et qui vous persécutent;

45 Afin que vous soyez des enfants de votre Père qui est dans les cieux; car il fait lever son soleil sur les méchants et sur les bons, et il fait pleuvoir sur les justes et sur les injustes.

46 Car si vous n'aimez que ceux qui vous aiment, quelle récompense en aurez-vous? Les péagers même n'en font-ils pas autant?

47 Et si vous ne faites accueil qu'à vos frères, que faites-vous d'extraordinaire? Les péagers même n'en font-ils pas autant?

48 Soyez donc irréprochable, comme votre Père qui est dans les cieux est irréprochable.