1 Hoor hierdie woord wat die HERE oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:

2 Julle alleen het Ek geken uit al die geslagte van die aarde; d rom sal Ek by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede.

3 Sal twee met mekaar wandel tensy hulle eers afgespreek het?

4 Sal 'n leeu brul in die woud as hy geen prooi het nie? Sal 'n jong leeu sy stem uit sy lêplek laat hoor as hy niks gevang het nie?

5 Sal 'n voël in 'n net val op die grond as daar vir hom geen strik gestel is nie? Sal 'n wip van die grond af opspring as dit glad nie gevang het nie?

6 Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar 'n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?

7 Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.

8 Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?

9 Roep dit uit oor die paleise van Asdod en oor die paleise van Egipteland en sê: Versamel julle op die berge van Samar¡a, en aanskou die groot beroering in die midde van die stad en die verdrukking daarbinne.

10 Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die HERE -- hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.

11 Daarom, so sê die Here HERE: 'n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.

12 So sê die HERE: Soos 'n herder 'n paar pote of 'n oorlappie red uit die bek van 'n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samar¡a in die hoek van 'n bed of op die dam s van 'n rusbank sit.

13 Hoor en waarsku die huis van Jakob, spreek die Here HERE, die God van die leërskare,

14 dat Ek in die dag as Ek die oortredinge van Israel aan hom besoek, ook besoeking sal doen oor die altare van Bet-el, sodat die horings van die altaar afgekap sal word en op die grond val.

15 Dan sal Ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek die HERE.

1 Hear this word that Jehovah hath spoken against you, O children of Israel, against the whole family which I brought up out of the land of Egypt, saying, 2 You only have I known of all the families of the earth: therefore I will visit upon you all your iniquities. 3 Shall two walk together, except they have agreed? 4 Will a lion roar in the forest, when he hath no prey? will a young lion cry out of his den, if he have taken nothing? 5 Can a bird fall in a snare upon the earth, where no gin is set for him? shall a snare spring up from the ground, and have taken nothing at all? 6 Shall the trumpet be blown in a city, and the people not be afraid? shall evil befall a city, and Jehovah hath not done it? 7 Surely the Lord Jehovah will do nothing, except he reveal his secret unto his servants the prophets. 8 The lion hath roared; who will not fear? The Lord Jehovah hath spoken; who can but prophesy?

9 Publish ye in the palaces at Ashdod, and in the palaces in the land of Egypt, and say, Assemble yourselves upon the mountains of Samaria, and behold what great tumults are therein, and what oppressions in the midst thereof. 10 For they know not to do right, saith Jehovah, who store up violence and robbery in their palaces. 11 Therefore thus saith the Lord Jehovah: An adversary there shall be, even round about the land; and he shall bring down thy strength from thee, and thy palaces shall be plundered. 12 Thus saith Jehovah: As the shepherd rescueth out of the mouth of the lion two legs, or a piece of an ear, so shall the children of Israel be rescued that sit in Samaria in the corner of a couch, and on the silken cushions of a bed.

13 Hear ye, and testify against the house of Jacob, saith the Lord Jehovah, the God of hosts. 14 For in the day that I shall visit the transgressions of Israel upon him, I will also visit the altars of Beth-el; and the horns of the altar shall be cut off, and fall to the ground. 15 And I will smite the winter-house with the summer-house; and the houses of ivory shall perish, and the great houses shall have an end, saith Jehovah.