1 En daarna het Paulus uit Ath,ne vertrek en in Korinthe gekom.

2 En hy het 'n Jood gevind met die naam van Aquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Prisc¡lla van Italië gekom het, omdat Claudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;

3 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers van ambag.

4 En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.

5 En toe Silas en Timothes van Macedonië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.

6 Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.

7 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, wat 'n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.

8 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.

9 En die Here het deur 'n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;

10 want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.

11 En hy het daar gebly 'n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.

12 En toe G llio goewerneur van Ach je was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring

13 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God op onwettige wyse te vereer.

14 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê G llio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;

15 maar as dit 'n geskil is oor 'n woord en oor name en oor 'n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.

16 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.

17 En al die Grieke het Sosthenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en G llio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.

18 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en na S¡rië uitgeseil, en saam met hom Prisc¡lla en Aquila. En in Kenchr,ë het hy sy hoof geskeer, want hy het 'n gelofte gedoen.

19 En hy het in fese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.

20 En toe hulle versoek dat hy langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,

21 maar van hulle afskeid geneem en gesê: Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom as God wil. En hy het van fese afgevaar.

22 En toe hy in Cesar,a gekom het en opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis na Antioch¡ë.

23 En nadat hy 'n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die land Gal sië en Fr¡gië deurgereis en al die dissipels versterk.

24 En 'n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandr¡ë gebore was, 'n welsprekende man, het in fese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.

25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.

26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en Prisc¡lla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.

27 En toe hy wou deurgaan na Ach je, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;

28 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.

1 After these things he departed from Athens, and came to Corinth. 2 And he found a certain Jew named Aquila, a man of Pontus by race, lately come from Italy, with his wife Priscilla, because Claudius had commanded all the Jews to depart from Rome: and he came unto them; 3 and because he was of the same trade, he abode with them, and they wrought; for by their trade they were tentmakers. 4 And he reasoned in the synagogue every sabbath, and persuaded Jews and Greeks. 5 But when Silas and Timothy came down from Macedonia, Paul was constrained by the word, testifying to the Jews that Jesus was the Christ. 6 And when they opposed themselves and blasphemed, he shook out his raiment and said unto them, Your blood be upon your own heads; I am clean: from henceforth I will go unto the Gentiles. 7 And he departed thence, and went into the house of a certain man named Titus Justus, one that worshipped God, whose house joined hard to the synagogue. 8 And Crispus, the ruler of the synagogue, believed in the Lord with all his house; and many of the Corinthians hearing believed, and were baptized. 9 And the Lord said unto Paul in the night by a vision, Be not afraid, but speak and hold not thy peace: 10 for I am with thee, and no man shall set on thee to harm thee: for I have much people in this city. 11 And he dwelt there a year and six months, teaching the word of God among them.

12 But when Gallio was proconsul of Achaia, the Jews with one accord rose up against Paul and brought him before the judgment-seat, 13 saying, This man persuadeth men to worship God contrary to the law. 14 But when Paul was about to open his mouth, Gallio said unto the Jews, If indeed it were a matter of wrong or of wicked villany, O ye Jews, reason would that I should bear with you: 15 but if they are questions about words and names and your own law, look to it yourselves; I am not minded to be a judge of these matters. 16 And he drove them from the judgment-seat. 17 And they all laid hold on Sosthenes, the ruler of the synagogue, and beat him before the judgment-seat. And Gallio cared for none of these things.

18 And Paul, having tarried after this yet many days, took his leave of the brethren, and sailed thence for Syria, and with him Priscilla and Aquila: having shorn his head in Cenchreæ; for he had a vow. 19 And they came to Ephesus, and he left them there: but he himself entered into the synagogue, and reasoned with the Jews. 20 And when they asked him to abide a longer time, he consented not; 21 but taking his leave of them, and saying, I will return again unto you if God will, he set sail from Ephesus.

22 And when he had landed at Cæsarea, he went up and saluted the church, and went down to Antioch. 23 And having spent some time there, he departed, and went through the region of Galatia, and Phrygia, in order, establishing all the disciples.

24 Now a certain Jew named Apollos, an Alexandrian by race, an eloquent man, came to Ephesus; and he was mighty in the scriptures. 25 This man had been instructed in the way of the Lord; and being fervent in spirit, he spake and taught accurately the things concerning Jesus, knowing only the baptism of John: 26 and he began to speak boldly in the synagogue. But when Priscilla and Aquila heard him, they took him unto them, and expounded unto him the way of God more accurately. 27 And when he was minded to pass over into Achaia, the brethren encouraged him, and wrote to the disciples to receive him: and when he was come, he helped them much that had believed through grace; 28 for he powerfully confuted the Jews, and that publicly, showing by the scriptures that Jesus was the Christ.