1 Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,

2 die held en die krygsman, die regter en die profeet en die waarsêer en die oudste;

3 die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder.

4 En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers.

5 En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.

6 As 'n man sy broer aangryp in die huis van sy vader en sê: Jy het 'n kleed, jy moet owerste oor ons wees, en laat hierdie ingestorte puinhoop onder jou toesig wees --

7 dan sal hy in die dag uitroep en sê: Ek kan geen geneesheer wees nie, en in my huis is geen brood en geen kleed nie; maak my nie 'n owerste van die volke nie.

8 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.

9 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!

10 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.

11 Wee die goddelose! Met hom gaan dit sleg; want wat sy hande gewerk het, sal hom aangedoen word.

12 Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak.

13 Die HERE staan daar om 'n regstryd te voer: Hy tree op om die volke te vonnis.

14 Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, julle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.

15 Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.

16 Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,

17 daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.

18 In die dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;

19 die oorversiersels en die armbande en die sluiers;

20 die hoofversiersels en die voetkettinkies en die pronkgordels en die reukflessies en die towermiddels;

21 die vingerringe en die neusringe;

22 die feesklere en die manteltjies en die tjalies en die handsakkies;

23 die handspieëltjies en die hemde en die tulbande en die wye mantels.

24 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van 'n gordel 'n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van 'n pronkgewaad 'n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.

25 Jou manne, o Sion, sal deur die swaard val en jou helde in die oorlog.

26 En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.

1 For, behold, the Lord, Jehovah of hosts, doth take away from Jerusalem and from Judah stay and staff, the whole stay of bread, and the whole stay of water; 2 the mighty man, and the man of war; the judge, and the prophet, and the diviner, and the elder; 3 the captain of fifty, and the honorable man, and the counsellor, and the expert artificer, and the skilful enchanter. 4 And I will give children to be their princes, and babes shall rule over them. 5 And the people shall be oppressed, every one by another, and every one by his neighbor: the child shall behave himself proudly against the old man, and the base against the honorable. 6 When a man shall take hold of his brother in the house of his father, saying, Thou hast clothing, be thou our ruler, and let this ruin be under thy hand; 7 in that day shall he lift up his voice, saying, I will not be a healer; for in my house is neither bread nor clothing: ye shall not make me ruler of the people. 8 For Jerusalem is ruined, and Judah is fallen; because their tongue and their doings are against Jehovah, to provoke the eyes of his glory. 9 The show of their countenance doth witness against them; and they declare their sin as Sodom, they hide it not. Woe unto their soul! for they have done evil unto themselves. 10 Say ye of the righteous, that it shall be well with him; for they shall eat the fruit of their doings. 11 Woe unto the wicked! it shall be ill with him; for what his hands have done shall be done unto him. 12 As for my people, children are their oppressors, and women rule over them. O my people, they that lead thee cause thee to err, and destroy the way of thy paths.

13 Jehovah standeth up to contend, and standeth to judge the peoples. 14 Jehovah will enter into judgment with the elders of his people, and the princes thereof: It is ye that have eaten up the vineyard; the spoil of the poor is in your houses: 15 what mean ye that ye crush my people, and grind the face of the poor? saith the Lord, Jehovah of hosts.

16 Moreover Jehovah said, Because the daughters of Zion are haughty, and walk with outstretched necks and wanton eyes, walking and mincing as they go, and making a tinkling with their feet; 17 therefore the Lord will smite with a scab the crown of the head of the daughters of Zion, and Jehovah will lay bare their secret parts. 18 In that day the Lord will take away the beauty of their anklets, and the cauls, and the crescents; 19 the pendants, and the bracelets, and the mufflers; 20 the headtires, and the ankle chains, and the sashes, and the perfume-boxes, and the amulets; 21 the rings, and the nose-jewels; 22 the festival robes, and the mantles, and the shawls, and the satchels; 23 the hand-mirrors, and the fine linen, and the turbans, and the veils. 24 And it shall come to pass, that instead of sweet spices there shall be rottenness; and instead of a girdle, a rope; and instead of well set hair, baldness; and instead of a robe, a girding of sackcloth; branding instead of beauty. 25 Thy men shall fall by the sword, and thy mighty in the war. 26 And her gates shall lament and mourn; and she shall be desolate and sit upon the ground.