1 En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê:

2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninev,, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.

3 Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninev, volgens die woord van die HERE. En Ninev, was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.

4 En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninev, verwoes.

5 En die manne van Ninev, het God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.

6 En toe die berig die koning van Ninev, bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.

7 En hy het in Ninev, laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne -- geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;

8 maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.

9 Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?

10 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.

1 And the word of Jehovah came unto Jonah the second time, saying, 2 Arise, go unto Nineveh, that great city, and preach unto it the preaching that I bid thee. 3 So Jonah arose, and went unto Nineveh, according to the word of Jehovah. Now Nineveh was an exceeding great city, of three days’ journey. 4 And Jonah began to enter into the city a day’s journey, and he cried, and said, Yet forty days, and Nineveh shall be overthrown. 5 And the people of Nineveh believed God; and they proclaimed a fast, and put on sackcloth, from the greatest of them even to the least of them. 6 And the tidings reached the king of Nineveh, and he arose from his throne, and laid his robe from him, and covered him with sackcloth, and sat in ashes. 7 And he made proclamation and published through Nineveh by the decree of the king and his nobles, saying, Let neither man nor beast, herd nor flock, taste anything; let them not feed, nor drink water; 8 but let them be covered with sackcloth, both man and beast, and let them cry mightily unto God: yea, let them turn every one from his evil way, and from the violence that is in his hands. 9 Who knoweth whether God will not turn and repent, and turn away from his fierce anger, that we perish not? 10 And God saw their works, that they turned from their evil way; and God repented of the evil which he said he would do unto them; and he did it not.