1 Wat sal ons dan sê, het Abraham, ons vader na die vlees, verkry?

2 Want as Abraham uit die werke geregverdig is, het hy iets om op te roem, maar nie teenoor God nie.

3 Want wat sê die Skrif? Abraham het in God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken.

4 Maar aan hom wat werk, word die loon nie na guns toegereken nie, maar na verdienste;

5 aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.

6 Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke:

7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.

8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.

9 Hierdie saligspreking dan, sien dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: Aan Abraham is die geloof tot geregtigheid gereken.

10 Hoe is dit dan toegereken toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.

11 En hy het die teken van die besnydenis ontvang as 'n seël van die geregtigheid van die geloof toe hy nog nie besny was nie; dat hy die vader sou wees van almal wat glo terwyl hulle onbesnede is, sodat ook aan hulle die geregtigheid toegereken sou word;

12 en ook 'n vader van die besnydenis vir die wat nie alleen uit die besnydenis is nie, maar ook wandel in die voetstappe van die geloof van ons vader Abraham toe hy onbesnede was.

13 Want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het Abraham of sy nageslag nie deur die wet verkry nie, maar deur die geregtigheid van die geloof.

14 Want as hulle wat uit die wet is, erfgename is, dan het die geloof waardeloos geword en die belofte tot niet geraak.

15 Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie.

16 Daarom is dit uit die geloof, sodat dit volgens genade kan wees en die belofte kan vasstaan vir die hele nageslag; nie alleen vir die wat uit die wet is nie, maar ook vir die wat uit die geloof van Abraham is, die vader van ons almal

17 soos geskrywe is: Ek het jou 'n vader van baie nasies gemaak voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.

18 Hy het teen hoop op hoop geglo dat hy vader sou word van baie volke volgens wat gesê was: So sal jou nageslag wees.

19 En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.

20 En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee

21 en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het.

22 Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken.

23 Maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat dit hom toegereken is nie,

24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,

25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.

1 What then shall we say that Abraham, our forefather, hath found according to the flesh? 2 For if Abraham was justified by works, he hath whereof to glory; but not toward God. 3 For what saith the scripture? And Abraham believed God, and it was reckoned unto him for righteousness. 4 Now to him that worketh, the reward is not reckoned as of grace, but as of debt. 5 But to him that worketh not, but believeth on him that justifieth the ungodly, his faith is reckoned for righteousness. 6 Even as David also pronounceth blessing upon the man, unto whom God reckoneth righteousness apart from works, 7 saying,

Blessed are they whose iniquities are forgiven,

And whose sins are covered.

8 Blessed is the man to whom the Lord will not reckon sin.

9 Is this blessing then pronounced upon the circumcision, or upon the uncircumcision also? for we say, To Abraham his faith was reckoned for righteousness. 10 How then was it reckoned? when he was in circumcision, or in uncircumcision? Not in circumcision, but in uncircumcision: 11 and he received the sign of circumcision, a seal of the righteousness of the faith which he had while he was in uncircumcision: that he might be the father of all them that believe, though they be in uncircumcision, that righteousness might be reckoned unto them; 12 and the father of circumcision to them who not only are of the circumcision, but who also walk in the steps of that faith of our father Abraham which he had in uncircumcision. 13 For not through the law was the promise to Abraham or to his seed that he should be heir of the world, but through the righteousness of faith. 14 For if they that are of the law are heirs, faith is made void, and the promise is made of none effect: 15 for the law worketh wrath; but where there is no law, neither is there transgression. 16 For this cause it is of faith, that it may be according to grace; to the end that the promise may be sure to all the seed; not to that only which is of the law, but to that also which is of the faith of Abraham, who is the father of us all 17 (as it is written, A father of many nations have I made thee) before him whom he believed, even God, who giveth life to the dead, and calleth the things that are not, as though they were. 18 Who in hope believed against hope, to the end that he might become a father of many nations, according to that which had been spoken, So shall thy seed be. 19 And without being weakened in faith he considered his own body now as good as dead (he being about a hundred years old), and the deadness of Sarah’s womb; 20 yet, looking unto the promise of God, he wavered not through unbelief, but waxed strong through faith, giving glory to God, 21 and being fully assured that what he had promised, he was able also to perform. 22 Wherefore also it was reckoned unto him for righteousness. 23 Now it was not written for his sake alone, that it was reckoned unto him; 24 but for our sake also, unto whom it shall be reckoned, who believe on him that raised Jesus our Lord from the dead, 25 who was delivered up for our trespasses, and was raised for our justification.