1 Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.

2 Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?

3 En Josua was bekleed met vuil klere, terwyl hy voor die Engel staan.

4 Daarop het Hy aangehef en gesê aan die wat voor Hom staan: Neem die vuil klere van hom weg. Toe sê Hy vir hom: Kyk, Ek het jou skuld van jou weggeneem, en Ek beklee jou met feesklere.

5 Daarop sê ek: Laat hulle 'n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan.

6 En die Engel van die HERE het Josua plegtig verseker en gesê:

7 So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.

8 Luister tog, o Josua, jy wat die hoëpriester is, jy en jou vriende wat voor jou sit -- ja, wondertekens is hulle. Want kyk, Ek sal my Kneg, die Spruit, laat kom!

9 Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het -- op die een steen is daar sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.

10 In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.

1 And he showed me Joshua the high priest standing before the angel of Jehovah, and Satan standing at his right hand to be his adversary. 2 And Jehovah said unto Satan, Jehovah rebuke thee, O Satan; yea, Jehovah that hath chosen Jerusalem rebuke thee: is not this a brand plucked out of the fire? 3 Now Joshua was clothed with filthy garments, and was standing before the angel. 4 And he answered and spake unto those that stood before him, saying, Take the filthy garments from off him. And unto him he said, Behold, I have caused thine iniquity to pass from thee, and I will clothe thee with rich apparel. 5 And I said, Let them set a clean mitre upon his head. So they set a clean mitre upon his head, and clothed him with garments; and the angel of Jehovah was standing by.

6 And the angel of Jehovah protested unto Joshua, saying, 7 Thus saith Jehovah of hosts: If thou wilt walk in my ways, and if thou wilt keep my charge, then thou also shalt judge my house, and shalt also keep my courts, and I will give thee a place of access among these that stand by. 8 Hear now, O Joshua the high priest, thou and thy fellows that sit before thee; for they are men that are a sign: for, behold, I will bring forth my servant the Branch. 9 For, behold, the stone that I have set before Joshua; upon one stone are seven eyes: behold, I will engrave the graving thereof, saith Jehovah of hosts, and I will remove the iniquity of that land in one day. 10 In that day, saith Jehovah of hosts, shall ye invite every man his neighbor under the vine and under the fig-tree.