1 En Nahas, die Ammoniet, het opgetrek en Jabes in G¡lead beleër; en al die manne van Jabes het aan Nahas gesê: Sluit met ons 'n verbond, dan sal ons u dien.

2 Maar Nahas, die Ammoniet, het vir hulle gesê: Op hierdie voorwaarde sal ek die verbond met julle sluit, dat ek julle almal die regteroog uitsteek en dit as 'n skande op die hele Israel kan lê.

3 Toe sê die oudstes van Jabes vir hom: Laat ons sewe dae lank met rus, dat ons boodskappers in die hele gebied van Israel kan stuur; as daar dan niemand is wat ons verlos nie, sal ons na u toe uittrek.

4 En die boodskappers het in G¡bea van Saul gekom en die woorde voor die ore van die volk gespreek. Daarop verhef die hele volk hulle stem en ween.

5 Toe kom Saul juis aan agter die beeste van die veld af, en Saul sê: Wat is dit met die volk, dat hulle ween? En hulle vertel hom die woorde van die manne van Jabes.

6 En die Gees van God het oor Saul vaardig geword terwyl hy die woorde hoor, en hy het baie kwaad geword.

7 En hy het 'n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie -- so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die HERE op die volk en hulle trek soos een man uit.

8 En hy het hulle gemonster in Besek: die kinders van Israel was drie honderd duisend en die manne van Juda dertig duisend.

9 En hulle het aan die boodskappers wat gekom het, gesê: So moet julle aan die manne van Jabes in G¡lead sê: M"re as die son op sy warmste is, sal julle hulp kry. Toe die boodskappers ingaan en dit aan die manne van Jabes meedeel, was hulle bly.

10 En die manne van Jabes sê: M"re sal ons na julle uittrek, en julle kan met ons doen net soos dit goed is in julle oë.

11 Maar die volgende môre het Saul die manskappe in drie afdelings opgestel, en hulle het met die môre wag in die laer ingekom en die Ammoniete verslaan tot op die warmste van die dag; en die ander het so verstrooid geraak dat nie twee onder hulle bymekaar gebly het nie.

12 Daarna sê die manskappe vir Samuel: Wie is dit wat gevra het: Sou Saul oor ons regeer? Lewer die manne uit, dat ons hulle kan doodmaak.

13 Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die HERE 'n verlossing in Israel bewerk.

14 Toe sê Samuel aan die volk: Kom, laat ons na Gilgal gaan en daar die koningskap vernuwe.

15 En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die HERE in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die HERE geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.

1 Ammon Kralı Nahaş Yaveş-Gilat üzerine yürüyüp kenti kuşattı. Bütün Yaveşliler, Nahaşa, ‹‹Bizimle bir antlaşma yap, sana kulluk ederiz›› dediler.

2 Ama Ammonlu Nahaş, ‹‹Ancak bir koşulla sizinle antlaşma yaparım›› diye karşılık verdi, ‹‹Bütün İsrail halkını küçük düşürmek için her birinizin sağ gözünü oyup çıkaracağım.››

3 Yaveş Kentinin ileri gelenleri ona, ‹‹İsrailin her bölgesine ulaklar göndermemiz için bize yedi günlük bir süre tanı›› dediler, ‹‹Eğer bizi kurtaracak kimse çıkmazsa o zaman sana teslim oluruz.››

4 Ulaklar Saulun yaşadığı Giva Kentine gelip olanları halka bildirince, herkes hıçkıra hıçkıra ağlamaya başladı.

5 Tam o sırada Saul, öküzlerinin ardında, tarladan dönüyordu. ‹‹Halka ne oldu? Neden böyle ağlıyorlar?›› diye sordu. Yaveşlilerin söylediklerini ona anlattılar.

6 Saul bu sözleri duyunca, Tanrının Ruhu güçlü bir biçimde onun üzerine indi. Saul çok öfkelendi.

7 Bir çift öküz alıp parçaladı. Ulaklar aracılığıyla İsrailin her bölgesine bu parçaları gönderip şöyle dedi: ‹‹Saul ile Samuelin ardınca gelmeyen herkesin öküzlerine de aynı şey yapılacaktır.›› Halk RAB korkusuyla sarsıldı ve tek beden halinde yola çıktı.

8 Saul onları Bezekte topladı. İsrail halkı üç yüz bin, Yahudalılar ise otuz bin kişiydi.

9 Oraya gelen Yaveşli ulaklara şöyle dediler: ‹‹Yaveş-Gilat halkına, ‹Yarın öğleye doğru kurtarılacaksınız› deyin.›› Ulaklar gidip bu haberi iletince Yaveşliler sevindi.

10 Ammonlulara, ‹‹Yarın size teslim olacağız›› dediler, ‹‹Bize ne dilerseniz yapın.››

11 Ertesi gün Saul adamlarını üç bölüğe ayırdı. Adamlar sabah nöbetinde Ammonluların ordugahına girdi. Kırım günün en sıcak zamanına dek sürdü. Sağ kalanlar dağıldı; iki kişi bile bir arada kalmadı.

12 Bundan sonra halk Samuele, ‹‹ ‹Saul mu bize krallık yapacak?› diyenler kimdi? Getirin onları, öldürelim›› dedi.

13 Ama Saul, ‹‹Bugün hiç kimse öldürülmeyecek›› diye yanıtladı, ‹‹Çünkü RAB bugün İsrail halkına kurtuluş verdi.››

14 Samuel halka, ‹‹Haydi, Gilgala gidip orada krallığı yeniden onaylayalım›› dedi.

15 Böylece bütün halk Gilgal'a gidip RAB'bin önünde Saul'un kral olduğunu onayladı. Orada, RAB'bin önünde esenlik kurbanları kestiler; Saul da bütün İsrailliler de büyük bir sevinç yaşadılar.