1 En die apostels en die broeders wat in Judiawas, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.

2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis

3 en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.

4 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:

5 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in 'n verrukking van sinne het ek 'n gesig gesien: 'n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos 'n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.

6 En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.

7 En ek hoor 'n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!

8 Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.

9 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.

10 En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.

11 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesar,a na my gestuur was.

12 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.

13 En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;

14 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.

15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.

16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?

18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.

19 Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor St,fanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fen¡cië en Ciprus en Antioch¡ë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.

20 En daar was sommige van hulle, Cipriese en Ciren,se manne, wat in Antioch¡ë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.

21 En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.

22 En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het B rnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antioch¡ë.

23 Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;

24 want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.

25 Toe vertrek B rnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antioch¡ë gebring.

26 En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antioch¡ë vir die eerste keer Christene genoem.

27 En in die dae het daar profete van Jerusalem na Antioch¡ë afgekom.

28 En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.

29 En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Jud,a woon.

30 En dit het hulle ook gedoen en dit deur B rnabas en Saulus aan die ouderlinge gestuur.

1 Elçilerle bütün Yahudiyedeki kardeşler, öteki ulusların da Tanrının sözünü kabul ettiklerini duydular.

2 Ama Petrus Yeruşalime gittiği zaman sünnet yanlıları onu eleştirdiler.

3 ‹‹Sünnetsiz kişilerin evine gidip yemek yemişsin!›› dediler.

4 Petrus baştan başlayarak olanları tek tek onlara anlattı.

5 ‹‹Ben Yafa Kentinde dua ediyordum›› dedi. ‹‹Kendimden geçerek bir görüm gördüm. Büyük bir çarşafı andıran bir nesnenin dört köşesinden sarkıtıldığını, bunun gökten inip benim bulunduğum yere kadar geldiğini gördüm.

6 Gözlerimi çarşafa dikip dikkatle baktım. Çarşafın içinde, yeryüzünde yaşayan dört ayaklılar, yabanıl hayvanlar, sürüngenler ve kuşlar gördüm.

7 Sonra bir sesin bana, ‹Kalk, Petrus, kes ve ye!› dediğini işittim.

8 ‹‹ ‹Asla olmaz, ya Rab!› dedim. ‹Ağzıma hiçbir zaman bayağı ya da murdar bir şey girmedi.›

9 ‹‹Ses ikinci kez gökten geldi: ‹Tanrının temiz kıldıklarına sen bayağı deme› dedi.

10 Bu, üç kez tekrarlandı; sonra her şey yeniden göğe alındı.

11 ‹‹Tam o sırada Sezariyeden bana gönderilen üç kişi, bulunduğumuz evin önünde durdular.

12 Ruh bana, ayrım gözetmeden onlarla birlikte gitmemi söyledi. Bu altı kardeş de benimle geldiler, varıp adamın evine girdik.

13 Adam bize, evinde beliren meleği nasıl gördüğünü anlattı. Melek ona şöyle demiş: ‹Yafaya adam yolla, Petrus diye tanınan Simunu çağırt.

14 O sana, senin ve bütün ev halkının kurtuluş bulacağı sözler söyleyecek.›

15 ‹‹Ben konuşmaya başlayınca Kutsal Ruh, başlangıçta bizim üzerimize indiği gibi, onların da üzerine indi.

16 O zaman Rabbin söylediği şu sözü anımsadım: ‹Yahya suyla vaftiz etti, sizler ise Kutsal Ruhla vaftiz edileceksiniz.›

17 Böylelikle Tanrı, Rab İsa Mesihe inanmış olan bizlere verdiği armağanın aynısını onlara verdiyse, ben kimim ki Tanrıya karşı koyayım?››

18 Bunları dinledikten sonra yatıştılar. Tanrıyı yücelterek şöyle dediler: ‹‹Demek ki Tanrı, tövbe etme ve yaşama kavuşma fırsatını öteki uluslara da vermiştir.››

19 İstefanosun öldürülmesiyle başlayan baskı sonucu dağılan imanlılar, Fenike, Kıbrıs ve Antakyaya kadar gittiler. Tanrı sözünü sadece Yahudilere duyuruyorlardı.

20 Ama içlerinden Kıbrıslı ve Kireneli olan bazı adamlar Antakyaya gidip Greklerle de konuşmaya başladılar. Onlara Rab İsayla ilgili Müjdeyi bildirdiler.

21 Onların arasında etkin olan Rabbin gücü sayesinde çok sayıda kişi inanıp Rabbe döndü.

22 Olup bitenlerin haberi, Yeruşalimdeki kiliseye ulaştı. Bunun üzerine imanlılar Barnabayı Antakyaya gönderdiler.

23 Kutsal Ruhla ve imanla dolu, iyi bir adam olan Barnaba, Antakyaya varıp Tanrı lütfunun meyvelerini görünce sevindi. Herkesi, candan ve yürekten Rabbe bağlı kalmaya özendirdi. Sonuç olarak Rabbe daha birçok kişi kazanıldı.

25 Sonra Barnaba, Saulu aramak için Tarsusa gitti. Onu bulunca da Antakyaya getirdi. Böylece Barnabayla Saul bir yıl boyunca oradaki inanlılar topluluğuyla bir araya gelerek büyük bir kitleyi eğittiler. Öğrencilere ilk kez Antakyada Mesihçiler adı verildi.

27 O günlerde Yeruşalimden Antakyaya bazı peygamberler geldi.

28 Bunlardan Hagavos adlı biri ortaya çıkıp bütün dünyada şiddetli bir kıtlık olacağını Ruh aracılığıyla bildirdi. Bu kıtlık, Klavdiusun imparatorluğu sırasında oldu.

29 Öğrenciler, her biri kendi gücü oranında, Yahudiyede yaşayan kardeşlere gönderilmek üzere yardım toplamayı kararlaştırdılar.

30 Bu kararı yerine getirip bağışlarını Barnaba ve Saul'un eliyle kilisenin ihtiyarlarına gönderdiler.