1 Paulus, 'n apostel nie vanweë mense of deur 'n mens nie, maar deur Jesus Christus en God die Vader wat Hom uit die dode opgewek het,

2 en al die broeders wat by my is -- aan die gemeentes van Gal sië:

3 Genade vir julle en vrede van God die Vader en onse Here Jesus Christus,

4 wat Homself gegee het vir ons sondes, sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wêreld, volgens die wil van onse God en Vader,

5 aan wie die heerlikheid toekom in alle ewigheid! Amen.

6 Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na 'n ander evangelie toe,

7 terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai.

8 Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!

9 Soos ons vantevore gesê het, sê ek nou ook weer: As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!

10 Soek ek dan nou die guns van mense, of van God? Of probeer ek om mense te behaag? As ek nog mense behaag, dan sou ek nie 'n dienskneg van Christus wees nie.

11 Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie.

12 Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus.

13 Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het;

14 en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral 'n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.

15 Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het,

16 om sy Seun in my te openbaar, sodat ek Hom onder die heidene sou verkondig, het ek dadelik nie vlees en bloed geraadpleeg nie,

17 en ook nie na Jerusalem opgegaan na die wat voor my apostels was nie, maar na Arabië vertrek en weer teruggekom na Damaskus.

18 Vervolgens, drie jaar daarna, het ek na Jerusalem opgegaan om met Petrus kennis te maak en vyftien dae by hom gebly;

19 en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here.

20 En wat ek julle skryf -- voor die aangesig van God, ek lieg nie!

21 Daarna het ek gekom in die streke van S¡rië en Cil¡cië;

22 en ek was persoonlik onbekend by die Christelike gemeentes van Jud,a;

23 hulle het net gehoor: hy wat ons vroeër vervolg het, verkondig nou die geloof wat hy vroeër besig was om uit te roei.

24 En hulle het God verheerlik in my.

1 İnsanlarca ya da insan aracılığıyla değil, İsa Mesih ve Onu ölümden dirilten Baba Tanrı aracılığıyla elçi atanan ben Pavlustan ve benimle birlikte olan bütün kardeşlerden Galatyadaki kiliselere selam!

3 Babamız Tanrıdan ve Rab İsa Mesihten sizlere lütuf ve esenlik olsun.

4 Mesih, Babamız Tanrının isteğine uyarak bizi şimdiki kötü çağdan kurtarmak için günahlarımıza karşılık kendini feda etti.

5 Tanrıya sonsuzlara dek yücelik olsun! Amin.

6 Sizi Mesihin lütfuyla çağıranı bırakıp değişik bir müjdeye böylesine çarçabuk dönmenize şaşıyorum.

7 Gerçekte başka bir müjde yoktur. Ancak aklınızı karıştırıp Mesihin Müjdesini çarpıtmak isteyenler vardır.

8 İster biz, ister gökten bir melek size bildirdiğimize ters düşen bir müjde bildirirse, lanet olsun ona!

9 Daha önce söylediğimizi şimdi yine söylüyorum: Bir kimse size kabul ettiğinize ters düşen bir müjde bildirirse, ona lanet olsun!

10 Şimdi ben insanların onayını mı, Tanrının onayını mı arıyorum? Yoksa insanları mı hoşnut etmeye çalışıyorum? Eğer hâlâ insanları hoşnut etmek isteseydim, Mesihin kulu olmazdım.

11 Kardeşlerim, yaydığım Müjdenin insandan kaynaklanmadığını bilmenizi istiyorum.

12 Çünkü ben onu insandan almadım, kimseden de öğrenmedim. Bunu bana İsa Mesih vahiy yoluyla açıkladı.

13 Yahudi dinine bağlı olduğum zaman nasıl bir yaşam sürdüğümü duydunuz. Tanrının kilisesine alabildiğine zulmediyor, onu kırıp geçiriyordum.

14 Yahudi dininde yaşıtım olan soydaşlarımın birçoğundan daha ilerideydim, atalarımın geleneklerini savunmakta çok daha gayretliydim.

15 Ama beni daha annemin rahmindeyken seçip lütfuyla çağıran Tanrı, uluslara müjdelemem için Oğlunu bana göstermeye razı olunca hemen insanlara danışmadım;

17 Yeruşalime, benden önce elçi olanların yanına da gitmedim; Arabistana gittim, sonra yine Şama döndüm.

18 Bundan üç yıl sonra Kefasla tanışmak üzere Yeruşalime gittim, on beş gün onun yanında kaldım.

19 Öbür elçilerden hiçbirini görmedim, yalnız Rab İsanın kardeşi Yakupu gördüm.

20 Bakın, size yazdıklarımın yalan olmadığını Tanrının önünde belirtiyorum.

21 Sonra Suriye ve Kilikya bölgelerine gittim.

22 Yahudiyenin Mesihe ait kiliseleri beni şahsen tanımıyorlardı.

23 Yalnız, ‹‹Bir zamanlar bize zulmeden adam, önceleri yıkmaya çalıştığı imanı şimdi yayıyor›› dendiğini duymuşlardı.

24 Böylece benden ötürü Tanrı'yı yüceltiyorlardı.