7 Toe bring Josef sy vader Jakob in en stel hom aan Farao voor. En Jakob het Farao gegroet met 'n seënwens.
8 Daarop sê Farao vir Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare?
9 En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie.
10 Toe het Jakob Farao gegroet met 'n seënwens en van Farao af weggegaan.
11 En Josef het vir Jakob en sy broers woonplekke aangewys en aan hulle besitting in Egipteland gegee, in die beste deel van die land, in die landstreek Ra„mses, soos Farao beveel het.
12 En Josef het sy vader en sy broers en die hele huis van sy vader met brood onderhou ooreenkomstig die getal van die kinders.
7 Then Joseph made his father Jacob come before Pharaoh, and Jacob gave him his blessing.
8 And Pharaoh said to him, How old are you?
9 And Jacob said, The years of my wanderings have been a hundred and thirty; small in number and full of sorrow have been the years of my life, and less than the years of the wanderings of my fathers.
10 And Jacob gave Pharaoh his blessing, and went out from before him.
11 And Joseph made a place for his father and his brothers, and gave them a heritage in the land of Egypt, in the best of the land, the land of Rameses, as Pharaoh had given orders.
12 And Joseph took care of his father and his brothers and all his father's people, giving them food for the needs of their families.