1 En Salomo het gedink om vir die Naam van die HERE 'n huis te bou en 'n huis vir sy koningskap.
2 En Salomo het sewentig duisend lasdraers afgetel en tagtig duisend klipkappers op die gebergte en drie duisend ses honderd opsigters oor hulle.
3 Toe laat Salomo Huram, die koning van Tirus, weet: Soos u aan my vader Dawid gedoen het deur aan hom seders te stuur, dat hy vir hom 'n huis kon bou om in te woon, doen dit ook aan my.
4 Kyk, ek gaan 'n huis bou vir die Naam van die HERE my God, om dit aan Hom te heilig -- om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôre ns en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God -- 'n ewige verpligting op Israel.
5 En die huis wat ek gaan bou, sal groot wees; want onse God is groter as al die gode.
6 Maar wie is in staat om vir Hom 'n huis te bou? Want die hemele, ja, die hoogste hemel, kan Hom nie bevat nie. Wie is ek dan, dat ek vir Hom 'n huis kan bou, behalwe om voor sy aangesig offers aan die brand te steek?
7 Stuur my dan nou 'n kunsvaardige man om goud en silwer en koper en yster en purperrooi en bloedrooi en pers stowwe te bewerk, en wat verstaan om figure uit te sny saam met die kunstenaars wat by my in Juda en in Jerusalem is, wat my vader Dawid bestel het.
8 Stuur ook aan my seder--, sipres-- en sandelhout van die L¡banon af, want ek weet dat u dienaars verstaan om die hout van die L¡banon te kap; en kyk, my dienaars sal saam met u dienaars wees,
9 naamlik om hout in menigte vir my gereed te maak, want die huis wat ek gaan bou, sal groot en wonderbaar wees.
10 En kyk, ek gee as voedsel aan die houtkappers wat die bome kap, aan u dienaars, twintig duisend kor koring en twintig duisend kor gars en twintig duisend bat wyn en twintig duisend bat olie.
11 En Huram, die koning van Tirus, het in 'n brief gesê wat hy aan Salomo gestuur het: Omdat die HERE sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.
12 Verder het Huram gesê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om 'n huis vir die HERE en 'n huis vir sy koninkryk te bou.
13 Ek stuur dan nou 'n kunstenaar, begaafd met verstand, naamlik Huram Abi,
14 die seun van 'n vrou uit die dogters van Dan, maar wie se vader 'n man van Tirus is, wat verstaan om goud en silwer, koper, yster, klippe en hout, purperrooi, pers stowwe en fyn linne en bloedrooi stowwe te bewerk; en om allerhande figure uit te sny en om enige kunstige plan uit te dink wat aan hom opgedra word, saam met u kunstenaars en die kunstenaars van my heer, u vader Dawid.
15 Laat my heer dan nou die koring en die gars, die olie en die wyn wat hy gesê het, aan sy dienaars stuur.
16 En ons sal bome uit die L¡banon kap net soveel as u nodig het, en ons sal dit vir u as vlotte oor die see na Jafo bring; dan kan u dit na Jerusalem laat vervoer.
17 En Salomo het al die uitlanders getel wat in die land van Israel was, volgens die telling wat sy vader Dawid van hulle gehou het, en dit het geblyk dat daar honderd drie en vyftig duisend ses honderd was.
18 En sewentig duisend van hulle het hy lasdraers gemaak en tagtig duisend klipkappers op die gebergte en drie duisend ses honderd opsigters om die mense te laat werk.
19 Toe Asuba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.
20 En Hur was die vader van Uri; en Uri van Bes leël.
21 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van G¡lead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
22 En Segub was die vader van Ja‹r, en hy het drie en twintig stede in die land G¡lead gehad.
23 En G,sur en Aram het die Ja‹rsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van G¡lead.
24 En n die dood van Hesron in Kaleb-Âfrata het Ab¡a, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekoa, gebaar.
25 En die seuns van Jer gmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ah¡a.
26 Jer gmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van At ra; sy was die moeder van Onam.
27 En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jer gmeël, was Ma„s en Jamin en Eker.
28 En die seuns van Onam was S mmai en Jada; en die seuns van S mmai: Nadab en Ab¡sur.
29 En die naam van die vrou van Ab¡sur was Ab¡hail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.
30 En die seuns van Nadab was Seled en App im; en Seled het gesterwe sonder kinders.
31 En die seuns van App im was J¡se‹; en die seuns van J¡se‹was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.
32 En die seuns van Jada, die broer van S mmai, was Jeter en Jonatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.
33 En die seuns van Jonatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jer gmeël.
34 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;
35 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar.
36 En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;
37 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;
38 en Obed van Jehu, en Jehu van As rja;
39 en As rja van Heles, en Heles van Ele sa;
40 en Ele sa van S¡semai, en S¡semai van Sallum;
41 en Sallum van Jek mja, en Jek mja van Elis ma.
42 En die seuns van Kaleb, die broer van Jer gmeël, was Mesa, sy eersgeborene -- hy was die vader van Sif -- en die seuns van Mar,sa, die vader van Hebron.
43 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappuag en Rekem en Sema.
44 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jorkeam; en Rekem van S mmai.
45 En die seun van S mmai was M on; en M on was die vader van Bet-Sur.
46 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.
47 En die seuns van Johdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Sa„f.
48 Die byvrou van Kaleb, M äga, het Seber en T¡rhana gebaar;
49 en sy het Sa„f gebaar, die vader van Madm nna, Sewa, die vader van Magb,na en die vader van G¡bea; en die dogter van Kaleb was Agsa.
50 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Âfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Je rim,
51 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.
52 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Je rim, was H roë en die helfte van Menugot.
53 En die geslagte van Kirjat-Je rim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misra‹ete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom.
54 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Sore‹ete.
55 En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.
1 솔로몬이 여호와의 이름을 위하여 전을 건축하고 자기 권영을 위하여 궁궐 건축하기를 결심하니라
2 솔로몬이 이에 담군 칠만과 산에 올라 작벌할 자 팔만과 일을 감독할 자 삼천 육백을 뽑고
3 사자를 두로 왕 후람에게 보내어 이르되 당신이 전에 내 부친 다윗에게 백향목을 보내어 그 거할 궁궐을 건축하게 한 것 같이 내게도 그리하소서
4 이제 내가 나의 하나님 여호와의 이름을 위하여 전을 건축하여 구별하여 드리고 주 앞에서 향재료를 사르며 항상 떡을 진설하며 안식일과 초하루와 우리 하나님 여호와의 절기에 조석으로 번제를 드리려 하니 이는 이스라엘의 영원한 규례니이다
5 내가 건축하고자 하는 전은 크니 우리 하나님은 모든 신보다 크심이라
6 누가 능히 하나님을 위하여 전을 건축하리요 하늘과 하늘들의 하늘이라도 주를 용납지 못하겠거든 내가 누구관대 어찌 능히 위하여 전을 건축하리요 그 앞에 분향하려 할 따름이니이다
7 이제 청컨대 당신은 금 은 동 철로 제조하며 자색 홍색 청색실로 직조하며 또 아로새길 줄 아는 공교한 공장하나를 내게 보내어 내 부친 다윗이 유다와 예루살렘에서 예비한 나의 공교한 공장과 함께 일하게 하고
8 또 레바논에서 백향목과 잣나무와 백단목을 내게로 보내소서 내가 알거니와 당신의 종은 레바논에서 벌목을 잘하나니 내 종이 당신의 종을 도울지라
9 이와 같이 나를 위하여 재목을 많이 예비하게 하소서 내가 건축하려 하는 전은 크고 화려할 것이니이다
10 내가 당신의 벌목하는 종에게 용정한 밀 이만석과 보리 이만석과 포도주 이만말과 기름 이만말을 주리이다 하였더라
11 두로 왕 후람이 솔로몬에게 답장하여 가로되 여호와께서 그 백성을 사랑하시므로 당신을 세워 그 왕을 삼으셨도다
12 또 가로되 천지를 지으신 이스라엘 하나님 여호와는 송축을 받으실지로다 다윗 왕에게 지혜로운 아들을 주시고 명철과 총명을 품부하시사 능히 여호와를 위하여 전을 건축하고 자기 권영을 위하여 궁궐을 건축하게 하시도다
13 내가 이제 공교하고 총명한 사람을 보내오니 전에 내 부친 후람에게 속하였던 자라
14 이 사람은 단의 여자 중 한 여인의 아들이요 그 아비는 두로 사람이라 능히 금,은,동,철과, 돌과, 나무와, 자색, 청색, 홍색실과, 가는 베로 일을 잘하며 또 모든 아로새기는 일에 익숙하고 모든 기묘한 식양에 능한 자니 당신의 공교한 공장과 당신의 부친 내 주 다윗의 공교한 공장과 함께 일하게 하소서
15 내 주의 말씀하신 밀과 보리와 기름과 포도주는 주의 종들에게 보내소서
16 우리가 레바논에서 당신의 쓰실 만큼 벌목하여 떼를 엮어 바다에 띄워 욥바로 보내리니 당신은 수운하여 예루살렘으로 올리소서 하였더라
17 전에 솔로몬의 부친 다윗이 이스라엘 땅에 거한 이방 사람을 조사하였더니 이제 솔로몬이 다시 조사하매 모두 십 오만 삼천 육 백인이라
18 그 중에 칠만인은 담군이 되게 하였고 팔만인은 산에서 벌목하게 하였고 삼천 육백인은 감독을 삼아 백성들에게 일을 시키게 하였더라