1 In sy dae het Nebukadn,sar, die koning van Babel, opgetrek, en Jojakim het drie jaar lank sy dienaar geword; daarna het hy weer teen hom gerebelleer.

2 Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon -- Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.

3 Sekerlik het dit volgens die bevel van die HERE oor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;

4 en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou die HERE nie vergewe nie.

5 En die verdere geskiedenis van Jojakim en alles wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

6 En Jojakim het ontslaap met sy vaders, en sy seun Jojagin het in sy plek koning geword.

7 En die koning van Egipte het nie verder meer uit sy land uitgetrek nie, want die koning van Babel het van die spruit van Egipte af tot by die Eufraatrivier alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het.

8 Agttien jaar was Jojagin oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Nehusta, 'n dogter van lnatan, van Jerusalem.

9 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos sy vader gedoen het.

10 In die tyd het die dienaars van Nebukadn,sar, die koning van Babel, na Jerusalem opgetrek en die stad is beleër.

11 En toe Nebukadn,sar, die koning van Babel, by die stad kom, terwyl sy dienaars dit beleër,

12 het Jojagin, die koning van Juda, uitgegaan na die koning van Babel, hy en sy moeder en sy dienaars en sy owerstes en sy hofdienaars, en die koning van Babel het hom gevange geneem in die agtste jaar van sy regering.

13 En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die HERE, soos die HERE gespreek het.

14 En hy het die hele Jerusalem weggevoer en al die owerstes en al die mense van vermoë, tien duisend ballinge, en al die smede en die slotmakers; niemand het oorgebly nie, behalwe die arm mense van die land.

15 En hy het Jojagin in ballingskap weggevoer na Babel, en ook die moeder van die koning en die vroue van die koning en sy hofdienaars; ook die magtiges van die land het hy in ballingskap uit Jerusalem na Babel laat gaan.

16 En al die mense van vermoë, sewe duisend, en die smede en die slotmakers, duisend, almal helde wat oorlog kan voer -- die het die koning van Babel in ballingskap na Babel gebring.

17 En die koning van Babel het Matt nja, die oom van Jojagin, in sy plek koning gemaak en sy naam verander in Sedek¡a.

18 Een en twintig jaar was Sedek¡a oud toe hy koning geword het, en hy het elf jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hamutal, 'n dogter van Jerem¡a, uit Libna.

19 En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE net soos Jojakim gedoen het.

20 Want weens die toorn van die HERE het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. En Sedek¡a het teen die koning van Babel gerebelleer.

1 여호야김 시대에 바벨론 왕 느부갓네살이 올라오매 여호야김이 삼년을 섬기다가 돌이켜 저를 배반하였더니

2 여호와께서 그 종 선지자들로 하신 말씀과 같이 갈대아의 부대와 아람의 부대와 모압의 부대와 암몬자손의 부대를 여호야김에게로 보내어 유다를 쳐 멸하려 하시니

3 이 일이 유다에 임함은 곧 여호와의 명하신바로 저희를 자기 앞에서 물리치고자 하심이니 이는 므낫세의 지은 모든 죄로 인함이며

4 또 저가 무죄한 자의 피를 흘려 그 피로 예루살렘에 가득하게 하였음이라 여호와께서 사하시기를 즐겨하지 아니하시니라

5 여호야김의 남은 사적과 모든 행한 일은 유다 왕 역대지략에 기록 되지 아니하였느냐

6 여호야김이 그 열조와 함께 자매 그 아들 여호야긴이 대신하여 왕이 되니라

7 애굽 왕이 다시는 그 나라에서 나오지 못하였으니 이는 바벨론 왕이 애굽 하수에서부터 유브라데 하수까지 애굽 왕에게 속한 땅을 다 취하였음이더라

8 여호야긴이 위에 나아갈 때에 나이 십 팔세라 예루살렘에서 석달을 치리하니라 그 모친의 이름은 느후스다라 예루살렘 엘라단의 딸이더라

9 여호야긴이 그 부친의 모든 행위를 본받아 여호와 보시기에 악을 행하였더라

10 그 때에 바벨론 왕 느부갓네살의 신복들이 예루살렘에 올라와서 그 성을 에워싸니라

11 그 신복들이 에워쌀 때에 바벨론 왕 느부갓네살도 그 성에 이르니

12 유다 왕 여호야긴이 그 모친과 신복과 방백들과 내시들과 함께 바벨론 왕에게 나아가매 왕이 잡으니 때는 바벨론 왕 팔년이라

13 저가 여호와의 전의 모든 보물과 왕궁 보물을 집어내고 또 이스라엘 왕 솔로몬이 만든 것 곧 여호와의 전의 금 기명을 다 훼파하였으니 여호와의 말씀과 같이 되었더라

14 저가 또 예루살렘의 모든 백성과 모든 방백과 모든 용사 합 일만명과 모든 공장과 대장장이를 사로잡아 가매 빈천한 자 외에는 그 땅에 남은 자가 없었더라

15 저가 여호야긴을 바벨론으로 사로잡아 가고 왕의 모친과 왕의 아내들과 내시와 나라에 권세 있는 자도 예루살렘에서 바벨론으로 사로잡아 가고

16 또 용사 칠천과 공장과 대장장이 일천 곧 다 강장하여 싸움에 능한 자들을 바벨론으로 사로잡아가고

17 바벨론 왕이 또 여호야긴의 아자비 맛다니야로 대신하여 왕을 삼고 그 이름을 고쳐 시드기야라 하였더라

18 시드기야가 위에 나아갈 때에 나이 이십 일세라 예루살렘에서 십일년을 치리하니라 그 모친의 이름은 하무달이라 립나 예레미야의 딸이더라

19 시드기야가 여호야김의 모든 행위를 본받아 여호와 보시기에 악을 행한지라

20 여호와께서 예루살렘과 유다를 진노하심이 저희를 그 앞에서 쫓아 내실 때까지 이르렀더라 시드기야가 바벨론 왕을 배반하니라