1 Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2 Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor Israel.

3 So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4 Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5 In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

6 Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe -- dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

7 Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.

8 En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat 'n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel 'n afkeer het! Daarom sê hulle: 'n Blinde en 'n lamme mag nie in die huis kom nie.

9 En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.

10 En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE, die God van die leërskare, was met hom.

11 Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid 'n huis gebou.

12 So het Dawid dan gewaar geword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.

13 En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.

14 En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: S mmua en Sobab en Natan en Salomo,

15 en Jibhar en Elisua en Nefeg en J fia,

16 en Elis ma en ljada en Elif,let.

17 Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.

18 En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Ref im.

19 Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.

20 Daarop het Dawid na Ba„l-P,rasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy die plek Ba„l-P,rasim genoem.

21 En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem.

22 Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Ref im versprei.

23 Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.

24 En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

25 En Dawid het gedoen net soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van G¡beon af tot naby Geser.

1 이스라엘 모든 지파가 헤브론에 이르러 다윗에게 나아와 말하여 가로되 `보소서 ! 우리는 왕의 골육이니이다

2 전일 곧 사울이 우리의 왕이 되었을 때에도 이스라엘을 거느려 출입하게 한 자는 왕이시었고 여호와께서도 왕에게 말씀하시기를 네가 내 백성 이스라엘의 목자가 되며 이스라엘의 주권자가 되리라 하셨나이다' 하니라

3 이에 이스라엘 모든 장로가 헤브론에 이르러 왕에게 나아오매 다윗 왕이 헤브론에서 여호와 앞에서 저희와 언약을 세우매 저희가 다윗에게 기름을 부어 이스라엘 왕을 삼으니라

4 다윗이 삼십세에 위에 나아가서 사십년을 다스렸으되

5 헤브론에서 칠년 육개월 동안 유다를 다스렸고 예루살렘에서 삼십 삼년 동안 온 이스라엘과 유다를 다스렸더라

6 왕과 그 종자들이 예루살렘으로 가서 그 땅 거민 여부스 사람을 치려 하매 그 사람들이 다윗에게 말하여 가로되 `네가 이리로 들어 오지 못하리라 소경과 절뚝발이라도 너를 물리치리라' 하니 저희 생각에는 다윗이 이리로 들어오지 못하리라 함이나

7 다윗이 시온 산성을 빼앗았으니 이는 다윗성이더라

8 그 날에 다윗이 이르기를 `누구든지 여부스 사람을 치거든 수구로 올라가서 다윗의 마음에 미워하는 절뚝발이와 소경을 치라' 하였으므로 속담이 되어 이르기를 `소경과 절뚝발이는 집에 들어오지 못하리라' 하더라

9 다윗이 그 산성에 거하여 다윗 성이라 이름하고 밀로에서부터 안으로 성을 둘러 쌓으니라

10 만군의 하나님 여호와께서 함께 계시니 다윗이 점점 강성하여 가니라

11 두로 왕 히람이 다윗에게 사자들과 백향목과 목수와 석수를 보내매 저희가 다윗을 위하여 집을 지으니

12 다윗이 여호와께서 자기를 세우사 이스라엘 왕을 삼으신 것과 그 백성 이스라엘을 위하여 그 나라를 높이신 것을 아니라

13 다윗이 헤브론에서 올라온 후에 예루살렘에서 처첩들을 더 취하였으므로 아들과 딸들이 또 다윗에게서 나니

14 예루살렘에서 그에게서 난 자의 이름은 삼무아와, 소밥과, 나단과, 솔로몬과,

15 입할과, 엘리수아와, 네벡과, 야비아와,

16 엘리사마와, 엘랴다와, 엘리벨렛이었더라

17 이스라엘이 다윗에게 기름을 부어 이스라엘 왕을 삼았다 함을 블레셋 사람이 듣고 다윗을 찾으러 다 올라오매 다윗이 듣고 요해처로 나가니라

18 블레셋 사람이 이미 이르러 르바임 골짜기에 편만한지라

19 다윗이 여호와께 물어 가로되 `내가 블레셋 사람에게로 올라가리이까 ? 여호와께서 저희를 내 손에 붙이시겠나이까 ?' 여호와께서 다윗에게 말씀하시되 올라가라 내가 단정코 블레셋 사람을 네 손에 붙이리라 하신지라

20 다윗이 바알브라심에 이르러 거기서 저희를 치고 가로되 여호와께서 물을 흩음같이 내 앞에서 내 대적을 흩으셨다하므로 그 곳 이름을 바알브라심이라 칭하니라

21 거기서 블레셋 사람들이 그 우상을 버렸으므로 다윗과 그 종자들이 치우니라

22 블레셋 사람이 다시 올라와서 르바임 골짜기에 편만한지라

23 다윗이 여호와께 묻자온대 가라사대 올라가지 말고 저희 뒤로 돌아서 뽕나무 수풀 맞은편에서 저희를 엄습하되

24 뽕나무 꼭대기에서 걸음 걷는 소리가 들리거든 곧 동작하라 그 때에 여호와가 네 앞서 나아가서 블레셋 군대를 치리라 하신지라

25 이에 다윗이 여호와의 명대로 행하여 블레셋 사람을 쳐서 게바에서 게셀까지 이르니라