1 Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van G¡lead afgolf.

2 U tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

3 U lippe is soos 'n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.

4 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok, wat onder die lelies wei.

6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel.

7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.

8 Saam met my van die L¡banon af, bruid, saam met my van die L¡banon af, o kom! Trek af van die top van Am na, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.

9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.

10 Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!

11 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die L¡banon.

12 My susterbruid is 'n geslote tuin, 'n geslote bron, 'n verseëlde fontein.

13 U spruite is 'n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,

14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.

15 U is 'n fontein van die tuine, 'n put met lewende water wat van die L¡banon afvloei.

16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.

1 내 사랑, 너는 어여쁘고도 어여쁘다 너울 속에 있는 네 눈이 비둘기 같고 네 머리털은 길르앗 산 기슭에 누운 무리 염소 같구나

2 네 이는 목욕장에서 나온 털 깎인 암양 곧 새끼 없는 것은 하나도 없이 각각 쌍태를 낳은 양 같구나

3 네 입술은 홍색 실 같고 네 입은 어여쁘고 너울 속의 네 뺨은 석류 한 쪽 같구나

4 네 목은 군기를 두려고 건축한 다윗의 망대 곧, 일천 방패 용사의 모든 방패가 달린 망대같고

5 네 두 유방은 백합화 가운데서 꼴을 먹는 쌍태 노루 새끼 같구나

6 날이 기울고 그림자가 갈 때에 내가 몰약 산과 유향의 작은 산으로 가리라

7 나의 사랑, 너는 순전히 어여뻐서 아무 흠이 없구나

8 나의 신부야 ! 너는 레바논에서부터 나와 함께 하고 레바논에서부터 나와 함께 가자 아마나와 스닐과 헤르몬 꼭대기에서 사자 굴과 표범 산에서 내려다보아라

9 나의 누이, 나의 신부야 ! 네가 내 마음을 빼앗았구나 네 눈으로 한번 보는 것과 네 목의 구슬 한 꿰미로 내 마음을 빼앗았구나

10 나의 누이, 나의 신부야 ! 네 사랑이 어찌 그리 아름다운지 네 사랑은 포도주에 지나고 네 기름의 향기는 각양 향품보다 승하구나

11 내 신부야 ! 네 입술에서는 꿀 방울이 떨어지고 네 혀 밑에는 꿀과 젖이 있고 네 의복의 향기는 레바논의 향기 같구나

12 나의 누이, 나의 신부는 잠근 동산이요 덮은 우물이요 봉한 샘이로구나

13 네게서 나는 것은 석류나무와 각종 아름다운 과수와, 고벨화와, 나도초와,

14 나도와, 번홍화와, 창포와, 계수와, 각종 유향목과, 몰약과, 침향과, 모든 귀한 향품이요

15 너는 동산의 샘이요, 생수의 우물이요, 레바논에서부터 흐르는 시내로구나

16 북풍아, 일어나라 남풍아, 오라 나의 동산에 불어서 향기를 날리라 나의 사랑하는 자가 그 동산에 들어가서 그 아름다운 실과 먹기를 원하노라