1 Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.3 Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.4 As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.5 Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.8 Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt.9 Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.10 As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.11 As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.12 Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.13 Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.14 En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat n hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?15 Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.16 Wee jou, o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.17 Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.18 Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.19 Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.20 Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.
1 죽은 파리가 향기름으로 악취가 나게 하는 것 같이 적은 우매가 지혜와 존귀로 패하게 하느니라2 지혜자의 마음은 오른편에 있고 우매자의 마음은 왼편에 있느니라3 우매자는 길에 행할 때에도 지혜가 결핍하여 각 사람에게 자기의 우매한 것을 말하느니라4 주권자가 네게 분을 일으키거든 너는 네 자리를 떠나지 말라 공순이 큰 허물을 경하게 하느니라5 내가 해 아래서 한 가지 폐단 곧 주권자에게서 나는 허물인 듯한것을 보았노니6 우매자가 크게 높은 지위를 얻고 부자가 낮은 지위에 앉는도다7 또 보았노니 종들은 말을 타고 방백들은 종처럼 땅에 걸어 다니는도다8 함정을 파는 자는 거기 빠질 것이요 담을 허는 자는 뱀에게 물리리라9 돌을 떠내는 자는 그로 인하여 상할 것이요 나무를 쪼개는 자는 그로 인하여 위험을 당하리라10 무딘 철 연장 날을 갈지 아니하면 힘이 더 드느니라 오직 지혜는 성공하기에 유익하니라11 방술을 베풀기 전에 뱀에게 물렸으면 술객은 무용하니라12 지혜자의 입의 말은 은혜로우나 우매자의 입술은 자기를 삼키나니13 그 입의 말의 시작은 우매요 끝은 광패니라14 우매자는 말을 많이 하거니와 사람이 장래 일을 알지 못하나니 신후사를 알게 할 자가 누구이냐15 우매자들의 수고는 제각기 곤하게 할 뿐이라 저희는 성읍에 들어갈 줄도 알지 못함이니라16 왕은 어리고 대신들은 아침에 연락하는 이 나라여 화가 있도다17 왕은 귀족의 아들이요 대신들은 취하려 함이 아니라 기력을 보하려고 마땅한 때에 먹는 이 나라여 복이 있도다18 게으른즉 석가래가 퇴락하고 손이 풀어진즉 집이 새느니라19 잔치는 희락을 위하여 베푸는 것이요 포도주는 생명을 기쁘게 하는 것이나 돈은 범사에 응용되느니라20 심중에라도 왕을 저주하지 말며 침방에서라도 부자를 저주하지 말라 공중의 새가 그 소리를 전하고 날짐승이 그 일을 전파할 것임이니라