1 En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE -- sodat die woord van die HERE uit die mond van Jerem¡a vervul sou word -- die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
2 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
3 Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort -- mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
4 En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef -- hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.
5 Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete -- elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
6 En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.
7 En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat Nebukadn,sar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.
8 En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van M¡tredat, die skatmeester; en die het dit aan S,sbassar, die vors van Juda, voorgetel.
9 En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, nege en twintig messe;
10 dertig goue bekers; verder vier honderd en tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.
11 Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyf duisend vier honderd; dit alles het S,sbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.
1 바사 왕 고레스 원년에 여호와께서 예레미야의 입으로 하신 말씀을 응하게 하시려고 바사 왕 고레스의 마음을 감동시키시매 저가 온 나라에 공포도 하고 조서도 내려 가로되
2 `바사 왕 고레스는 말하노니 하늘의 신 여호와께서 세상 만국으로 내게 주셨고 나를 명하사 유다 예루살렘에 전을 건축하라 하셨나니
3 이스라엘의 하나님은 참 신이시라 너희 중에 무릇 그 백성 된 자는 다 유다 예루살렘으로 올라가서 거기 있는 여호와의 전을 건축하라 ! 너희 하나님이 함께 하시기를 원하노라
4 무릇 그 남아있는 백성이 어느 곳에 우거하였든지 그곳 사람들이 마땅히 은과 금과 기타 물건과 짐승으로 도와주고 그 외에도 예루살렘 하나님의 전을 위하여 예물을 즐거이 드릴지니라' 하였더라
5 이에 유다와 베냐민 족장들과 제사장들과 레위 사람들과 무릇 그 마음이 하나님께 감동을 받고 올라가서 예루살렘 여호와의 전을 건축코자 하는 자가 다 일어나니
6 그 사면 사람들이 은그릇과 황금과 기타 물건과 짐승과 보물로 돕고 그 외에도 예물을 즐거이 들렸더라
7 고레스 왕이 또 여호와의 전 기명을 꺼내니 옛적에 느부갓네살이 예루살렘에서 옮겨다가 자기 신들의 당에 두었던 것이라
8 바사 왕 고레스가 고지기 미드르닷을 명하여 그 그릇을 꺼내어 계수하여 유다 목백 세스바살에게 붙이니
9 그 수효는 금반이 삼십이요, 은반이 일천이요, 칼이 이십 구요
10 금대접이 삼십이요, 그보다 차한 은대접이 사백 열이요, 기타 기명이 일천이니
11 금,은 기명의 도합이 오천 사백이라 사로잡힌 자를 바벨론에서 예루살렘으로 데리고 올 때에 세스바살이 그 기명들을 다 가지고 왔더라