1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het:

2 Maak jou klaar en gaan af na die huis van die pottebakker, en daar sal Ek jou my woorde laat hoor.

3 Toe het ek afgegaan na die huis van die pottebakker, en hy was juis besig om 'n stuk werk op die skywe te maak.

4 En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk -- soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker -- maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

5 Toe het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:

6 Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!

7 In een oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit uit te ruk en om te gooi en te vernietig;

8 maar as die nasie waaroor Ek gespreek het, hulle bekeer van hul boosheid, sal Ek berou hê oor die onheil wat Ek van plan was om hulle aan te doen.

9 En in 'n ander oomblik sal Ek spreek oor 'n nasie en oor 'n koninkryk om dit te bou en te plant;

10 maar as hulle doen wat verkeerd is in my oë deur na my stem nie te luister nie, dan sal Ek berou hê oor die goeie waarmee Ek gesê het dat Ek aan hulle goed sal doen.

11 Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die HERE: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.

12 Maar hulle sê: Dit is tevergeefs; want ons sal na ons gedagtes wandel, en ons sal elkeen volgens die verhardheid van sy bose hart handel.

13 Daarom, so spreek die HERE: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.

14 Verdwyn die sneeu van die L¡banon ooit van die rots in die veld? Of droog die uitlandse, koue, stromende waters op?

15 Nogtans het my volk My vergeet, hulle laat rook opgaan vir die nietige afgode; die het hulle laat struikel op al hul weë, op die ou paaie, om te loop op sypaaie, 'n ongemaakte pad;

16 om hulle land te maak 'n voorwerp van verbasing, van bespotting vir ewig. Elkeen wat daar verbytrek, sal hom verbaas en sy hoof skud.

17 Soos 'n oostewind sal Ek hulle verstrooi voor die vyand; met die nek, en nie met die aangesig nie, sal Ek hulle aankyk in die dag van hulle ondergang.

18 Toe het hulle gesê: Kom, laat ons planne teen Jeremia beraam; want onderrigting sal nie ontbreek by die priester of raad by die wyse of 'n woord by die profeet nie. Kom, laat ons hom slaan met die tong, en laat ons nie luister na een van sy woorde nie.

19 HERE, luister tog na my, en hoor na die stem van die wat met my twis.

20 Sal goed dan met kwaad vergeld word? -- want hulle het vir my 'n kuil gegrawe. Gedenk hoe ek voor u aangesig gestaan het om 'n goeie woord vir hulle te doen, om u grimmigheid van hulle af te keer.

21 Daarom, gee hulle kinders oor aan die hongersnood, en lewer hulle oor in die mag van die swaard, en laat hulle vroue kinderloos en weduwees word, en laat hulle manne omkom deur die pes, hulle jongmanne verslaan word deur die swaard in die geveg.

22 Laat daar 'n geskreeu uit hulle huise gehoor word as U skielik 'n bende oor hulle bring. Want hulle het 'n kuil gegrawe om my te vang en vangnette voor my voete gespan.

23 Maar U, HERE, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot 'n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.

1 여호와께로부터 예레미야에게 임한 말씀에 가라사대

2 너는 일어나 토기장이의 집으로 내려가라 내가 거기서 내 말을 네게 들리리라 하시기로

3 내가 토기장이의 집으로 내려가서 본즉 그가 녹로로 일을 하는데

4 진흙으로 만든 그릇이 토기장이의 손에서 파상하매 그가 그것으로 자기 의견에 선한대로 다른 그릇을 만들더라

5 때에 여호와의 말씀이 내게 임하니라 가라사대

6 나 여호와가 이르노라 이스라엘 족속아 ! 이 토기장이의 하는 것 같이 내가 능히 너희에게 행하지 못하겠느냐 이스라엘 족속아 ! 진흙이 토기장이의 손에 있음같이 너희가 내 손에 있느니라

7 내가 언제든지 어느 민족이나 국가를 뽑거나 파하거나 멸하리라 한다고 하자

8 만일 나의 말한 그 민족이 그 악에서 돌이키면 내가 그에게 내리기로 생각하였던 재앙에 대하여 뜻을 돌이키겠고

9 내가 언제든지 어느 민족이나 국가를 건설하거나 심으리라 한다고 하자

10 만일 그들이 나 보기에 악한 것을 행하여 내 목소리를 청종치 아니하면 내가 그에게 유익케 하리라 한 선에 대하여 뜻을 돌이키리라

11 그러므로 이제 너는 유다 사람들과 예루살렘 거민들에게 말하여 이르기를 여호와의 말씀에 보라 내가 너희에게 재앙을 내리며 계책을 베풀어 너희를 치려하노니 너희는 각기 악한 길에서 돌이키며 너희 길과 행위를 선하게 하라 하셨다 하라

12 그러나 그들이 말하기를 이는 헛된 말이라 우리는 우리의 도모대로 행하며 우리는 각기 악한 마음의 강퍅한 대로 행하리라 하느니라

13 그러므로 나 여호와가 이같이 말하노라 너희는 누가 이러한 일을 들었는가 열방 중에 물어보라 처녀 이스라엘이 심히 가증한 일을 행하였도다

14 레바논의 눈이 어찌 들의 반석을 떠나겠으며 원방에서 흘러 내리는 찬물이 어찌 마르겠느냐

15 대저 내 백성은 나를 잊고 허무한 것에게 분향하거니와 이러한 것들은 그들로 그 길 곧 그 옛길에서 넘어지게 하며 곁길 곧 닦지 아니한 길로 행케 하여

16 그들의 땅으로 놀랍고 영영한 치소가 되게 하리니 그리로 지나는 자마다 놀라서 그 머리를 흔들리라

17 내가 그들을 그 원수 앞에서 흩기를 동풍으로 함같이 할 것이며 그들의 재난의 날에는 내가 그들에게 등을 보이고 얼굴을 보이지 아니하리라

18 그들이 말하기를 오라 ! 우리가 꾀를 내어 예레미야를 치자 제사장에게서 율법이,지혜로운 자에게서 모략이,선지자 에게서 말씀이 끊어지지 아니할 것이니 오라 ! 우리가 혀로 그를 치고 그의 아무 말에도 주의치 말자 하나이다

19 여호와여, 나를 돌아 보사 나로 더불어 다투는 그들의 목소리를 들어보옵소서

20 어찌 악으로 선을 갚으리이까마는 그들이 나의 생명을 해하려고 구덩이를 팠나이다 내가 주의 분노를 그들에게서 돌이키려 하고 주의 앞에 서서 그들을 위하여 선한 말씀 한 것을 기억하옵소서

21 그러하온즉 그들의 자녀를 기근에 내어주시며 그들을 칼의 세력에 붙이시며 그들의 아내들은 자녀를 잃고 과부가 되며 그 장정은 사망을 당하며 그 청년은 전장에서 칼을 맞게 하시며

22 주께서 군대로 졸지에 그들에게 임하게 하사 그들의 집에서 부르짖음이 들리게 하옵소서 이는 그들이 나를 취하려고 구덩이를 팠고 내 발을 빠치려고 올무를 베풀었음이니이다

23 여호와여, 그들이 나를 죽이려 하는 계략을 주께서 다 아시오니 그 악을 사하지 마시며 그 죄를 주의 목전에서 도말치 마시고 그들로 주의 앞에 넘어지게 하시되 주의 노하시는 때에 이같이 그들에게 행하옵소서