1 Verder was d¡t die lot vir die stam van Manasse, omdat hy die eersgeborene van Josef was: Magir, die eersgeborene van Manasse, die vader van G¡lead, het, omdat hy 'n krygsman was, G¡lead en Basan ontvang;

2 ook die ander kinders van Manasse, volgens hulle geslagte, het 'n aandeel ontvang: die kinders van Abiëser en die kinders van Helek en die kinders van Asriël en die kinders van Segem en die kinders van Hefer en die kinders van Sem¡da; dit is die manlike kinders van Manasse, die seun van Josef, volgens hulle geslagte.

3 Maar Selofhad, die seun van Hefer, die seun van G¡lead, die seun van Magir, die seun van Manasse, het nie seuns gehad nie, maar net dogters; en dit is die name van sy dogters: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa;

4 en hulle het nader gekom voor Ele sar, die priester, en voor Josua, die seun van Nun, en voor die owerstes, en gesê: Die HERE het Moses beveel om ons 'n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle 'n erfdeel gegee, volgens die bevel van die HERE, onder die broers van hulle vader.

5 So het dan aan Manasse tien aandele geval, behalwe die land G¡lead en Basan wat oorkant die Jordaan lê.

6 Want die dogters van Manasse het 'n erfdeel ontvang onder sy seuns, terwyl die land G¡lead aan die ander kinders van Manasse behoort het.

7 En die lyn van Manasse was: van Aser af na M¡gmetat, teenoor Sigem; dan loop die lyn regs na die inwoners van En-Tappuag --

8 die landstreek van Tappuag het behoort aan Manasse, maar Tappuag, aan die grens van Manasse, aan die kinders van Efraim --;

9 verder loop die lyn af na die spruit Kana, suid van die spruit: daardie stede, onder die stede van Manasse, behoort aan Efraim; en die lyn van Manasse is noord van die spruit en loop dood by die see.

10 Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar.

11 En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en J¡bleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van T änag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Meg¡ddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.

12 Maar die kinders van Manasse kon hierdie stede nie in besit neem nie, en die Kana„niete het verkies om in die land te bly woon.

13 En toe die kinders van Israel sterker geword het, het hulle die Kana„niete dienspligtig gemaak, maar hulle nie geheel en al verdrywe nie.

14 Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog 'n groot volk is, omdat die HERE my tot hiertoe geseënhet?

15 En Josua het vir hulle gesê: As jy 'n groot volk is, trek dan op na die boswêreld en kap vir jou daar 'n plek skoon in die land van die Feresiete en Refa‹ete, ingeval die gebergte van Efraim vir jou te nou is.

16 Maar die kinders van Josef het gesê: Die gebergte sal nie vir ons genoeg wees nie, en al die Kana„niete wat in die lae streke woon, het ysterwaens, die van Bet-Sean met sy onderhorige plekke sowel as die van die laagte van J¡sreël.

17 Toe het Josua met die huis van Josef, met Efraim en Manasse gespreek en gesê: Jy is 'n groot volk en jy het groot krag: jy sal nie net een lot hê nie;

18 want die gebergte sal joue wees -- 'n boswêreld is dit naamlik, en jy moet dit skoonkap; dan sal die uitlopers daarvan joue wees; want jy moet die Kana„niet verdrywe, al het hy ysterwaens, al is hy sterk.

1 므낫세 지파를 위하여 제비 뽑은 것은 이러하니라 므낫세는 요셉의 장자이었고 므낫세의 장자 마길은 길르앗의 아비라 그는 무사이어서 길르앗과 바산을 얻었으므로

2 므낫세의 남은 자손을 위하여 그 가족대로 제비를 뽑았는데 그들은 곧 아비에셀의 자손과 헬렉의 자손과 아스리엘의 자손과 세겜의 자손과 헤벨의 자손과 스미다의 자손이니 그들의 가족대로 요셉의 아들 므낫세의 남 자손이며

3 헤벨의 아들 길르앗의 손자 마길의 증손 므낫세의 현손 슬로브핫은 아들이 없고 딸 뿐이요 그 딸들의 이름은 말라와, 노아와, 호글라와, 밀가와, 디르사라

4 그들이 제사장 엘르아살과 눈의 아들 여호수아와 방백들 앞에 나아와서 말하기를 여호와께서 모세에게 명하사 우리 형제 중에서 우리에게 기업을 주라 하셨다 하매 여호와의 명령을 따라 그들에게 기업을 그 아비 형제 중에서 주므로

5 요단 동편 길르앗과 바산 외에 므낫세에게 열 분깃이 돌아갔으니

6 므낫세의 여손들이 그 남 자손 중에서 기업을 얻은 까닭이었으며 길르앗 땅은 므낫세의 남은 자손에게 속하였더라

7 므낫세의 경계는 아셀에서부터 세겜 앞 믹므닷에 미치고 우편으로 가서 엔답부아 거민의 땅에 이르나니

8 답부아 땅은 므낫세에게 속하였으되 므낫세 경계에 있는 답부아읍은 에브라임 자손에게 속하였으며

9 또 경계가 가나 시내로 내려가서 그 시내 남편에 이르나니 므낫세의 성읍 중에 이 성읍들은 에브라임에게 속하였으며 므낫세의 경계는 그 시내 북편이요 그 끝은 바다며

10 그 남편은 에브라임에 속하였고 북편은 므낫세에 속하였고 바다가 그 경계가 되었으며 그들의 땅의 북은 아셀에 미쳤고 동은 잇사갈에 미쳤으며

11 잇사갈과 아셀에도 므낫세의 소유가 있으니 곧 벧 스안과, 그 향리와, 이블르암과, 그 향리와, 돌의 거민과, 그 향리요, 또 엔돌 거민과, 그 향리와, 다아낙 거민과, 그 향리와, 므깃도 거민과, 그 향리들 세 높은 곳이라

12 그러나 므낫세 자손이 그 성읍들의 거민을 쫓아내지 못하매 가나안 사람이 결심하고 그 땅에 거하였더니

13 이스라엘 자손이 강성한 후에야 가나안 사람에게 사역을 시켰고 다 쫓아내지 아니하였더라

14 요셉 자손이 여호수아에게 말하여 가로되 여호와께서 지금까지 내게 복을 주시므로 내가 큰 민족이 되었거늘 당신이 나의 기업을 위하여 한 제비 한 분깃으로만 내게 주심은 어찜이니이까 ?

15 여호수아가 그들에게 이르되 `네가 큰 민족이 되므로 에브라임 산지가 네게 너무 좁을진대 브리스 사람과 르바임 사람의 땅 삼림에 올라가서 스스로 개척하라 !'

16 요셉 자손이 가로되 `그 산지는 우리에게 넉넉지도 못하고 골짜기땅에 거하는 가나안 사람에게는 벧스안과 그 향리에 거하는 자든지 이스르엘 골짜기에 거하는 자든지 다 철병거가 있나이다'

17 여호수아가 다시 요셉의 족속 곧 에브라임과 므낫세에게 일러 가로되 너는 큰 민족이요 큰 권능이 있은즉 한 분깃만 가질 것이 아니라

18 그 산지도 네 것이 되리니 비록 삼림이라도 네가 개척하라 ! 그 끝까지 네 것이 되리라 가나안 사람이 비록 철병거를 가졌고 강할지라도 네가 능히 그를 쫓아내리라'