1 En die fees van die ongesuurde brode, wat pasga genoem word, was naby.

2 En die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom kon ombring, want hulle het die volk gevrees.

3 En die Satan het in Judas gevaar, wat Isk riot genoem word en wat uit die getal van die twaalf was.

4 Toe het hy gegaan en met die owerpriesters en hoofde beraadslaag hoe hy Hom aan hulle kon oorlewer.

5 En hulle was bly en het met hom ooreengekom om hom geld te gee.

6 En hy het toegestem en na 'n goeie geleentheid gesoek om Hom sonder oproer aan hulle oor te lewer.

7 En die dag van die ongesuurde brode het gekom waarop die pasga geslag moes word.

8 Toe stuur Hy Petrus en Johannes en sê: Gaan berei die pasga vir ons, dat ons dit kan eet.

9 En hulle sê vir Hom: Waar wil U hê moet ons dit berei?

10 En Hy antwoord hulle: Kyk, as julle in die stad ingaan, sal 'n man julle ontmoet wat 'n kruik water dra; volg hom na die huis waar hy ingaan.

11 En julle moet vir die eienaar van die huis sê: Die Meester vra u -- waar is die kamer waar Ek die pasga met my dissipels kan eet?

12 En hy sal julle 'n groot bovertrek wys wat reggemaak is; daar moet julle dit berei.

13 En hulle het gegaan en dit gevind soos Hy vir hulle gesê het, en die pasga berei.

14 En toe die uur kom, het Hy aan tafel gegaan en die twaalf apostels saam met Hom.

15 En Hy sê vir hulle: Ek het baie sterk daarna verlang om hierdie pasga met julle te eet voordat Ek ly.

16 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie meer daarvan eet voordat dit in die koninkryk van God vervul is nie.

17 En toe Hy 'n beker geneem het, dank Hy en sê: Neem dit en deel dit onder julle.

18 Want Ek sê vir julle: Ek sal sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van God gekom het nie.

19 Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

20 Net so neem Hy ook die beker n die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

21 Maar kyk, die hand van hom wat My verraai, is by My aan tafel.

22 Die Seun van die mens gaan wel heen volgens wat bepaal is, maar wee daardie man deur wie Hy verraai word!

23 Toe begin hulle onder mekaar te vra wie van hulle dit tog kon wees wat dit sou doen.

24 En daar het ook twis onder hulle ontstaan oor wie van hulle die grootste geag moet wees.

25 En Hy het vir hulle gesê: Die konings van die nasies heers oor hulle, en die wat gesag voer oor hulle, word weldoeners genoem.

26 Maar so moet julle nie wees nie; maar die oudste onder julle moet word soos die jongste, en wie 'n leier is, soos een wat dien.

27 Want wie is groter: die een wat aan tafel is, of die een wat dien? Is dit nie hy wat aan tafel is nie? Maar Ek is onder julle soos een wat dien.

28 En dit is julle wat altyddeur by My gebly het in my versoekinge.

29 En Ek beskik vir julle 'n koninkryk soos my Vader dit vir My beskik het,

30 sodat julle kan eet en drink aan my tafel in my koninkryk en op trone sit om die twaalf stamme van Israel te oordeel.

31 En die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif.

32 Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.

33 En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.

34 Maar Hy antwoord: Ek sê vir jou, Petrus, die haan sal vannag nie kraai voordat jy drie maal geloën het dat jy My ken nie.

35 En Hy sê vir hulle: Toe Ek julle uitgestuur het sonder beurs en reissak en skoene, het julle iets kortgekom? En hulle antwoord: Niks nie.

36 Toe sê Hy vir hulle: Maar nou, wie 'n beurs het, laat hom dit neem en so ook die reissak; en wie dit nie het nie, moet sy kleed verkoop en 'n swaard koop.

37 Want Ek sê vir julle dat dit wat geskrywe is, nog aan My vervul moet word: En Hy is saam met misdadigers gereken. Want ook aan die dinge wat betrekking het op My, kom daar 'n einde.

38 Hulle sê vir Hom: Here, kyk hier is twee swaarde. En Hy antwoord hulle: Dit is genoeg.

39 En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg.

40 En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie.

41 En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as 'n mens met 'n klip kan gooi, en neergekniel en gebid

42 en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!

43 En 'n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.

44 En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val.

45 Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid.

46 En Hy sê vir hulle: Wat slaap julle? Staan op en bid, dat julle nie in versoeking kom nie.

47 En terwyl Hy nog spreek, kom daar 'n skare; en hy wat Judas genoem word, een van die twaalf, het voor hulle uit geloop en nader gekom na Jesus om Hom te soen.

48 En Jesus sê vir hom: Judas, verraai jy die Seun van die mens met 'n kus?

49 En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?

50 En een van hulle het die dienskneg van die hoëpriester getref en sy regteroor afgekap.

51 Maar Jesus het geantwoord en gesê: Hou op, dit is genoeg! En Hy het sy oor aangeraak en hom gesond gemaak.

52 Toe sê Jesus vir die owerpriesters en hoofde van die tempel en ouderlinge wat teen Hom gekom het: Het julle uitgetrek soos teen 'n rower met swaarde en stokke?

53 Dag vir dag was Ek saam met julle in die tempel, en julle het nie die hande teen My uitgesteek nie. Maar dit is julle uur en die mag van die duisternis.

54 En hulle het Hom gevange geneem en weggelei en Hom gebring in die huis van die hoëpriester. En Petrus het van ver af gevolg.

55 En toe hulle 'n vuur in die middel van die binneplaas van die paleis gemaak en bymekaar gaan sit het, het Petrus onder hulle gesit.

56 En 'n diensmeisie het hom daar by die vuur sien sit; en nadat sy hom vas aangekyk het, sê sy: Hierdie man was ook saam met Hom.

57 Maar hy het Hom verloën en gesê: Vrou, ek ken Hom nie.

58 En kort daarna sien iemand anders hom en sê: Jy is ook een van hulle. Maar Petrus sê: Man, ek is nie.

59 En n verloop van omtrent een uur het 'n ander een dit verseker en gesê: Sowaar, hierdie man was ook saam met Hom, want hy is ook 'n Galil,ër.

60 Maar Petrus antwoord: Man, ek weet nie wat jy sê nie. En onmiddellik, terwyl hy nog praat, het die haan gekraai.

61 En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.

62 En Petrus het buitentoe gegaan en bitterlik geween.

63 En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.

64 En hulle het Hom geblinddoek en Hom in die aangesig geslaan en Hom gevra en gesê: Profeteer wie dit is wat U geslaan het.

65 En baie ander dinge het hulle lasterlik teen Hom gespreek.

66 En toe dit dag word, het die oudstes van die volk -- die owerpriesters en skrifgeleerdes -- vergader en Hom voor hulle Raad gebring

67 en gesê: As U die Christus is, sê vir ons. En Hy antwoord hulle: As Ek vir u sê, sal u tog nie glo nie.

68 En as Ek vra, sal u My tog nie antwoord of loslaat nie.

69 Van nou af sal die Seun van die mens sit aan die regterhand van die krag van God.

70 En hulle sê almal: Is U dan die Seun van God? En Hy antwoord hulle: U sê dat Ek dit is.

71 Daarop sê hulle: Wat het ons nog getuienis nodig! Want ons het dit self uit sy mond gehoor.

1 유월절이라 하는 무교절이 가까우매

2 대제사장들과 서기관들이 예수를 무슨 방책으로 죽일꼬 연구하니 이는 저희가 백성을 두려워함이더라

3 열 둘 중에 하나인 가룟인이라 부르는 유다에게 사단이 들어가니

4 이에 유다가 대제사장들과 군관들에게 가서 예수를 넘겨 줄 방책을 의논하매

5 저희가 기뻐하여 돈을 주기로 언약하는지라

6 유다가 허락하고 예수를 무리가 없을 때에 넘겨 줄 기회를 찾더라

7 유월절 양을 잡을 무교절일이 이른지라

8 예수께서 베드로와 요한을 보내시며 가라사대 `가서 우리를 위하여 유월절을 예비하여 우리로 먹게 하라'

9 여짜오되 `어디서 예비하기를 원하시나이까 ?'

10 이르시되 `보라 너희가 성내로 들어가면 물 한 동이를 가지고 가는 사람을 만나리니 그의 들어가는 집으로 따라 들어가서

11 그 집 주인에게 이르되 선생님이 네게 하는 말씀이 내가 내 제자들과 함께 유월절을 먹을 객실이 어디 있느뇨 하시더라 하라

12 그리하면 저가 자리를 베푼 큰 다락방을 보이리니 거기서 예비하라' 하신대

13 저희가 나가 그 하시던 말씀대로 만나 유월절을 예비하니라

14 때가 이르매 예수께서 사도들과 함께 앉으사

15 이르시되 `내가 고난을 받기 전에 너희와 함께 이 유월절 먹기를 원하고 원하였노라

16 내가 너희에게 이르노니 이 유월절이 하나님의 나라에서 이루기까지 다시 먹지 아니하리라' 하시고

17 이에 잔을 받으사 사례하시고 가라사대 `이것을 갖다가 너희끼리 나누라

18 내가 너희에게 이르노니 내가 이제부터 하나님의 나라가 임할 때까지 포도나무에서 난 것을 다시 마시지 아니하리라' 하시고

19 또 떡을 가져 사례하시고 떼어 저희에게 주시며 가라사대 `이것은 너희를 위하여 주는 내 몸이라 너희가 이를 행하여 나를 기념하라 !' 하시고

20 저녁 먹은 후에 잔도 이와 같이 하여 가라사대 `이 잔은 내 피로 세우는 새 언약이니 곧 너희를 위하여 붓는 것이라

21 그러나 보라 나를 파는 자의 손이 나와 함께 상 위에 있도다

22 인자는 이미 작정된 대로 가거니와 그를 파는 그 사람에게는 화가 있으리로다' 하시니

23 저희가 서로 묻되 `우리 중에서 이 일을 행할 자가 누구일까 ?' 하더라

24 또 저희 사이에 그 중 누가 크냐 하는 다툼이 난지라

25 예수께서 이르시되 `이방인의 임금들은 저희를 주관하며 그 집권자들은 은인이라 칭함을 받으나

26 너희는 그렇지 않을지니 너희 중에 큰 자는 젊은 자와 같고 두목은 섬기는 자와 같을지니라

27 앉아서 먹는 자가 크냐 ? 섬기는 자가 크냐 ? 앉아 먹는 자가 아니냐 ? 그러나 나는 섬기는 자로 너희 중에 있노라

28 너희는 나의 모든 시험 중에 항상 나와 함께 한 자들인즉

29 내 아버지께서 나라를 내게 맡기신 것같이 나도 너희에게 맡겨

30 너희로 내 나라에 있어 내 상에서 먹고 마시며 또는 보좌에 앉아 이스라엘 열 두 지파를 다스리게 하려 하노라

31 시몬아, 시몬아 보라 사단이 밀 까부르듯 하려고 너희를 청구하였으나

32 그러나 내가 너를 위하여 네 믿음이 떨어지지 않기를 기도하였노니 너는 돌이킨 후에 네 형제를 굳게 하라'

33 저가 말하되 `주여, 내가 주와 함께 옥에도, 죽는데도 가기를 준비하였나이다'

34 가라사대 `베드로야 내가 네게 말하노니 오늘 닭 울기 전에 네가 세번 나를 모른다고 부인하리라' 하시니라

35 저희에게 이르시되 `내가 너희를 전대와 주머니와 신도 없이 보내었을 때에 부족한 것이 있더냐 ?' 가로되 `없었나이다'

36 이르시되 `이제는 전대 있는 자는 가질 것이요 주머니도 그리하고 검없는 자는 겉옷을 팔아 살지어다

37 내가 너희에게 말하노니 기록된 바 저는 불법자의 동류로 여김을 받았다 한 말이 내게 이루어져야 하리니 내게 관한 일이 이루어 감이니라'

38 저희가 여짜오되 주여 보소서 여기 검 둘이 있나이다 대답하시되 족하다 하시니라

39 예수께서 나가사 습관을 좇아 감람산에 가시매 제자들도 좇았더니

40 그 곳에 이르러 저희에게 이르시되 `시험에 들지 않기를 기도하라 !' 하시고

41 저희를 떠나 돌 던질 만큼 가서 무릎을 꿇고 기도하여

42 가라사대 `아버지여 만일 아버지의 뜻이어든 이 잔을 내게서 옮기시옵소서 그러나 내 원대로 마옵시고 아버지의 원대로 되기를 원하나이다' 하시니

43 사자가 하늘로부터 예수께 나타나 힘을 돕더라

44 예수께서 힘쓰고 애써 더욱 간절히 기도하시니 땀이 땅에 떨어지는 피방울 같이 되더라

45 기도 후에 일어나 제자들에게 가서 슬픔을 인하여 잠든 것을 보시고

46 이르시되 `어찌하여 자느냐 시험에 들지 않게 일어나 기도하라 !' 하시니라

47 말씀하실 때에 한 무리가 오는데 열 둘 중에 하나인 유다라 하는 자가 그들의 앞에 서서 와서

48 예수께 입을 맞추려고 가까이 하는지라 예수께서 이르시되 `유다야 네가 입 맞춤으로 인자를 파느냐 ?' 하시니

49 좌우가 그 될 일을 보고 여짜오되 `주여, 우리가 검으로 치리이까 ?' 하고

50 그 중에 한 사람이 대제사장의 종을 쳐 그 오른편 귀를 떨어뜨린지라

51 예수께서 일러 가라사대 `이것까지 참으라' 하시고 그 귀를 만져 낫게 하시더라

52 예수께서 그 잡으러 온 대제사장들과 성전의 군관들과 장로들에게 이르시되 `너희가 강도를 잡는 것 같이 검과 몽치를 가지고 나왔느냐 ?

53 내가 날마다 너희와 함께 성전에 있을 때에 내게 손을 대지 아니하였도다 그러나 이제는 너희 때요 어두움의 권세로다' 하시더라

54 예수를 잡아 끌고 대제사장의 집으로 들어갈쌔 베드로가 멀찍이 따라가니라

55 사람들이 뜰 가운데 불을 피우고 함께 앉았는지라 베드로도 그 가운데 앉았더니

56 한 비자가 베드로의 불빛을 향하여 앉은 것을 보고 주목하여 가로되 이 사람도 그와 함께 있었느니라 하니

57 베드로가 부인하여 가로되 `이 여자여, 내가 저를 알지 못하노라' 하더라

58 조금 후에 다른 사람이 보고 가로되 `너도 그 당(黨)이라' 하거늘 베드로가 가로되 `이 사람아 나는 아니로라' 하더라

59 한 시쯤 있다가 또 한 사람이 장담하여 가로되 `이는 갈릴리 사람이니 참으로 그와 함께 있었느니라'

60 베드로가 가로되 `이 사람아, 나는 너 하는 말을 알지 못하노라'고 방금 말할 때에 닭이 곧 울더라

61 주께서 돌이켜 베드로를 보시니 베드로가 주의 말씀 곧 오늘 닭 울기 전에 네가 세 번 나를 부인하리라 하심이 생각나서

62 밖에 나가서 심히 통곡하니라

63 지키는 사람들이 예수를 희롱하고 때리며

64 그의 눈을 가리우고 물어 가로되 `선지자 노릇하라 너를 친 자가 누구냐 ?' 하고

65 이 외에도 많은 말로 욕하더라

66 날이 새매 백성의 장로들 곧 대제사장들과 서기관들이 모이어 예수를 그 공회로 끌어들여

67 가로되 `네가 그리스도여든 우리에게 말하라' 대답하시되 `내가 말할지라도 너희가 믿지 아니할 것이요

68 내가 물어도 너희가 대답지 아니할 것이니라

69 그러나 이제 후로는 인자가 하나님의 권능의 우편에 앉아 있으리라' 하시니

70 다 가로되 `그러면 네가 하나님의 아들이냐 ?' 대답하시되 `너희 말과 같이 내가 그니라 !'

71 저희가 가로되 `어찌 더 증거를 요구하리요 우리가 친히 그 입에서 들었노라' 하더라