1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Ek is die HERE julle God.

3 Volgens die werke van die land van Egipte waar julle in gewoon het, mag julle nie doen nie; en volgens die werke van die land Kana„n waarheen Ek julle bring, mag julle nie doen nie, en julle mag in hulle insettinge nie wandel nie.

4 My verordeninge moet julle doen en my insettinge hou om daarin te wandel. Ek is die HERE julle God.

5 Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.

6 Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.

7 Jy mag die skaamte van jou vader en die skaamte van jou moeder nie ontbloot nie: sy is jou moeder jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

8 Jy mag die skaamte van die vrou van jou vader nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou vader.

9 Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

10 Die skaamte van jou seun se dogter of van jou dogter se dogter hulle skaamte mag jy nie ontbloot nie; want hulle is jou eie skaamte.

11 Die skaamte van die dogter van jou vader se vrou, wat deur jou vader verwek is sy is jou suster, haar skaamte mag jy nie ontbloot nie.

12 Jy mag die skaamte van jou vader se suster nie ontbloot nie; sy is jou vader se bloedverwant.

13 Jy mag die skaamte van jou moeder se suster nie ontbloot nie, want sy is jou moeder se bloedverwant.

14 Jy mag die skaamte van jou vader se broer nie ontbloot nie: jy mag nie naby sy vrou kom nie; sy is jou tante.

15 Jy mag die skaamte van jou skoondogter nie ontbloot nie; sy is jou seun se vrou: jy mag haar skaamte nie ontbloot nie.

16 Jy mag die skaamte van jou broer se vrou nie ontbloot nie; dit is die skaamte van jou broer.

17 Jy mag die skaamte van 'n vrou en haar dogter nie ontbloot nie; haar seun se dogter en haar dogter se dogter mag jy nie neem om haar skaamte te ontbloot nie. Hulle is bloedverwante. Bloedskande is dit.

18 Jy mag ook geen vrou by haar suster as mededingster byneem om haar skaamte gelyk met die ander een, terwyl die nog lewe, te ontbloot nie.

19 Ook mag jy nie naby 'n vrou kom terwyl sy onrein is deur haar onreinheid, om haar skaamte te ontbloot nie.

20 En jy mag geen vleeslike gemeenskap met jou naaste se vrou hê om jou met haar te verontreinig nie.

21 En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.

22 Met 'n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos 'n mens met 'n vrou het nie. Dit is 'n gruwel.

23 En jy mag met g,,n dier vleeslike gemeenskap hê om jou daardeur te verontreinig nie. 'n Vrou mag ook nie voor 'n dier gaan staan om daarmee te doen te hê nie. Dit is 'n gruwelike vermenging.

24 Verontreinig julle nie deur al hierdie dinge nie, want deur al hierdie dinge is die heidene verontreinig wat Ek voor julle uit verdryf.

25 So het die land dan onrein geword; en Ek besoek sy ongeregtigheid daaraan, sodat die land sy inwoners uitspuug.

26 Maar julle moet my insettinge en my verordeninge onderhou en niks van al hierdie gruwels doen nie die kind van die land of die vreemdeling wat onder julle vertoef.

27 Want die mense van die land, wat voor julle gewees het, het al hierdie gruwels gedoen, en die land het onrein geword.

28 Laat die land julle dan nie uitspuug as julle dit verontreinig nie, soos dit die nasie uitgespuug het wat daar voor julle was.

29 Want almal wat enigeen van hierdie gruwels doen die siele wat dit doen, moet uitgeroei word onder hulle volk uit.

30 Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.

1 여호와께서 모세에게 일러 가라사대

2 너는 이스라엘 자손에게 고하여 이르라 나는 여호와 너희 하나님이라 !

3 너희는 그 거하던 애굽 땅의 풍속을 좇지 말며 내가 너희를 인도할 가나안 땅의 풍속과 규례도 행하지 말고

4 너희는 나의 법도를 좇으며 나의 규례를 지켜 그대로 행하라 ! 나는 너희의 하나님 여호와니라 !

5 너희는 나의 규례와 법도를 지키라 ! 사람이 이를 행하면 그로 인하여 살리라 ! 나는 여호와니라 !

6 너희는 골육지친을 가까이하여 그 하체를 범치 말라 나는 여호와니라 !

7 네 어미의 하체는 곧 네 아비의 하체니 너는 범치 말라 그는 네 어미인즉 너는 그의 하체를 너는 범치 말지니라

8 너는 계모의 하체를 범치 말라 이는 네 아비의 하체니라

9 너는 네 자매 곧 네 아비의 딸이나 네 어미의 딸이나 집에서나 타처에서 출생하였음을 물론하고 그들의 하체를 범치 말지니라

10 너는 손녀나 외손녀의 하체를 범치 말라 이는 너의 하체니라

11 네 계모가 네 아비에게 낳은 딸은 네 누이니 너는 그 하체를 범치 말지니라

12 너는 고모의 하체를 범치 말라 그는 네 아비의 골육지친이니라

13 너는 이모의 하체를 범치 말라 그는 네 어미의 골육지친이니라

14 너는 네 아비 형제의 아내를 가까이하여 그 하체를 범치 말라 그는 네 백숙모니라

15 너는 자부의 하체를 범치 말라 그는 네 아들의 아내니 그 하체를 범치 말지니라

16 너는 형제의 아내의 하체를 범치 말라 이는 네 형제의 하체니라

17 너는 여인과 그 여인의 딸의 하체를 아울러 범치 말며 또 그 여인의 손녀나 외손녀를 아울러 취하여 그 하체를 범치 말라 그들은 그의 골육지친이니 이는 악행이니라

18 너는 아내가 생존할 동안에 그 형제를 취하여 하체를 범하여 그로 투기케 하지 말지니라

19 너는 여인이 경도로 불결할 동안에 그에게 가까이하여 그 하체를 범치 말지니라

20 너는 타인의 아내와 통간하여 그로 자기를 더럽히지 말지니라

21 너는 결단코 자녀를 몰렉에게 주어 불로 통과케 말아서 네 하나님의 이름을 욕되게 하지 말라 나는 여호와니라 !

22 너는 여자와 교합함 같이 남자와 교합하지 말라 이는 가증한 일이니라

23 너는 짐승과 교합하여 자기를 더럽히지 말며 여자가 된 자는 짐승 앞에 서서 그것과 교접하지 말라 이는 문란한 일이니라

24 너희는 이 모든 일로 스스로 더럽히지 말라 내가 너희의 앞에서 쫓아내는 족속들이 이 모든 일로 인하여 더러워졌고

25 그 땅도 더러워졌으므로 내가 그 악을 인하여 벌하고 그 땅도 스스로 그 거민을 토하여 내느니라

26 그러므로 너희 곧 너희의 동족이나 혹시 너희 중에 우거하는 타국인이나 나의 규례와 법도를 지키고 이런 가증한 일의 하나도 행하지 말라

27 너희의 전에 있던 그 땅 거민이 이 모든 가증한 일을 행하였고 그 땅도 더러워졌느니라

28 너희도 더럽히면 그 땅이 너희 있기 전 거민을 토함같이 너희를 토할까 하노라

29 무릇 이 가증한 일을 하나라도 행하는 자는 그 백성 중에서 끊쳐지리라 !

30 그러므로 너희는 내 명령을 지키고 너희 있기 전에 행하던 가증한 풍속을 하나라도 좇음으로 스스로 더럽히지 말라 ! 나는 너희 하나님 여호와니라 !