Publicidade

1 Timóteo 5

1 'n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers,2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.3 Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.4 Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.6 Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige.9 Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het10 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou12 en kom onder 'n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.16 As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet die aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.17 Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.18 Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.19 Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.21 Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.

1 Senesnio žmogaus aštriai nebark, bet ragink kaip tėvą, o jaunesniuosius­kaip brolius,2 vyresnio amžiaus moteris­kaip motinas, o jaunesnes­kaip seseris, laikydamasis visiško skaistumo.3 Gerbk našles, kurios yra tikros našlės.4 Jei kuri našlė turi vaikų ar vaikaičių, tegul šie pirmiausia išmoksta rūpintis savo namiškiais ir deramai atsilyginti gimdytojams, nes tai patinka Dievui.5 Tikra našlė, palikusi viena, pasitiki Dievu, maldauja ir meldžiasi dieną ir naktį.6 Bet našlė, gyvenanti malonumais, dar gyva būdama, yra mirusi.7 Todėl tai įsakyk, kad jos būtų be priekaišto.8 Jeigu kas neaprūpina savųjų, ir ypač savo namiškių, tas yra paneigęs tikėjimą ir blogesnis už netikintį!9 Į našlių sąrašą įtrauk tokią našlę, kuriai ne mažiau kaip šešiasdešimt metų, kuri buvo žmona vieno vyro,10 jeigu ji pasižymėjo gerais darbais, jei išauklėjo vaikus, jei buvo svetinga, jei plaudavo šventiesiems kojas, jei pagelbėdavo vargstantiems, jei stengdavosi dirbti visokį gerą darbą.11 Jaunesnių našlių nepriimk. Pasiduodamos gašlumui, o ne Kristui, jos nori ištekėti12 ir yra smerktinos, nes pameta ankstesnį tikėjimą.13 Be to, jos išmoksta dykinėti, landžiodamos iš namų į namus, ir ne tik dykinėti, bet plepėti, kištis į svetimus reikalus bei kalbėti, kas nedera.14 Taigi norėčiau, kad jaunesnės ištekėtų, augintų vaikus, šeimininkautų ir neduotų priešininkui jokios progos apkalboms.15 Nes kai kurios jau nuklydo paskui šėtoną.16 Jei kuris tikintis vyras ar moteris turi pas save našlių, tegul jas aprūpina, kad bažnyčia nebūtų apsunkinama ir įstengtų padėti tikrosioms našlėms.17 Gerai vadovaujantys vyresnieji tebūna laikomi vertais dvigubos pagarbos, ypač tie, kurie dirba, skelbdami žodį ir mokydami.18 Juk Raštas sako: "Neužrišk kuliančiam jaučiui nasrų", ir: "Darbininkas vertas savo užmokesčio".19 Skundo prieš vyresnįjį nepriimk, nebent liudytų du ar trys liudytojai.20 Nuodėmiaujančius bark visų akivaizdoje, kad ir kiti bijotų.21 Aš įsakau tau Dievo, Viešpaties Jėzaus Kristaus ir išrinktųjų angelų akivaizdoje, kad laikytumeis šitų nurodymų be išankstinio nusistatymo ir neatsižvelgdamas į asmenis.22 Skubotai niekam neuždėk rankų ir neprisidėk prie svetimų nuodėmių; išsilaikyk tyras.23 Negerk vien gryno vandens, bet vartok truputį vyno dėl savo skrandžio ir dažnų negalavimų.24 Kai kurių žmonių nuodėmės matomos iki teismo, o kai kurių paaiškėja tik vėliau.25 Taip pat ir geri darbai visiems matomi, o jei pasitaiko kitaip, jų vis tiek negalima paslėpti.

Veja também

Publicidade
1 Timóteo
Ver todos os capítulos de 1 Timóteo
Bíblia Online Bíblia Online

Bíblia Online • Versão: 2026-04-20_12-06-32-