1 En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar n jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.2 Toe roep die koning die Gibeoniete en sê vir hulle -- die Gibeoniete het naamlik nie behoort tot die kinders van Israel nie, maar by 'n oorblyfsel van die Amoriete; en hoewel die kinders van Israel vir hulle gesweer het, het Saul probeer om hulle om te bring in sy ywer vir die kinders van Israel en Juda --3 Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?4 Daarop sê die Gibeoniete vir hom: Dit is ons teenoor Saul en sy huis nie te doen om silwer en goud nie, en dit gaan vir ons nie daarom om iemand in Israel dood te maak nie. En hy vra: Wat dink julle dan moet ek vir julle doen?5 En hulle sê vir die koning: Die man wat ons vernietig het en planne teen ons beraam het om ons te verdelg sonder dat ons in enige grondgebied van Israel kan voortbestaan --6 laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in G¡bea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.7 Maar die koning het Mefiboset, die seun van Jonatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jonatan, die seun van Saul.8 Toe neem die koning die twee seuns van Rispa, die dogter van Aja, wat sy vir Saul gebaar het, Armoni en Mefiboset, en die vyf seuns van Merab, die dogter van Saul, wat sy vir Adriël, die seun van Bars¡llai, die Meholatiet, gebaar het;9 en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.10 En Rispa, die dogter van Aja, het 'n sak geneem en dit vir haar oopgespan op die rots, van die begin van die oes af totdat daar water uit die hemel op hulle gegiet het, en sy het die voëls van die hemel oordag nie toegelaat om op hulle te gaan sit nie, en ook nie die diere van die veld in die nag nie.11 Toe aan Dawid meegedeel is wat Rispa, die dogter van Aja, die byvrou van Saul, gedoen het,12 het Dawid gegaan en die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan van die burgers van Jabes in G¡lead gaan haal, wat dit van die plein van Bet-San gesteel het, waar die Filistyne hulle opgehang het op die dag toe die Filistyne Saul op Gilboa verslaan het.13 En hy het die bene van Saul en die bene van sy seun Jonatan daarvandaan weggebring. Hulle het ook die bene van die wat opgehang is, versamel,14 en die bene van Saul en van sy seun Jonatan in die land Benjamin, in Sela, in die graf van sy vader Kis begrawe; en hulle het alles gedoen volgens die bevel van die koning. En daarna het God Hom oor die land ontferm.15 En toe die Filistyne weer oorlog gehad het met Israel, het Dawid afgetrek, en sy dienaars saam met hom, en hulle het teen die Filistyne geveg, en Dawid het al moeg geword.16 En Jisbi-Benob wat uit die kinders van die Refa‹ete was -- die gewig van sy spies was drie honderd sikkels koper in gewig, en hy was omgord met 'n nuwe swaard -- het gedink om Dawid te verslaan.17 Maar Ab¡sai, die seun van Seruja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.18 En daarna was daar weer oorlog met die Filistyne in Gob. Toe het S¡bbegai, die Husatiet, Saf, uit die kinders van die Refa‹ete, verslaan.19 En daar was weer oorlog met die Filistyne in Gob; en Âlhanan, die seun van J äre-Orgim uit Betlehem, het Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos 'n wewersbalk was, verslaan.20 En daar was weer oorlog in Gat; en daar was 'n baie lang man, met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, vier en twintig in getal, en hy was ook 'n afstammeling van die Refa‹ete.21 En hy het Israel gehoon, maar Jonatan, die seun van S¡mea, die broer van Dawid, het hom verslaan.22 Hierdie vier was afstammelinge van die Refa‹ete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.
1 Dovydo dienomis buvo badas trejus metus iš eilės. Dovydas klausė Viešpaties, ir Viešpats atsakė: "Tai dėl Sauliaus ir jo kraugeriškų namų, nes jis išžudė gibeoniečius".2 Gibeoniečiai buvo ne izraelitų kilmės, bet iš amoritų likučio. Izraelitai buvo jiems prisiekę jų neišnaikinti, tačiau Saulius iš savo uolumo dėl Izraelio ir Judo siekė juos išžudyti.3 Dovydas klausė gibeoniečių: "Ką aš galėčiau jums padaryti ir kaip sutaikinti jus, kad jūs palaimintumėte Viešpaties paveldėjimą?"4 Gibeoniečiai jam atsakė: "Mes nereikalaujame nei sidabro, nei aukso iš Sauliaus ir jo namų ir dėl mūsų nieko nežudyk Izraelyje". Dovydas sakė: "Kaip jūs pasakysite, taip padarysiu dėl jūsų".5 Jie atsakė karaliui: "Tas žmogus, kuris mus žudė ir siekė visus išnaikinti Izraelio krašte,6 tegul duoda mums septynis vyrus iš jo sūnų, kuriuos mes pakarsime Sauliaus Gibėjoje, Viešpaties akivaizdoje". Karalius atsakė: "Aš duosiu juos".7 Tačiau karalius gailėjo Mefi Bošeto, sūnaus Jehonatano, sūnaus Sauliaus, dėl Viešpaties priesaikos, kuri saistė Dovydą su Jehonatanu.8 Karalius ėmė abu Ajos dukters Ricpos ir Sauliaus sūnus Armonį ir Mefi Bošetą ir penkis Sauliaus dukters Mikalės ir meholiečio Barzilajaus sūnaus Adrielio sūnus9 ir juos atidavė gibeoniečiams. Jie juos pakorė ant kalvos Viešpaties akivaizdoje. Taip tie septyni mirė kartu. Jie buvo nužudyti pirmosiomis pjūties dienomis, pradėjus pjauti miežius.10 Ajos duktė Ricpa pasitiesė ašutinę ant uolos pjūties pradžioje ir buvo, kol pradėjo lyti. Ji sėdėjo ir neleido padangių paukščiams nutūpti ant jų dieną nė laukiniams žvėrims prieiti naktį.11 Kai Dovydui pranešė, ką padarė Ajos duktė Ricpa, Sauliaus sugulovė,12 Dovydas nuėjęs paėmė iš Jabeš Gileado gyventojų Sauliaus ir jo sūnaus Jehonatano kaulus. Jie jų kūnus buvo pavogę iš Bet Šano, kur filistinai juos buvo pakorę tą dieną, kai jie nukovė Saulių Gilbojoje.13 Iš ten Dovydas atgabeno Sauliaus ir jo sūnaus Jehonatano kaulus; be to, jie surinko ir pakartųjų kaulus.14 Ir jie palaidojo Sauliaus ir jo sūnaus Jehonatano kaulus Celoje, Benjamino krašte, jo tėvo Kišo kape. Jie įvykdė visa, ką karalius įsakė. Po to Dievas išklausė maldą dėl krašto.15 Kilo karas tarp filistinų ir Izraelio. Dovydas ir jo vyrai išėjo kariauti su filistinais. Ir Dovydas pavargo.16 Išbi Benobas, milžinų palikuonis, kurio ietis svėrė tris šimtus šekelių vario, dėvėjo naujus šarvus ir norėjo nukauti Dovydą.17 Bet į pagalbą atėjo Cerujos sūnus Abišajas ir nukovė filistiną. Tuomet Dovydo vyrai prisiekė: "Tu nebeisi su mumis į karą, kad neužgestų Izraelio žiburys".18 Po to vėl kilo karas su filistinais. Prie Gobo hušatitas Sibechajas nukovė milžinų palikuonį Safą.19 Vėl kilus karui su filistinais prie Gobo, Jaare Oregimo sūnus Elhananas iš Betliejaus nukovė gatietį, Galijoto brolį, kurio ieties kotas buvo kaip audėjo staklių riestuvas.20 Kartą mūšyje prie Gato dalyvavo aukšto ūgio vyras, kurio rankos ir kojos turėjo po šešis pirštus, iš viso dvidešimt keturis; jis irgi buvo kilęs iš milžinų.21 Jam keikiant Izraelį, jį nukovė Jehonatanas, Dovydo brolio Šimos sūnus.22 Šitie keturi buvo Gato milžinų palikuonys; juos nukovė Dovydas ir jo tarnai.