1 As die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,2 dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem.3 Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.4 En dit is die saak van hom wat 'n doodslag begaan het, wat daarheen vlug, dat hy kan lewe: hy wat sy naaste sonder opset doodslaan, terwyl hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie;5 en hy wat saam met sy naaste in die bos gaan om hout te kap en sy hand swaai met die byl om die boom af te kap, en die yster glip van die steel af en tref sy naaste, sodat hy sterwe -- hy moet in een van hierdie stede vlug om in die lewe te bly;6 sodat die bloedwreker hom wat 'n doodslag begaan het, nie agtervolg as sy hart verhit is en hom inhaal -- omdat die pad lank is -- en hom doodslaan nie, terwyl hy die dood nie verdien het nie, omdat hy hom van gister en eergister af nie vyandig was nie.7 Daarom gee ek jou bevel en sê: Drie stede moet jy vir jou afsonder.8 En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee9 -- as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel -- dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,10 sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.11 Maar as iemand sy naaste vyandig is en hom voorlê en teen hom opstaan en hom lewensgevaarlik slaan, sodat hy sterwe, en hy in een van hierdie stede vlug,12 dan moet die oudstes van sy stad stuur en hom daarvandaan laat haal, en hulle moet hom in die hand van die bloedwreker oorgee, dat hy kan sterwe.13 Jou oog mag hom nie verskoon nie, maar jy moet die onskuldige bloed uit Israel wegdoen, dat dit met jou goed kan gaan.14 Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.15 Een getuie mag nie teen iemand optree insake enige misdaad of enige sonde, by enige misstap wat hy begaan nie; op die verklaring van twee getuies of op die verklaring van drie getuies sal 'n saak van krag wees.16 As 'n kwaadwillige getuie teen iemand optree om van 'n oortreding teen hom te getuig,17 dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in die dae sal wees.18 En die regters moet terdeë ondersoek doen, en is die getuie 'n valse getuie, het hy vals teen sy broer getuig,19 dan moet julle met hom doen soos hy gedink het om met sy broer te doen; so moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.20 En die ander moet dit hoor en vrees en nie meer verder by jou so iets verkeerds doen nie.21 En jou oog mag nie verskoon nie: lewe vir lewe, oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet.
1 "Kai Viešpats, tavo Dievas, išnaikins tautas, ir jų žemę duos tau paveldėti ir gyventi jų miestuose bei namuose,2 išskirk tame krašte, kurį Viešpats, tavo Dievas, tau duoda, tris miestus,3 nutiesk į juos kelią ir padalyk į tris dalis visą kraštą, kad žmogžudys galėtų ten rasti prieglaudą.4 Toks įstatymas yra apsaugoti žmogžudį, jei jis netyčia užmuštų savo artimą, kuris anksčiau nebuvo jo priešas.5 Jei kas nueitų su artimu į mišką malkų ir bekertant nusmukęs kirvis mirtinai sužeistų artimą, jis tebėga į vieną iš tų miestų, ir jis išliks gyvas.6 Kad kraujo keršytojas įsikarščiavęs nesivytų žudiko ir sugavęs neužmuštų; jis nenusipelnė mirties, nes neturėjo užmuštajam jokios neapykantos.7 Todėl įsakau paskirti tris miestus.8 O kai Viešpats, tavo Dievas, išplės tavo sienas, kaip prisiekė tavo tėvams, ir duos visą žemę, kurią jiems pažadėjo,9 jei vykdysi įsakymus, kuriuos tau šiandien įsakau, mylėsi Viešpatį, savo Dievą, ir vaikščiosi Jo keliais, tai pridėsi dar tris kitus miestus,10 kad nekaltas kraujas nebūtų išlietas žemėje, kurią Viešpats, tavo Dievas, tau duos paveldėti, ir tas kraujas nebūtų ant tavęs.11 Bet jei kas, neapkęsdamas savo artimo, jo tykotų ir, užpuolęs jį, nužudytų, jei jis pasislėptų viename iš minėtų miestų,12 tai jo miesto vyresnieji pasiųs ir jį iš ten grąžins, ir atiduos kraujo keršytojui, kad jį nužudytų.13 Nesigailėdamas nužudyk jį, kad nekaltas kraujas nekristų ant Izraelio ir kad tau gerai sektųsi.14 Neperkelk savo artimo žemės ribų, kurios yra nuo seno pažymėtos krašte, kurį Viešpats, tavo Dievas, tau duos paveldėti.15 Vieno liudytojo neužtenka žmogaus kaltei įrodyti, kad ir koks būtų nusikaltimas; dviejų ar trijų liudytojų parodymais remsis byla.16 Jei liudytojas melagingai kaltintų žmogų įstatymo laužymu,17 abu stos Viešpaties, kunigų ir teisėjų akivaizdon.18 Teisėjai viską atidžiai ištirs ir, jeigu liudytojas pasirodys esąs melagiu, liudijusiu netiesą prieš savo brolį,19 padaryk jam taip, kaip jis siekė padaryti savo broliui. Tokiu būdu pašalink pikta,20 kad kiti išgirdę bijotų ir niekad nedrįstų taip piktai elgtis tarp jūsų.21 Nesigailėk: gyvybė už gyvybę, akis už akį, dantis už dantį, ranka už ranką, koja už koją".