1 Want kyk, in die dae en in die tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,2 sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Josafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.3 En oor my volk het hulle die lot gewerp en 'n jong seun weggegee vir 'n hoer en 'n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.4 En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filist,a? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.5 Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.6 Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.7 Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.8 En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en die sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.9 Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!10 Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held.11 Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!12 Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Josafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.13 Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.14 Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!15 Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.16 En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.17 Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.18 En op die dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar 'n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.19 Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.20 Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.21 En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.
1 "Tuo metu, kai parvesiu Judo ir Jeruzalės ištremtuosius,2 Aš surinksiu visas tautas ir atvesiu jas į Juozapato slėnį. Ten juos teisiu dėl mano tautos ir mano paveldo Izraelio, kurį jos buvo išsklaidžiusios ir pasidalinusios mano žemę.3 Jie metė burtus dėl mano tautos, už paleistuvę atidavė berniuką, už vyną pardavė mergaitę ir girtuokliavo.4 Ką jūs turite bendro su manimi, Tyre, Sidone ir visi filistinų kraštai? Ar jūs norite man atlyginti už mano darbus ir man atkeršyti? Aš greitai ir lengvai sugrąžinsiu jūsų kerštą ant jūsų pačių galvų.5 Jūs paėmėte mano sidabrą bei auksą ir mano brangenybes nugabenote į savo šventyklas.6 Jūs pardavėte Judo ir Jeruzalės gyventojus graikams, išvarėte juos toli iš jų krašto.7 Aš pakelsiu juos toje vietoje, kurion jūs juos pardavėte, ir sugrąžinsiu jūsų kerštą ant jūsų pačių galvų.8 Aš atiduosiu jūsų sūnus ir dukteris Judo vaikams, o jie parduos juos šebiečiams, toli gyvenančiai tautai, nes taip pasakė Viešpats".9 Paskelbkite tai tautoms, pasiruoškite karui, žadinkite karžygius! Kariai tegul ateina artyn.10 Perkaldinkite savo žagres į kardus ir pjautuvus į ietis. Silpnasis tesako: "Aš stiprus".11 Skubiai susirinkusios, ateikite, aplinkinės tautos! Viešpatie, ten atvesk savo karžygius!12 "Tepakyla ir tesusirenka tautos į Juozapato slėnį: ten Aš teisiu jas.13 Imkite pjautuvą, nes atėjo pjūties metas. Spaustuvas pilnas, ateikite ir minkite. Indai bus sklidini, nes jų nedorybė didelė".14 Minių minios sprendimo slėnyje! Viešpaties diena priartėjo.15 Saulė ir mėnulis aptems, žvaigždės neteks spindesio.16 Viešpats suriaumos iš Siono, Jo balsas pasigirs iš Jeruzalės, dangus ir žemė sudrebės. Viešpats yra savo tautos viltis ir Izraelio vaikų stiprybė.17 "Tada jūs žinosite, kad Aš esu Viešpats, jūsų Dievas, kuris gyvena Sione, savo šventame kalne. Jeruzalė bus šventa, svetimieji nebemindžios jos.18 Tą dieną iš kalnų lašės saldus vynas, iš kalvų tekės pienas. Judo upės bus pilnos vandens, iš Viešpaties namų tekės šaltinis ir drėkins Šitimo slėnį.19 Egiptas taps dykyne, Edomas virs tuščia dykuma, nes jie žiauriai praliejo nekaltą Judo vaikų kraują.20 Judas gyvens per amžius ir Jeruzalė per kartų kartas.21 Aš apvalysiu jų kraują, kurio dar neapvaliau, nes Viešpats gyvena Sione!"