1 En Jesus het ses dae voor die pasga na Bet nië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit die dode opgewek het.2 Hulle het toe vir Hom daar 'n maaltyd berei, en Martha het bedien; en Lasarus was een van die wat saam met Hom aan tafel was.3 En Maria het 'n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.4 Toe sê een van sy dissipels, Judas Isk riot, die seun van Simon, wat Hom sou verraai:5 Waarom is hierdie salf nie vir drie honderd pennings verkoop en die geld aan die armes gegee nie?6 En dit het hy gesê, nie omdat hy oor die armes besorg was nie, maar omdat hy 'n dief was en die beurs gehad het en die bydraes geneem het.7 Toe sê Jesus: Laat haar staan; sy het dit bewaar vir die dag van my begrafnis.8 Want die armes het julle altyd by julle, maar My het julle nie altyd nie.9 En 'n groot menigte uit die Jode het verneem dat Hy daar was, en het gekom, nie alleen ter wille van Jesus nie, maar ook om Lasarus te sien, wat Hy uit die dode opgewek het.10 En die owerpriesters het besluit om Lasarus ook om die lewe te bring,11 omdat baie van die Jode deur hom weggegaan en in Jesus geglo het.12 Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.14 En Jesus het 'n jong esel gevind en daarop gaan sit, soos geskrywe is:15 Moenie vrees nie, dogter van Sion! Kyk, jou Koning kom en Hy sit op die vul van 'n esel.16 Dit het sy dissipels egter eers nie verstaan nie; maar nadat Jesus verheerlik is, toe het dit hulle bygeval dat hierdie dinge van Hom geskrywe was en dat hulle dit aan Hom gedoen het.17 En die skare wat by Hom was toe Hy Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dode opgewek het, het daarvan getuig.18 Daarom het die skare Hom ook tegemoetgegaan, omdat hulle gehoor het dat Hy hierdie teken gedoen het.19 En die Fariseërs het vir mekaar gesê: Sien julle dat julle niks vorder nie? Kyk, die hele wêreld loop agter Hom aan.20 En daar was sommige Grieke onder die wat opgekom het om op die fees te aanbid;21 hulle het na Filippus gegaan wat van Bets ida in Galil,a was, en hom gevra en gesê: My heer, ons wil Jesus graag sien.22 Filippus kom en sê dit vir Andr,as, en Andr,as en Filippus vertel dit weer aan Jesus.23 Maar Jesus antwoord hulle en sê: Die uur het gekom dat die Seun van die mens verheerlik moet word.24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug.25 Wie sy lewe liefhet, sal dit verloor; maar wie sy lewe haat in hierdie wêreld, sal dit bewaar vir die ewige lewe.26 As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer.27 Nou is my siel ontsteld, en wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar hierom het Ek in hierdie uur gekom.28 Vader, verheerlik u Naam! Daar het toe 'n stem uit die hemel gekom: Ek h,t dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.29 En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek.30 Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil.31 Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.32 En Ek, as Ek van die aarde verhoog word, sal almal na My toe trek.33 En dit het Hy gesê om aan te dui hoedanige dood Hy sou sterwe.34 Die skare antwoord Hom: Ons het uit die wet gehoor dat die Christus tot in ewigheid bly; en hoe sê U dat die Seun van die mens verhoog moet word? Wie is hierdie Seun van die mens?35 En Jesus sê vir hulle: Nog 'n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.36 So lank as julle die lig het, glo in die lig, sodat julle kinders van die lig kan word. Dit het Jesus gespreek, en Hy het weggegaan en Hom vir hulle verberg.37 En alhoewel Hy so baie tekens voor hulle gedoen het, het hulle nie in Hom geglo nie;38 sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?39 Daarom kon hulle nie glo nie, omdat Jesaja ook gesê het:40 Hy het hulle oë verblind en hulle hart verhard, sodat hulle nie met die oë sou sien en met die hart verstaan en hulle bekeer en Ek hulle genees nie.41 Dit het Jesaja gesê toe hy sy heerlikheid gesien en van Hom gespreek het.42 Maar tog het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, om nie uit die sinagoge geban te word nie.43 Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God.44 En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het.45 En wie My aanskou, aanskou Hom wat My gestuur het.46 Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.47 En as iemand na my woorde luister en nie glo nie, Ek oordeel hom nie; want Ek het nie gekom om die wêreld te oordeel nie, maar om die wêreld te red.48 Wie My verwerp en my woorde nie aanneem nie, het een wat hom oordeel: die woord wat Ek gespreek het, dit sal hom oordeel in die laaste dag.49 Want Ek het nie uit Myself gespreek nie; maar die Vader wat My gestuur het, Hy het My 'n gebod gegee wat Ek moet sê en wat Ek moet spreek.50 En Ek weet dat sy gebod die ewige lewe is. Wat Ek dan spreek -- net soos die Vader vir My gesê het, so spreek Ek.
1 Šešioms dienoms belikus iki Paschos, Jėzus atėjo į Betaniją, kur gyveno jo prikeltasis iš numirusių Lozorius.2 Ten iškėlė Jam vaišes. Morta patarnavo, o Lozorius kartu su kitais sėdėjo prie stalo su Jėzumi.3 Paėmusi svarą labai brangaus tepalo iš gryno nardo, Marija patepė Jėzui kojas ir nušluostė jas savo plaukais. Namuose pasklido tepalo kvapas.4 Vienas iš Jo mokinių, Simono sūnus Judas Iskarijotas, kuris turėjo Jį išduoti, pasakė:5 "Kodėl to tepalo neparduoda už tris šimtus denarų ir neatiduoda vargšams?"6 Jis taip sakė ne todėl, kad jam būtų rūpėję vargšai, bet kad pats buvo vagis ir, turėdamas kasą, grobstė įplaukas.7 O Jėzus tarė: "Palik ją ramybėje. Ji tai laikė mano laidotuvių dienai.8 Vargšų jūs visada turėsite su savimi, o mane ne visuomet turėsite".9 Daug žydų sužinojo Jėzų ten esant ir atėjo ne tik dėl Jėzaus, bet taip pat pamatyti Lozoriaus, kurį Jis prikėlė iš numirusių.10 O aukštieji kunigai nusprendė nužudyti ir Lozorių,11 nes daugybė žydų per jį pasitraukė nuo jų ir įtikėjo Jėzų.12 Kitą dieną gausi minia, susirinkusi į šventę, sužinojo, kad Jėzus ateinąs į Jeruzalę.13 Žmonės pasiėmė palmių šakų ir išėjo Jo pasitikti, šaukdami: "Osana! Palaimintas Tas, kuris ateina Viešpaties varduIzraelio karalius!"14 Jėzus, radęs asiliuką, užsėdo ant jo, kaip parašyta:15 "Nebijok, Siono dukra: štai atvyksta tavo karalius, sėdėdamas ant asilaičio!"16 Iš pradžių mokiniai šito nesuprato, bet, kai Jėzus buvo pašlovintas, atsiminė, kad tai buvo apie Jį parašyta ir jie buvo Jam tai padarę.17 Taigi dabar liudijo minia, buvusi su Juo, kai Jis pašaukė Lozorių iš kapo ir prikėlė iš numirusių.18 Žmonės todėl ir išėjo Jo pasitikti, kad buvo girdėję Jį padarius tą ženklą.19 O fariziejai kalbėjo vieni kitiems: "Žiūrėkite, jūs nieko negalite padaryti. Štai visas pasaulis nuėjo paskui Jį!"20 Tarp atėjusių per šventes pagarbinti buvo ir graikų.21 Jie priėjo prie Pilypo, kilusio iš Galilėjos miesto Betsaidos, ir paprašė: "Gerbiamasis, mes norėtume pamatyti Jėzų".22 Pilypas nuėjo ir pasakė Andriejui. Paskui Andriejus ir Pilypas pranešė Jėzui.23 O Jėzus jiems tarė: "Atėjo valanda, kad būtų pašlovintas Žmogaus Sūnus.24 Iš tiesų, iš tiesų sakau jums: jei kviečio grūdas nekris į žemę ir nenumirs, jis pasiliks vienas, o jei numirs, jis duos gausių vaisių.25 Kas myli savo gyvybę, ją praras, o kas nekenčia savo gyvybės šiame pasaulyje, išsaugos ją amžinajam gyvenimui.26 Kas man tarnauja, tegul seka paskui mane; ir kur Aš esu, ten bus ir mano tarnas. Kas man tarnauja, tą pagerbs mano Tėvas.27 Dabar mano siela sukrėsta. Ir ką Aš pasakysiu: ‘Tėve, gelbėk mane nuo šios valandos!’? Bet juk tam Aš ir atėjau į šią valandą.28 Tėve, pašlovink savo vardą!" Tada iš dangaus pasigirdo balsas: "Aš jį pašlovinau ir dar pašlovinsiu!"29 Aplink stovinti minia, tai išgirdusi, sakė griaustinį sugriaudus. Kai kurie tvirtino: "Angelas Jam kalbėjo".30 O Jėzus atsakė: "Ne dėl manęs, o dėl jūsų pasigirdo šitas balsas.31 Dabar teisiamas šitas pasaulis. Dabar šio pasaulio kunigaikštis bus išmestas laukan.32 O Aš, kai būsiu pakeltas nuo žemės, visus patrauksiu prie savęs".33 Jis tai pasakė, nurodydamas, kokia mirtimi Jam reikės mirti.34 O žmonės Jam sakė: "Mes girdėjome iš Įstatymo, kad Kristus pasilieka per amžius. Kodėl Tu sakai, kad Žmogaus Sūnus turės būti iškeltas aukštyn? Kas gi tas Žmogaus Sūnus?"35 Jėzus jiems tarė: "Dar trumpą laiką šviesa bus su jumis. Vaikščiokite, kol turite šviesą, kad neužkluptų jūsų tamsa. Kas vaikščioja tamsoje, tas nežino, kur eina.36 Kol turite šviesą, tikėkite ją, kad taptumėte šviesos vaikais". Tai pasakęs, Jėzus pasišalino ir pasislėpė nuo jų.37 Nors Jis jų akivaizdoje padarė tiek daug ženklų, jie Juo netikėjo,38 kad išsipildytų pranašo Izaijo žodžiai: "Viešpatie, kas patikėjo mūsų skelbimu ir kam buvo apreikšta Viešpaties rankos galybė?"39 Jie neįstengė tikėti, nes vėl, anot Izaijo:40 "Jis apakino jų akis ir sukietino jų širdį, kad nematytų akimis ir nesuvoktų širdimi, ir neatsiverstų, ir Aš jų nepagydyčiau".41 Izaijas tai pasakė, regėdamas Jo šlovę ir kalbėdamas apie Jį.42 Vis dėlto daugelis įtikėjo Jėzų net iš vyresnybės, tačiau dėl fariziejų Jo neišpažino, kad nebūtų pašalinti iš sinagogos,43 nes žmonių šlovę jie brangino labiau už Dievo šlovę.44 O Jėzus šaukė: "Kas mane tiki, tiki ne mane, bet Tą, kuris mane siuntė.45 Ir kas mane mato, mato Tą, kuris mane siuntė.46 Aš atėjau į pasaulį kaip šviesa, kad visi, kurie mane tiki, neliktų tamsoje.47 Jei kas klausosi mano žodžių ir netiki, Aš jo neteisiu, nes atėjau ne teisti pasaulio, bet gelbėti pasaulį.48 Kas mane atstumia ir mano žodžių nepriima, tas turi savo teisėją: žodis, kurį kalbėjau, teis jį paskutiniąją dieną.49 Nes Aš kalbėjau ne iš savęs,Tėvas, kuris mane siuntė, įsakė man, ką turiu sakyti ir ką skelbti.50 Aš žinau, kad Jo įsakymas yra amžinasis gyvenimas. Tad ką Aš kalbu, kalbu taip, kaip Tėvas yra man sakęs".