1 Daarop het Josua, die seun van Nun, uit Sittim in die geheim twee manne as verkenners uitgestuur en gesê: Gaan bekyk die land en J,rigo. Hulle het toe gegaan en in die huis van 'n hoer, met die naam van Ragab, ingekom; en hulle het daar gaan slaap.2 En toe daar aan die koning van J,rigo gesê is: Kyk, manne uit die kinders van Israel het vannag hierheen gekom om die land te verken,3 stuur die koning van J,rigo na Ragab om te sê: Lewer die manne uit wat na jou gekom het, wat in jou huis ingegaan het; want hulle het gekom om die hele land te verken.4 Maar die vrou het die twee manne geneem en hulle weggesteek; en sy het gesê: Seker, die manne het na my gekom; maar ek het nie geweet waar hulle vandaan was nie.5 En toe die poort met donker gesluit moes word, het die manne uitgegaan; ek weet nie waar die manne heengegaan het nie; jaag hulle gou agterna, want julle sal hulle inhaal.6 Maar sy het hulle op die dak laat klim en hulle weggesteek onder die vlasstoppels wat op haar dak oopgegooi was.7 Die manne het hulle toe agternagejaag in die rigting van die Jordaan, na die driwwe; en die poort het hulle gesluit nadat hulle vervolgers uitgegaan het.8 En voordat hulle gaan slaap het, het sy op die dak geklim na hulle toe9 en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;10 want ons het gehoor dat die HERE die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.11 Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.12 Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle 'n guns bewys het, julle ook aan my familie 'n guns sal bewys; en gee my 'n betroubare teken13 dat julle die lewe van my vader en my moeder en my broers en my susters en almal wat aan hulle behoort, sal spaar en ons siele sal red van die dood.14 Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as die HERE ons die land gee, aan jou guns en trou bewys.15 Daarop het sy hulle met 'n lyn deur die venster laat afsak; want haar huis was in die stadsmuur ingebou, sodat sy aan die muur gewoon het;16 en sy het vir hulle gesê: Loop die gebergte in, dat die vervolgers julle nie aantref nie, en steek julle daar drie dae lank weg totdat die vervolgers teruggekom het; daarna kan julle dan verder gaan.17 Toe sê die manne vir haar: Ons sal ontslae wees van hierdie eed aan jou wat jy ons laat sweer het --18 kyk, as ons die land inkom, moet jy hierdie gedraaide rooi lyn waarmee jy ons laat afsak het, aan die venster vasbind, en jy moet jou vader en jou moeder en jou broers en jou hele familie by jou in die huis versamel.19 Elkeen wat dan uit die deure van jou huis buitentoe gaan, die se bloed sal op sy hoof wees, en ons onskuldig; maar elkeen wat by jou in die huis sal wees, die se bloed sal op ons hoof wees, ingeval 'n hand teen hom is.20 Maar as jy hierdie saak van ons bekend maak, sal ons ontslae wees van die eed aan jou wat jy ons laat sweer het.21 Daarop sê sy: Soos julle sê, is dit goed; en sy het hulle laat gaan, en hulle het weggegaan; en sy het die rooi lyn aan die venster vasgebind.22 Hulle het toe weggegaan en in die gebergte gekom en daar drie dae lank gebly totdat die vervolgers teruggekeer het; want die vervolgers het op die hele pad gesoek maar niks gekry nie.23 Die twee manne het toe weer van die gebergte afgeklim en deurgegaan en by Josua, die seun van Nun, gekom en hom alles vertel wat hulle ondervind het.24 Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.
1 Jozuė, Nūno sūnus, slaptai išsiuntė iš Šitimo du žvalgus įsakydamas: "Eikite ir apžiūrėkite kraštą ir Jerichą!" Juodu atėjo į paleistuvės Rahabos namus ir ten nakvojo.2 Buvo pranešta Jericho karaliui: "Naktį atėjo du vyrai iš Izraelio vaikų išžvalgyti kraštą".3 Jericho karalius nusiuntė pas Rahabą pasiuntinius, įsakydamas: "Išduok vyrus, kurie yra tavo namuose, nes jie yra žvalgai".4 Moteris, abu vyrus paslėpusi, tarė: "Tiesa, vyrai buvo atėję pas mane, bet aš nežinojau, iš kur jie.5 Prieš uždarant vartus, temstant, tie vyrai išėjo. Aš nežinau, kur jie nuėjo. Skubiai vykitės juos, gal dar pavysite".6 Ji buvo užvedusi juos ant stogo ir paslėpusi po nemintais linais, kurie ten buvo.7 Jericho vyrai vijosi juos Jordano keliu iki brastos. Kai tik persekiotojai išėjo, vartus užrakino.8 Jiems dar neatsigulus, ji užlipo pas juos ant stogo9 ir tarė: "Aš žinau, kad Viešpats jums atidavė šitą šalį. Mus apėmė siaubas dėl jūsų, ir visi krašto gyventojai nusiminė.10 Mes girdėjome, kaip Viešpats, jums išeinant iš Egipto, išdžiovino prieš jus Raudonosios jūros vandenį ir ką jūs padarėte abiem amoritų karaliams anapus Jordano, Sihonui ir Ogui, kuriuos visai sunaikinote.11 Tai išgirdę, išsigandome ir netekome drąsos. Viešpats, jūsų Dievas, yra dangaus ir žemės Dievas.12 Dabar prisiekite man Viešpačiu, kad jūs pasielgsite su mano tėvo namais taip, kaip aš pasielgiau su jumis, ir duokite man tikrą ženklą,13 kad paliksite gyvus mano tėvą, motiną, brolius, seseris ir visus, kurie jiems priklauso, ir išgelbėsite mūsų gyvybes".14 Žvalgai jai atsakė: "Teištinka mus mirtis jūsų vietoje! Jei neišduosi mūsų, tai, kai Viešpats mums atiduos šitą šalį, mes gerai ir teisingai pasielgsime su tavimi".15 Tada Raaba nuleido juos virve pro langą, nes ji gyveno miesto mūro sienoje.16 Ji tarė jiems: "Eikite į kalnus, kad jūsų nesutiktų besivejantieji, ten slapstykitės tris dienas, kol jie sugrįš; po to eikite savo keliu".17 Vyrai jai atsakė: "Mes laisvi būsime nuo tau duotos priesaikos,18 jei, mums įeinant į kraštą, nepririši raudonos virvės prie lango, pro kurį mus nuleidai, ir savo tėvo, motinos, brolių ir visų namiškių neatsivesi į savo namus.19 Kiekvienas, kuris išeis į gatvę iš tavo namų, bus pats kaltas dėl savo mirties, mes būsime nekalti. O kas pasiliks tavo namuose ir bus nužudytas, jo kraujas kris ant mūsų.20 Tačiau jei mus išduosi, mes būsime laisvi nuo tau duotos priesaikos, kuria mus prisaikdinai".21 Ji tarė: "Tebūna, kaip sakote". Ji išleido juos, ir jie nuėjo. Tuomet ji pririšo raudoną virvę lange.22 Jie nuėjo į kalnus ir ten pasiliko tris dienas, kol sugrįžo tie, kurie juos vijosi. Jie ieškojo jų kelyje, bet nieko nerado.23 Tuodu vyrai, grįžę pas Jozuę, Nūno sūnų, jam papasakojo visa, kas jiems atsitiko.24 Ir jie sakė: "Viešpats tikrai atidavė mums visą šitą kraštą, nes tos šalies gyventojai labai išsigando dėl mūsų atėjimo".