1 Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môre lig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.

2 Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.

3 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal 'n tyd van onheil wees!

4 In die dag sal hulle 'n spotlied oor julle aanhef en 'n klaaglied sing: Dit is gedaan -- sal hulle sê -- ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.

5 Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in 'n erfdeel in die vergadering van die HERE nie.

6 Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As 'n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!

7 Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die HERE dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?

8 Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.

9 Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.

10 Staan op en gaan heen! Want nie hi,r is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, 'n onherstelbare verwoesting.

11 As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank -- dan sou hy vir hierdie volk 'n profeet wees!

12 Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring soos skape in 'n kraal, soos 'n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van mense.

13 Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die HERE heeltemal vooraan.

1 Vargas tiems, kurie planuoja neteisybes ir piktybę gulėdami lovose, kad jas įvykdytų rytui išaušus, nes jie turi tam galios.

2 Jie užsigeidžia laukų­ir pagrobia juos, namų­ir atima juos. Jie apiplėšia žmogų ir jo namus, savininką ir jo nuosavybę.

3 Todėl Viešpats taip sako: "Ruošiu šitai giminei nelaimę ir jos nenusimesite nuo savo sprandų, ir nevaikščiosite, iškėlę galvas, nes laikas bus piktas".

4 Tada sakys apie jus patarlę ir užtrauks graudulingą raudą: "Mes esame visiškai sunaikinti, mūsų tautos nuosavybė atiteko svetimiems. Jis atima žemę, išdalina mūsų laukus kitiems".

5 Todėl tu neturėsi nė vieno, kuris, mesdamas burtą, matuotų tau dalį Viešpaties bendruomenėje.

6 Jie šaukia pranašams: "Nepranašaukite mums taip! To niekad nebus!"

7 Jūs, vadinami Jokūbo namais! Argi Viešpaties dvasia apribota? Argi tokie Jo darbai? Argi mano žodžiai nėra geri tiems, kurie elgiasi teisingai?

8 Tie, kurie buvo mano tauta, pakilo kaip priešai! Jūs nutraukiate apsiaustą nuo ramiai einančių keliu, visai negalvojančių apie karą.

9 Mano tautos moteris išvarėte iš jų gražių namų, iš jų vaikų amžiams atėmėte mano šlovę.

10 Išeikite, nes ši šalis nėra poilsio vieta. Ji buvo sutepta, todėl ji bus žiauriai sunaikinta.

11 Jei kas meluotų ir pataikautų, kalbėdamas apie vyną ir stiprius gėrimus, tas būtų priimtinas pranašas šitiems žmonėms!

12 Aš surinksiu tave, Jokūbai, visą Izraelio likutį, surinksiu kaip avis garde, kaip bandą ganykloje, ir girdėsis žmonių minios klegėjimas.

13 Pralaužėjas eis priekyje jų, jie prasilauš ir išeis pro vartus; jų karalius eis pirma jų, o Viešpats visų priekyje.